Die twee lê soos gesneuweldes na slagveld in hul kooi.
(krommerig van ouderdom)
Sy stap haar Nuwe Jaar tegemoed- ganglangs – nie ligvoets nie.
( onthou die beeld van krommerig)
Daar is nie Elektrisiteit nie.. beide ervaar ook soms kortsluitings.
(onthou die beeld van ouderdom)
Gasstoof-koffie blitswarm, sit hul blasend oor hul bekers .
(onthou die beeld van plooi hande gevlek om mooiste koffiebeker)
“My Man, wat is jou beplanning in die Nuwe Jaar?”
(Let Wel – die woord beplan – voornemens word suutjies hanteer, mens kan dit dalk nie nakom nie)
Toe hou hy op…” en jy my vrou?”
*Neem kennis , sy (die vrou ) het die foto in blokkies gemaak , oor hul ook maar brokkies van ‘n geheel is.
*Neem kennis toe was haar gesig geverf , haar glimlag gevra.
*Neem kennis sy’t dit so sagte liggie gegee , om vir die twee Oumense van die Hoekhuis misterieus te laat lyk.
*Neem kennis sy’t nou die dag ‘n foto van haarself gesien , suutjies geneem deur iemand.. sonder glimlag, mond so afdraande , haar oë tam. Sy staar, na kiekie en dink aan haar Ouma Dirkie wat kromskouer voor erfspieël gestaan het , verwonderd oor ouderdom se kepe.
Dan vra hy “Wat is jou beplanning?”
Jy skryf darem pragtig,Dirkie!Dis ‘n baie mooi flentertjiefoto van julle twee.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Perdebytjie, nadat ek geskryf het het ek amper met besem uitgeveë- soms sit die twyfel of die woorde reg oorgedra word, het maar besluit eintlik is dit van Dirkie aan Dirkie.. Stowwerig of de not.
LikeLiked by 1 person
Mmmmmm ek soek nou net die antwoord van die ou vrou!
LikeLike
Weet nie hoekom word jou vraag in my spam hokkie gegooi – elk geval oor die antwoord- ek het gedink dit is dalk voortydig om beplannings te kan noem, alles verander miskien gebeur antwoorde sommer so sonder dat mens dit as beplande besluit kan noem- of miskien wil ek die lesers laat wonder .
LikeLiked by 1 person
Lekker slim jy!
LikeLiked by 1 person
Die tekens van die ouderdom bekruip mens, elke kyk in die spieël is ‘n ontnugtering. Maar te dem, daar is nog plek vir baie plooie!
LikeLiked by 2 people
Deesdae is ek so dankbaar vir elke oggend se opstaan.
LikeLike
Hehe, goed gestel “plek vir baie plooie”. Dis in elk geval my plooie, ek het vir hulle gewerk en geswoeg, so laat hulle wys waar hulle wil.
LikeLiked by 1 person
Dirkie, drink jou man ‘n probiotika? Dit kan dalk verligting bring. Chemo mos maar ‘n lelike ding wat al die slymvliese aantas. Dalk dié wat hy so opgeblase voel. Hou aan skryf asseblief – geniet dit so. Mooi foto van julle twee.
LikeLiked by 1 person
Hy kry nie chemo binneaars nie.. maar ek sal tog vir hom vertel ek dink dit is wonderlike raad,baie dankie . Mooiste jaar vir jou.Ek het ons kiekie bietjie gefix..agterna se foto wat sommer hier by die huis geneem is sonder opgesmukte gesig sonder ge’posede’ glimlag het die werklike skok van ouderdom en tamheid gewys.. Dankie ek het in proses darem foto vir fbook avatar, gewoonlik was dit ‘n potplant !!
LikeLike
Pragtig geskryf en ek hou van die mosaïek.
LikeLike
Dankie Tokeloshe, die man des huises mor oor fotos van hom op my blog, het maar nie hiervan genoem nie, hy lees nie my blogs nie, tensy ek vra.
LikeLiked by 1 person