Woorde

Leo du Plessis

Aangesien jy deel van my blogs was, moet ek verlaas  groet.

Ek gaan jou vreeslik mis, wie gaan nou saam met my die Beeld  by die hek haal en so minagtend die koerant ‘n blerts gee- genadiglik nog in plastiese sakkie toegevou. Ek het altyd gewonder as ek die pie druppels afspoel  – daardie oopbek die tong wat so flapper..miskien het jy heerlik in jou kies gelag.

Wie gaan wasdag by die wasmasjien staan en met my gesels. Whaowhoawhao.. dat hoor en sien vergaan en ek net so belangstellend “,,en toe? Vang jy die haas? Wat vertel jy my nou, nooit!!” Dan whoa whoa slobber-slobber wip-wip  jy van vreugde  en lekkerkry.  Moontlik oor die vooruitsig van ‘n bederfhappie daarna. Ek het gehoor hoe giggel die siele in die huis oor ons twee se oggend geselsies.

Wie gaan my voorkeer as ek by die voordeur wou ingaan. Ek stap eenkant toe..jy wip  soontoe , sit jou swaar kop teen my heup, ore vryf kop streel en jou ogies gaan sommer so toe van lekkerkry..oopbek kwylend. Naderhand moes ek hard praat, “Leo, asseblief ek moet nou in die huis in!”  Menig dag het jy my vasgekeer teen die muur , ek moes geduldig jou rugvryf , naderhand desperaat geroep ” Roep tog net asseblief vir Leo, hy wil my  nie los nie!” Ek onthou ook , mens speel nie met so groot Boerboel met ‘n bal aan tou nie.. hy ruk jou onderstebo, al slobber hy agterna deur jou gesig, jammer-jammer!

Wie gaan ek suutjies omhels. Niemand in hierdie huis het daarvan gehou nie, my gewaarsku ‘eendag is eendag hap die hond jou! ‘ My arms so om jou nek , ek vooroor gebuig jou grootkop so styfvasdruk teen  teen my sykant van my  gesig .. “Leo, jy is my allermooiste dierbaarste hond hoor!” dan kreun jy van lekkerkry.

Wie gaan ek in slapelose nagte deur die kombuisvenster groet.. ‘Hallou Leo, hoe gaan dit met jou?”

Onthou jy, daardie dag toe die watermeterleser sommer goedsmoeds hier instap.. en toe sy omdraai staan jy agter die boom. Sy skreeu. Koes en loer. Jy dink heerlik,  iemand wil darem saamspeel en jy wip bons bons nader- sy koes en skree en jy keer voor.. en  ek skree ! “Moenie weghardloop nie , staan net stil!” Foeitog so asof ek ‘n stormende Boerboel sou vertrou, al het ek voor my siel geweet jy is jollie vrolik … Daardie dag moes ek jou so sleepdra binneshuis, uit die kake van die meterleser se selfoon waarmee sy jou wou morsdood gooi.. (klink bietjie oordrewe , maar ek mag maar)

Toe gaan jy dood.  So stukkie van my ook.

Gister het Woudie en Pieter jou graf gegrawe, ek het gewonder waaroor gesels hul , dalk oor jou kleintyd, dalk oor die Pa des huises gekla het” Jul bring elke keer ‘n hond hier aan..!” en nou is die Pa stil oor die verlies en die kleinste in die huis sy roep jou “Liejou Liejou!”

Liefde .

DSCF4479

 

 

Advertisements

26 comments on “Leo du Plessis

  1. newsferret
    Februarie 3, 2016

    Pragtig. Pragtige woef en wonderlike herinneringe. Ken daardie belewnis goed. Ek voel saammet julle, maar danksy die herinneringe kan ons saam voortleef. My laaste soortgelyke ervaring was op die dag van alle dae ‘n Kersdag, maar die knaap wag saam met al die ander aan die ander kant van die reënboog vir my om weer met hulle aan te sluit. Sterkte.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 3, 2016

      Ek is /was altyd verskriklik lief vir groot honde, Doepie het Leo versigtig benader. Diereliefhebbers pyn as een wegval. Is moeilik . Dankie vir jou kommentaar News,

      Like

  2. Lien
    Februarie 3, 2016

    Ag siestog my nig my hart huil saam met jou!! Dis die vreeslikste gemis. Ons het 4 in ‘n ry verloor!! Romeo, Juliet, Jessie en Knibbels. Darm mooi nagedagtenisse!!!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 3, 2016

      Jou honde het die interessantste name! Dankie vir die saamlees Lienkie.

      Like

  3. Jeanné
    Februarie 3, 2016

    Ai dis hartseer! Sterkte!

    Like

  4. Net Ek
    Februarie 3, 2016

    Ai my hart is sommer saam julle seer…

    Liked by 1 person

  5. coetzee2014
    Februarie 3, 2016

    Sterkte. Ek wou eintlik dit nie ge”like” het nie.

    Liked by 1 person

  6. Toortsie
    Februarie 3, 2016

    En nou tjank ek oor ‘n hond wat ek nie eers ken nie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 3, 2016

      Ag siestog man, ons loop heeldag met ‘onthou-jy-nog’s” .

      Like

  7. Tannie Frannie
    Februarie 3, 2016

    ‘n Boerboel se bek is mos so groot soos ‘n grot – en sy ou hondehart ook. Ek treur saam met julle.

    Liked by 1 person

  8. perdebytjie
    Februarie 3, 2016

    Ek huil sommer saam met jou! Niks kom by die onvoorwaardelike liefde van ‘n hond nie.Sterkte!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 3, 2016

      Ai Perdebytjie, en elke hondeprentjie sal Mia wys en ‘Liejou!” Lilly die kat en Buks die brak , hang hier rond so asof hul agterkom iets is net nie meer dieselfde nie.

      Liked by 1 person

  9. rondomtaliedraai
    Februarie 3, 2016

    *drukkie* <3

    Liked by 1 person

  10. Christina B
    Februarie 4, 2016

    Ai ek is jammer om dit te hoor, ek huil sommer ook nou. Dis ‘n swaar hartseer. Diere vra so min en gee so baie. Sterkte.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 4, 2016

      Dankie vir die saamlees, ons het vorige kere honde verloor as gevolg van siekte of ouderdom..hierdie geval is regtig vir ons almal ‘n skok.

      Like

  11. scrapydo2.wordpress.com
    Februarie 5, 2016

    Ek lees nou eers die storie. Ek het geweet hier is hartseer in toe ek jou inskrywing sien. Ek wou nie oopmaak om te kyk. Jy begin deur met almal wat saam met jou blog aan te spreek – ek dog jy gaan ophou blog! Ai die hondekinders is darem maar so deel van n mens. Ek is self ook lief vir n ou groot boerboel. Nou ja serkte maar met die familie wat agtergebly het.

    Liked by 1 person

  12. Kameel
    Februarie 8, 2016

    Dit laat ‘n groot leemte. Hoe sê mens jammer?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 8, 2016

      Ek mis hom vreeslik.. mens raak so gewoond aan huisdiere veral as hul soos huismense begin raak.

      Like

      • Kameel
        Februarie 8, 2016

        Ek het al my skoonseun sien huil wanneer ‘n rottweiler uitgesit moet word. Ek het jare gelede nadat ek myself siek getreur het oor my mooie Camilla hond, myself belowe ek sal nooit weer so geheg raak aan ‘n dier nie. Tog kan ‘n mens nie heeltemal onaangeraak teenoor hulle bly nie.

        Liked by 1 person

  13. Wietz Marais
    Februarie 10, 2016

    Ek het twee boerboele in twee jaar verloor. 😢

    Like

  14. kutukamus
    April 7, 2016

    Peace be with Leo..

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Februarie 3, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: