Woorde

Vreemdelinge in Jerusalem se poorte.

Hier word  gedurende vakansietye  een  uit vier  gemeentes se kerk gekies,  dan  word  kerkgehou in gekose Gemeente.  Soms verskil die Dominees  Sondag tot Sondag.  Verandering van spyse.

Gemeentes  se gebruike verskil, al is dit steeds een van die drie susterkerke.

Gemeentelede  en Gemeentegebruike  verskil .  Ek het gewonder of die lang vooraf gebed vir elke gemeentelid  wat siek is  nodig is.. en die siekte by die naam genoem. (Die afgevaardigde se werk om almal so te bepraat-  en die “..ons vra vir Tannie so-en-so om op te staan  , baie geluk Tannie, sy is vandag soveel jaar,” Dan word sy languitgerekte boodskap gegee . Ek het stilweg gewonder oor wat gaan die predikant nou bidde, alles is aangeraak wat almal kommer. Die voorbidder was nie die Predikant.

Voordat ons nog by die dominees kon uitkom word kollekte opgeneem. Ek ken hom, ek het geweet hy gaan agterna kommentaar. Verstaan my goed ek wou nie glimlag nie, staan die man en fluister ” Dink hul is bang ons loop uit die kerk uit voordat… ” nee dit klink darem onchristelik !

Gemeentes sing nie dieselfde liedere nie. Sommige met klinkende simbale  en ritmies aangespoor deur die dame met die heup. Ek wens net mense in so koortjie voor onder die preekstoel – besef hul het elkeen ‘n  mikrofoon, hul is hoorbaar.Hierdie storie van al sewe strofes se sing!

Sondag –

Sondag stap ons stoeplangs verby die vensters, almal oop,  dink daar was sewe vensters – by elkeen sweef ‘n ander parfuum reukwater of cologne uit. Ek hou die man met die swart skoene en bypassende sokkies langs my dop so in die saam  verbystap.  Ek ken hom . Hy vryf sy neus. Ek weet hy gaan nabetragting hou. Ons het albei saam besluit dit was kersgeskenke wat ingewy is.

Ons twee stap kar toe, ons kon nie iemand groet nie, vreemdelinge in Jerusalem se poorte.

“Ek wil net vir jou iets vra” toe weet ek  hier kom ‘n ding.

“Die vrou voor my” hmm ek .

“Ek sweer sy’t haar bloes verkeerd om aan. Die knope sit agter. Hoe het sy dit vasgeknoop?”

“Het jy gesien dit is sulke knobbelknope, dink jy nie so met die terugsit teen die bank, gaan sy sulke duike kry nie?”

Sy ouvrou  vra toe” Waaruit het die Ds gelees? ”

Hy antwoord met jota en titel reg.

Wou net seker maak .

kerk e

Advertisements

9 comments on “Vreemdelinge in Jerusalem se poorte.

  1. Toortsie
    Januarie 4, 2016

    O gits! Al luister ek regtig mooi kan ek nie altyd ná die tyd sê waaruit gelees is nie. …

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 4, 2016

      Ag ek is lief vir sing, ek weet net nie hoekom ‘ons sing strofe 1, 2 , 3 …. ” hoekom tel hul dit so af! So baie strofes…

      Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai
    Januarie 4, 2016

    hehehehe… mens kan mos maar swaarkry so by vreemdes

    Wonder juis of jy ons vriendin gesien het die vakansie? Ek hoor ook niks

    Liked by 1 person

  3. Olga
    Januarie 5, 2016

    Praat jy nou van onchristelik wees, ek het my weer buite weste vervies op die heilige kersdag in die kerk, opgestaan en uitgestap. En ek was nie eers ‘n vreemdeling nie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 6, 2016

      Ai man, dit is jammer – so jammer, ek hoop tog jy praat die irritasie uit.

      Like

  4. perdebytjie
    Januarie 5, 2016

    Oe,daardie reukwater…dit kan soms so verstikkend wees en dan nog heeldag aan jou vaskleef as jy ‘n drukkie van die suster gekry het!😉😜

    Liked by 1 person

  5. Spokie sny spoor
    Januarie 6, 2016

    Wel – op die ou end is dit seker maar die belangrikste dat die Woord reg aangebied word. Sommige kerke is maar dood …

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 7, 2016

      Ek het niks teen musiek nie, ek dink dit verskil maar hoe jy in kerk grootgeword het.. ag daardie sagte stilte of mooi orrelspel .. ons het eenkeer een van ander gemeentes se kerk met vakansietyd bygewoon waar een van gemeentelede se kind orrel bespeel het, hy was besig met graad in musiek ..mens ek kon my absoluut verluister sulke triomfantlike klanke uit ;n orrel wat ek min gehoor het.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Januarie 4, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: