Woorde

Die Winkel

Ek besef alles wat oud was, moet vernuwe om staande te bly . Sou darem graag ‘n foto van destydse onthou-winkel wou hê. Daar is darem iets van die dak wat nog staande gebly het.

Daar was ‘n petrolpomp . Dit het  ‘n handvatsel aan eenkant gehad waarmee  die petrol  gepomp is.  Handpomp patent.  Die omgewing se boere se pos is ook daar  deur  poslorrie afgelaai.

Ek kan nie onthou dat ek ooit in daardie winkeltjie was  ook nie wie  die winkelier was nie. Spyt.

Ek onthou, elke middag na skool het ons groot skoolbus rammelend   voor die winkel gestop. Die bruin stof so warrel-warrel onderdeur die bus soos ‘n kombers om die bus gevou.  Vir net  één kind se mooi vra. (Hoekom het stof se reuk verander, toe was dit sag en nie verstikkend.)

Voordat die stof nog kon gaan lê is  die deur krakend oop. Met 1 pennie in sy hand het hy met sy maer beentjies en kakiebroekie uitgeklim, en vinnig kromskouer draffie die winkel in en net so vinnig terug . Broeksakke bol gestaan van 1 pennie se Bubblegum soms Wilsontoffies.  Dieselfde seuntjie wie se kosblik met varkvet toebroodjie  in die klas ontplof het.

Nou die dag toe ek die seuntjie sien, wat deur ouderdom en siekte hard gekarnuffel word –  toe wonder ek of hy nog onthou.

Spyt ek het nie daaroor gesels. Verlore geleentheid.

 

 

SAMSUNG CSC

Advertisements

14 comments on “Die Winkel

  1. coetzee2014
    Desember 8, 2015

    Daardie winkels, het almal dieselfde reuk gehad. ‘n Mengsel van koffie, pruimtwak, wat in rol op die toonbak gestaan het en al die ander negosieware gekombineerd. Ons het in ons omgewing, die plekkie se naam was Helvetia, ook so een gehad. Daardie petrolpomp, het twee gelling bottels gehad. Pomp eers die eenkant, dan die anderkantvol. Ai, jy laat my ver terug dink.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 8, 2015

      Ek moet bietjie gaan google en soek na daardie pompe, Die winkeltjies was altyd donker en onthou jy die wonderlike hout waarvan daardie toonbanke gemaak was en daardie tregter papier wat mens met … blits vol gekoop het, ek is seker jy ken die ou benaming.

      Like

  2. Stories Uit My Wereld
    Desember 8, 2015

    Nou ja. In my wêreld van onthou was dit Soebel se winkel. Jou storie laat my dink aan die baie en lank wat verby is en die kort en min wat op hierdie aarde voorlê… en maak my haastig om te lewe,

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 8, 2015

      Baie dankie dat jy hier lees en vir die mooi gedagte, van ‘die kort en min wat op hierdie aarde voorlê’ besondere gedagte.

      Like

  3. rondomtaliedraai
    Desember 8, 2015

    Jou onthou stories is altyd lekker om te lees.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 8, 2015

      Dankie.. ek dink in my eerste tyd van blog het ek geskryf oor iemand uit onthou dae ek maak moed bymekaar om weer te vertel,

      Liked by 1 person

      • Tannie Frannie
        Desember 8, 2015

        Hoop jy het goe genoeg moed – ek geniet jou skrywes so baie.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Desember 9, 2015

        Dankie Tina, ek wens ek weet hoe om die polldaddy link af te haal , wat so vasklou soos ‘n neet.

        Like

      • rondomtaliedraai
        Desember 9, 2015

        Ek sal die kinders se stories nooit vergeet nie. Jy mag maar.

        Liked by 1 person

  4. Tannie Frannie
    Desember 8, 2015

    Oom Solly het altyd heerlik met my pa gesels en vir my ‘n lekkertjie gegee…Ons het na sy winkel toe gery deur ‘n toweragtige digte laning bome wat bo ‘n blaredak gevorm het.

    Liked by 1 person

  5. Tokeloshe
    Desember 24, 2015

    Pragtig geskryf.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 24, 2015

      Baie dankie, het julle ‘n wit Kersfees?
      Daar word vr ons reëm as kersgeskenk voorspel.. so ontsettend droog.

      Liked by 1 person

      • Tokeloshe
        Desember 24, 2015

        Ja, ons het sneeu gehad, genoeg dat manlief moes skoffel, dit is gelukkig nie te koud nie.
        Die weervoor-spelling sê dit voel soos minus 17 C. met die wind, hie-hie ;-)
        Ek ly af dit is so droog en warm.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Desember 25, 2015

        Ag aarde ek kan nie dink ek sou sulke temperature kon oorleef. Mooi jaar vir julle.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 8, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,699 hits
%d bloggers like this: