Ek gebruik die woord dankie en asseblief heeltemal te min. Al praat ek met mooi klinkende stem.
Ek het eens op ‘n tyd vreeslik baie geglimlag, sommer net in die huis geloop en glimlag, vir hond en kat en mooi gedagtes en siele rondom my – skielik agtergekom daardie spontaniteit het afgetaan. Miskien oor ouderdom deesdae die neukery het om trane te laat opwel as iets vreeslik mooi is of as dankbaarheid kom nesskop..My kinders praat van “Ma se water level” so asof my oë ‘n waterpas word om emosies se weg te baan.
Ek het minder begin bel /skakel – telefoonsgewys, of dit selfoon of gewone een is in die gang. So asof ek stemme nie meer mis. Deesdae stuur ek stemlose notas aan diegene na wie ek verlang. Dan wonder ek oor sy of haar gesigsuitdrukking as die nota ontvang word –
Ek kuier nie meer onverwags nie – alles het verander jy val ook darem nie meer ‘n Saterdag of Sondag by mense se voordeur in nie. Of dit nou kind of kraai is, jy laat weet – jy maak afspraak . Etiket . Ek mis my Pa se manier van inval met boerpampoen in die hand, nooit kaalhand nie.
Ek kon nooit ooit verstaan dat my dierbare skoonmoeder 11 uur soggens na tee met net 2 koekies, vir my sê “Ma gaan nou net bietjie skuinslê” en as ek naweke so skuinslê, al verskil die uur – dan kom die begrip en teerheid van ek verstaan nou Ma, ek verstaan. Die uur van dwaal tussen sluimer en gedagte, Nou verstaan ek haar glimlag sag om haar mond as sy so toe-oog gaan kuier het vir al die familie.Afstand ingekort.
Deesdae vind ek die grootste vredigheid in sagte klank van ‘n Sondag oggend.
Ek het ‘n woord weer ontdek wat ek so goed geken het en min gebruik het. Knaend aangehoor het by my Ma en nie die waarde en kosbaarheid daarvan besef nie . Genade.
Stemlose notas – dis nou ‘n raak beskrywing. My man (‘n plattelander van geboorte) val nog so in by mense, sommer vir ‘n koppie tee of ‘n bier (afhangend van die tyd van die dag). Ek moet bieg ek is minder geneig om dit te doen (maar ek dink ook in ons geval het dit iets te doen daarmee dat hy nie graag stilsit nie, terwyl ek graag myself besig hou in my huis of tuin).
In die huis is my man die stil een – praat nie onnodig nie – dink hy het dit ge-erf by sy Pa. Ek is , of was die babbelaar – deesdae word my woorde minder by vreemdelinge.
Genade onbeskryflik groot. Ai dis diep gedagtes wat jy nou hier in my kop laat opkom. Daarby kan ek getuig van Mense wik maar God beskik. Die lewe is so gejaagd en tog het mense nog n tydjie vir mekaar. Lekker Sondag vir jou!
Ek is nog die inval-soort…tertbord in die palm gebalanseer en wynbottel in die ander. Nooit op ‘n Sondag na ete nie maar defnitief ‘n laatmiddag en vroeg op ‘n skoolaand 😉👯
Ek het ook grootgeword met die invalkuiers – my ouers se vriende en kerkgenote *sug*. Ek het gereeld deur my kamervenster geklim en verdwyn wanneer ‘n motor voor ons huis stilgehou het. Askies, ek is nog steeds selfsugtig oor my persoonlike tyd.
Haha, ons het nie toe diefwering geken nie; daarmee het ek die eerste keer kennis gemaak in Gauteng. Ek hou van mense se dinge en geite, maar naasteliefde op ‘n effense distansie pas my goed.
Ek beleef baie waarvan jy skryf….dis seker wat TYD met mens doen.Ek kanog een byvoeg..ek haat deesdae die lawaai van mense wat saamkuier.Ek kan nie altyd die gesprekke volg nie en die geraas laat my stres.
Ek het sooo empatie met jou, ag sal daar nou nie ‘n wonderwerk wees ,ons wat suis en ruis so geskenk stilte kan ervaar. Ek wonder mense wat doof is, hoor hul iets of suis of fluit hul ore ook.
Nee wat iemand wat so fiks is om sulke lieflike fotos oraloor te neem ..moet fiks wees, my hand bewe as ek my selfoon se kameratjie moet gebruik dan dink ek aan mense met sulke laaaang lense aan kameras , definitief moet mens gespierd en fiks wees. Darem bly nie net ek wat by bieghokkie sit..
Genade, ek voel dieselfde oor bel! Ek stuur veel eerder vir iemand ‘n whatsapp, dalk omdat ek myself beter kan uitdruk op daardie manier? Ek moet bieg ek is nie een vir mense wat sommer net by my inval nie, maar ek hou wel baie van kuiertjies wat op die laaste minuut beplan is. Soos bv vir daardie aand, of die volgende dag. Die laaste paar oggende, in plaas daarvan om soos oudergewoonte dadelik die radio aan te sit, word ek wakker en luister eerder na die verskillende voeltjie geluide. So word ons maar saam oud! ;-)
Inval by mense. Dis ‘n plattelandse gebruik wat al hoe mjnder raak. Almal raak so b e s i g .
LikeLiked by 1 person
met ietsie in die hand of in die mandjie
LikeLike
Stemlose notas – dis nou ‘n raak beskrywing. My man (‘n plattelander van geboorte) val nog so in by mense, sommer vir ‘n koppie tee of ‘n bier (afhangend van die tyd van die dag). Ek moet bieg ek is minder geneig om dit te doen (maar ek dink ook in ons geval het dit iets te doen daarmee dat hy nie graag stilsit nie, terwyl ek graag myself besig hou in my huis of tuin).
LikeLiked by 1 person
In die huis is my man die stil een – praat nie onnodig nie – dink hy het dit ge-erf by sy Pa. Ek is , of was die babbelaar – deesdae word my woorde minder by vreemdelinge.
LikeLiked by 1 person
Genade onbeskryflik groot. Ai dis diep gedagtes wat jy nou hier in my kop laat opkom. Daarby kan ek getuig van Mense wik maar God beskik. Die lewe is so gejaagd en tog het mense nog n tydjie vir mekaar. Lekker Sondag vir jou!
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapydo , vir die saamlees ook en mooiste dag vir jou ook.
LikeLiked by 1 person
Ek is nog die inval-soort…tertbord in die palm gebalanseer en wynbottel in die ander. Nooit op ‘n Sondag na ete nie maar defnitief ‘n laatmiddag en vroeg op ‘n skoolaand 😉👯
LikeLiked by 1 person
Oe daardie tertbord klink hemels.
LikeLike
Ek het ook grootgeword met die invalkuiers – my ouers se vriende en kerkgenote *sug*. Ek het gereeld deur my kamervenster geklim en verdwyn wanneer ‘n motor voor ons huis stilgehou het. Askies, ek is nog steeds selfsugtig oor my persoonlike tyd.
LikeLiked by 1 person
Hang seker af wie voor die deur stilhou..deesdae sal ek nie deur diefwering kan ontsnap nie..almal is werklik nie mens mense nie.
LikeLiked by 1 person
Haha, ons het nie toe diefwering geken nie; daarmee het ek die eerste keer kennis gemaak in Gauteng. Ek hou van mense se dinge en geite, maar naasteliefde op ‘n effense distansie pas my goed.
LikeLiked by 1 person
Ek kuier in die week want naweke is gesinstyd. Ek probeer ook om nooit leë hande aan te kom nie.
LikeLiked by 1 person
Ek beny daardie kuiers, deesdae se werk by woonplek maak kuiers nogal moeilik.
LikeLiked by 1 person
Dis waas maa rfamilie mag mos maar naweke kuier
LikeLiked by 1 person
Ek beleef baie waarvan jy skryf….dis seker wat TYD met mens doen.Ek kanog een byvoeg..ek haat deesdae die lawaai van mense wat saamkuier.Ek kan nie altyd die gesprekke volg nie en die geraas laat my stres.
LikeLiked by 1 person
Amen op daardie een, ek kan in my hande huil die wat ore het en wat kan hoor moet tog meer empatie het met die met fluitjies of suisende ore.
LikeLike
Ek het ‘n permanente sonbesie in my ore…voel partykeer of ek mal wil raak!
LikeLiked by 1 person
Ek het sooo empatie met jou, ag sal daar nou nie ‘n wonderwerk wees ,ons wat suis en ruis so geskenk stilte kan ervaar. Ek wonder mense wat doof is, hoor hul iets of suis of fluit hul ore ook.
LikeLiked by 1 person
Ek het ook al gewonder daaroor.Gelukkig is ons nie alleen nie…altyd ‘n sonbesie byderhand!😜😀
LikeLiked by 1 person
Ek glo nie dit het iets met ouderdom uit te waai nie, meer die tyd waarin ons leef. Ek kan my vereenselwig met als wat jy lys. Of ek raak oud…
LikeLiked by 2 people
Nee wat iemand wat so fiks is om sulke lieflike fotos oraloor te neem ..moet fiks wees, my hand bewe as ek my selfoon se kameratjie moet gebruik dan dink ek aan mense met sulke laaaang lense aan kameras , definitief moet mens gespierd en fiks wees. Darem bly nie net ek wat by bieghokkie sit..
LikeLiked by 1 person
Genade, ek voel dieselfde oor bel! Ek stuur veel eerder vir iemand ‘n whatsapp, dalk omdat ek myself beter kan uitdruk op daardie manier? Ek moet bieg ek is nie een vir mense wat sommer net by my inval nie, maar ek hou wel baie van kuiertjies wat op die laaste minuut beplan is. Soos bv vir daardie aand, of die volgende dag. Die laaste paar oggende, in plaas daarvan om soos oudergewoonte dadelik die radio aan te sit, word ek wakker en luister eerder na die verskillende voeltjie geluide. So word ons maar saam oud! ;-)
LikeLiked by 1 person
Sedert ek raakskerm foontjie het raak dit ‘n versigtige boodskap gestuurdery.
LikeLike