Woorde

Katastrofaal

lilly dat

Verwonder ek my nou oor die wonderlike vermoëns wat die mens het as jy nou ‘n skrik skrik wat nie die twee by die Hoekhuis se ouderdom inagneem nie.

Die twee ou siele slaap hul soeteslaap – vermoedelik half vyf  se koers. Sy  met oop bekkie(sy weet want haar keel was seer na die skrik) hy stil en oordentlik so half op sy maaggedraai die kussing ingewig onder borskas en heup.

Buks , die dikke , lê gasvry  op matjie aan die vrou se kant. Lilly slaap haar slaap – keuse uitoefening nooit op die selfde plek, soos dit haar behaag . Leo sou wou as hy kon,  bo-op hul bed geklim het. Die Siriërs het al weer gisteraand oorlog gevoer. Genadiglik het die natuur se donder en blitse hul die aftog laat blaas.

Die huis slaap.

Sy word wakker.. toe hang sy al halfpad van die bed af.

Sy staan gewoonlik in paaiemente op, (op die sy draai , swaai bene af , lyf regop in  een beweging   kiertsregop ( jy word dit geleer as jy skroewe in jou rug het.)

Nietemin  .. Haar bene fladder en soekend na staanplek. Bewus van kakafoniese klanke.

Sy hoor die man wat oordentlik voorkom , allervreeslike woorde kwytraak.

Die Buks hond gee sulke  fyn histeriese tjanke , so asof hy ‘n haas sou wou vang .

Lilly die ou bejaarde kat , wel  – die ouvrou dag – so in haar deurmekaar gestrompel en gefladder – sy dag  Lilly is besig om heen te gaan. Die vreeslikste skreeue.

Die Man vloek.

Die hond tjoei en pirts sulke strale van opwinding.

Die man vloek. Hy’t in ‘n plas getrap.

Storm iets hulle kamer binne. Klink soos perdepote ( nie so erg nie – onthou sy was deur die mis)

Storm die betreder , wat duidelik na die gebulder van Lilly en Buks se histerie en die man des huises se swetse …uitgaanplek soek .. storm die betreder die venster- klim soos ‘n akrobaat teen die gordyne op – een kant op anderkant af- blasend en swetsend .

Die deur-die-wind ou vrou bestorm haar venster , gooi die poorte oop vir die betreder nadat sy / hy(Kat)  jan-se-mooie-groenblompot-moertoe gestamp het .

Die ouvrou se gesigsvermoë het ook al afgeneem,  kan jy nou meer, in daardie flietende oomblik sien   sy  die Kat-betreder het sulke mooi ronde bolwangetjies, is grys en wragtag dink sy aan die uitdrukking “in die donker is alle katte grou’  of nie grou nie!

..die ouvrou stap hinkepink na haar kombuis toe , koffie  aan’t afmeet in haar beker, dit was die tweede dag.

lilly2                                                      Lilly du Plessis, 14 jaar oud , die dapper kat.

 

Advertisements

16 comments on “Katastrofaal

  1. Christina B
    Januarie 2, 2016

    Dis groot skrik daai so in die nag! Ons het gesukkel met so ‘n onwelkome betreder wat ons budgies gevang en kat se kos geëet het, en hy het nag na nag teruggekom. Tot my man een oggend 4:30 hom uitoorlê het en die venster agter hom toegemaak het. Hy kom maak my toe wakker en ek het ‘n emmer vol water gaan maak, mnr betreder in ‘n hoek vasgekeer en hom goed natgegooi. Toe maak ons weer die venster oop en ek mop die vloer vyfuur in die oggend. Hom goed skrik op die lyf gejaag, hy was nog nie weer terug nie.

    Liked by 1 person

  2. perdebytjie
    Januarie 2, 2016

    Sjoe,gelukkig was dit nie ‘n inbreker nie!Ek is mal oor jou skryfstyl.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 2, 2016

      Ek raak paniekerig as ek skrik, bewonder enigeen wat koel kop bly in krisis situasie. Dankie vir saamlees, ek waardeer dit opreg.

      Liked by 1 person

  3. monicahaddad01
    Januarie 2, 2016

    Hehe dit laat my dink aan die nag toe die bottel gemmerbier gebars het!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 2, 2016

      Ha ha , mens koes byvoorbaat – sien eerder kans vir die bolwange kat as vir Gemmerbier.

      Like

  4. rondomtaliedraai
    Januarie 2, 2016

    Ag toggie dis glad nie so lekker nie. Die probleem is dat dit so warm is dat mens nie met toe vensters kan slaap nie

    Liked by 1 person

  5. de Wets Wild
    Januarie 3, 2016

    Ek kan my net indink watse gedagtes deur jou kopp geflits het so in die wakker-word!

    Liked by 1 person

  6. colonialist
    Januarie 4, 2016

    Wakkerword wat net die dapperste oorleef!
    ‘n Goeie ouderdom vir Lilly, en sy lyk nog baie fiks.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 4, 2016

      Onder haar pels is dit net beendere, sy’s bedorwe ou siel ons koop kos om haar te behaag . al krisis is artritis en die ouvrou se blaas, maar dat sy vir die ander kat kans gesien het is omtrent soos ou model kar wat spoedkaartjie kry – uitsonderlike prestasie. Ek skrik lelik, onwaardig en hoop nie ek tref ooit ;n inbreker nie.

      Liked by 1 person

  7. Tokeloshe
    Januarie 8, 2016

    Pragtig geskryf!

    Like

  8. Tannie Frannie
    Januarie 9, 2016

    Bwahahaaa….

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 13, 2016

      Ek dink altyd agterna , dit moet sekerlik verskriklik lyk ..die reaksies van die twee ou siele..

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Januarie 2, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: