Woorde

Plakboek (Litnet blog uit my argiewe 8 Januarie 2014 – )

Plakboeke dit is wat ek  moet maak. Sulke uitknipsels van alles wat vir my mooi is . Nie prentjie mooi nie – woordmooi. Dinge wat ek raaklees in die koerante/tydskrifte ,  wat ek wens ek het gesê – onthou dinge. Herlees dinge. Grappies . Snaakse briewe…

Amper soos my lankterug se prente van filmster Sandra Dee,  geplak in ‘n ou gebruikte oefeningboek  Bo-oor potlood geskriffies . Bo-oor Juffrou Erasmus se reg- en verkeerdmerke.Oefeningboeke met maaltafels agterop. Vermeningvuldigingstafels. Deesdae het die plakstorie ‘n fênsie naam gekry , opgekikker deur mooiversierings –Scrapbooking.

Daar sal seker altyd iemand  wees wat mens se bewondering afdwing. Wat plakwaardig is. Gaan koop nou vanoggend die Beeld . Lees en geniet die man se woorde.                                                                                                 Wilhelm Jordaan. Ek haal net iets aan “‘n Mens weet mos dis jaar na jaar ” dieselle ou storie” – leë voornemens wat vroeg-vroeg verlep en tot niks kom nie.

En jy weet die rykes sal ryker word, die armes armer; kibbelendes sal bly kibbel; praters sal bly praat en niks sê nie; en die donderjaers sal voortdonder…”  Hemel weet , dit is nou die lekkerste woord -‘donderjaers’ !

..en terwyl jy op die bladsy is,  lees gerus Christina Landman . “Mag arm mense kinders hê?” lees deeglik. Ag vader, ” vandag het ek weer so deuskant die Hemel gedraai ” soos my oorle familielid sou sê as iets wonderliks haar toegeval het. Lees die Briewe . Lees die wonderlike brief wat Dr Hennie van Deventer geskryf het ” Ons moenie geleerde barbare hê nie”

Wie G Olwagen van Old Oak is , sou ek nou nie kon sê – sy brief oor die ‘struikeling van die vingers met ASCII-kodes”, oor die kappie op die ê en die deëlteken op die reën- wil tot te vertelle hê dat die gebruik van die kodes mors werksure .’ 4 sekondes hier 15 sekondes daar’. Ek sal nog vêr paaie loop voor ek my kappie en deëlteken gaan los. Rekenaareeu of de not. Moet wel toegee, dit neem tyd in beslag – oordinktyd. Die dubbel nie in AFRIKAANS  is eerder vir my ‘n krisis, ek tik my naderhand so in warpoel van dubbel-nie’s vas..

Moet darem noem, so deur die skryf van dese blog, is ek geroep om na die wonderlike voorlesing te sit en luister van Linda Rhode uit haar nuutste sprokiesboek.  Koop asseblief vir julle kleuters en peuters en familiekindertjies daardie boek – Deuskant die Hemel ! Waarlik ek het vandag daar ‘n draai gemaak.

Groetnis  van die huis op die hoek se inwoners.

8 comments on “Plakboek (Litnet blog uit my argiewe 8 Januarie 2014 – )

  1. scrapydo2.wordpress.com
    Januarie 8, 2016

    Ooooo nou het ek lekker gelees. Ek plak steeds koerantuitknipsels op n A4 papier en sit dit in n leêr. Het spesiale plek waar ek dit bêre totdat ek so een of tweekeer in die jaar die bondel vat dit uitknip en plak. Dis meestal oor ouens wat ek ken of ontmoet het of dinge waaraan ek self deel ghad het. Het reeds n dik leêr v SA eskepades. Nou is dit NZ sn

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 8, 2016

      Ag dit klink wonderlik, van my voorneme het dadels gekom!! Ek weet nie of jy aan die Bakkes skrywer familie bekend is nie. Die Ma is Margaret Bakkes en haar seuns skryf ook. margaret se man is oorlede , nou .. lees dat hy dagboek seder jongseun gehou het tot ongeveer week voor sy oorlye. Dr Cas Bakkes. Dit moet die wonderlikste versameling wees oor daaglikse gebeure. Dit bly steeds vir my die heerlikste om briewe te lees wat gepubliseer is..so loertjie oor ander mense se handel en wandel..

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Januarie 8, 2016

        Ek is self ook n ou gewees wat gereeld my dagboek bygehou het. Nou skryf ek maar net oor my herinneringe! Gelukkig onthou ek nog redelik goed en baie van dinge wat gebeur het. Die Vrydag skryfsessies help natuurlik baie om by te hou.

        Like

  2. perdebytjie
    Januarie 8, 2016

    Ek hou ook van die kappies en deeltekens…kry dit netnie reg op my laptop nie,maar wel op die tablet.As ek iets pos van my skootrekenaar af,edit ek dit altyd vinnig op die tablet..praat van omslagtig!

    Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    Januarie 8, 2016

    My sus ScrapPy is net so versamelaar… ek het dit gedoen tot ‘n vrou by die klas vir my sê die papier pas nie bymekaar en toe hyet ek nie weer gegaan nie

    Liked by 2 people

  4. Kameel
    Januarie 11, 2016

    Ek het nou in die vakansie deur my dagboek van baie jare gelees, en besef ek het daarin geskryf, en gebid wanneer ek op my laagste was. Dit klink na Job….. so vir my kinders gesê die dag van my dood word daardie dagboek verbrand, niemand lees daarin nie…… hulle sal te diep in my hart inkyk. Deep calling to deep!!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Kameel Kanselleer antwoord

Information

This entry was posted on Januarie 8, 2016 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 36 513 hits