Aan almal wat hier lees, wat kommentaar – jammer omdat ek nog nie geantwoord het nie. Liewe ouers ons sukkel erg en ernstig met ons internetverbinding.
Sodra alles weer normaal verloop , mog ek dalk weer my gesels gesels en my woorde leesbaar maak.
Ek weet nou nie waar hang jy jou Kerk almanak nie.. ons’n hang agter ‘n deur – die vertrek nou nie tersprake nie.
Ek lees elke oomblik wat ek moet en elke oomblik wat ek net daaraan herinner moet word , hierdie gedagte onderaan Februarie:
“Geloof is die brug wat die plek wat jy op die oomblik in jou lewe is verbind met die plek waarheen God met jou oppad is.”
Die oomblik as kanker by jou huis hom tuismaak , gee jy of moed op en gaan sit in sak en as of jy houvas aan jou Geloof. Jy glo soos my boeta so ewe drogies gesê het “Die liewe Here het goeie dokters op hierdie aarde geplaas , en mens maak van albei gebruik” toe ons gesels het oor dankbaarheid dat my geliefde ingestem het vir behandeling- na aanleiding van sommige mense se persoonlike besluite oor medici versus geloofsgenesing.
Ons het die afgelope jaar die pad gestap , my geliefde en kanker wat kom nesskrop het. Die behandeling wonderlik verloop die biopsies elke keer skoon.
Toe..
Nou het ‘n ander Kanker kom kuier. Beslis ‘n ongenooide gas.
Skok word deur elke mens seker verskillend ervaar .
Hy het stil en bleek geraak. Man van nie onnodige praatjies maak nie het met stil kalmte ons almal bemoedig.
Sy(die ouvrou) het sommer opgehou eet..sy rol rond in die nag ..sy huil suutjies in die stort gesig na bowe.
Die vertel aan kinders bly altyd vir my die ergste. Hoe hul dit ervaar?
Sy google haar moedeloos na alle rate en natuurlike maniere om van die ‘pes ‘ ontslae te raak. Dit bly steeds vir my snaaks die raad oor Canabis oil.. sien al hoe plant die gesin oppie Hoek hul daggaboompie so neffens Leo ons oorle Boerboel se graf…
Die seun .. hy is stil . Hy bied hulp aan oral waar hy kan ..ek is seker hy sou tot sy pa se voete was , as dit net sou help ..
Nou begin ons .
Operasie 25 Februarie – 3/4 dae ICU – ongeveer 6 /8 dae in gewone saal – 4 weke mag hy nêrens heen nie..( rondry nie) – na 6 weke begin chemo.
Sy reaksie- “Kyk as my hare uitval , gaan ek definitief ‘n kopdoek kry ” Hmm , ek glo sy dogter sal beslis ‘n heel moderne vrolike kleur uitsoek.
Nog ‘n reaksie – “Bliksem 29cm!! Dit is ‘n hele liniaal blerrie lengte man !!” na aanleiding van die gedeelte van die dikderm wat verwyder gaan word.
Baie dankie aan ieder en elk wat my en gesin bemoedig en vir die goeie wense aan hom.
Groetnis.
Alle sterkte vir julle en ek hoop die groot K word uitgelaan.
LikeLiked by 1 person
Dankie News.
LikeLike
Ai Dirkie,sterkte daar!
LikeLike
Baie dankie Perdebytjie
LikeLiked by 1 person
Ai my liewe nig baie sterkte. Ons glo die Liewe Vader sal saam met hom in die teater wees en Sy groot hand oor hom hou. Mwah xxx
LikeLike
Dankie Lien, waardeer dit baie.. groetnis aan Patrick
LikeLike
Ai ai ai.
Baie sterkte vir julle toegebid.
Ja, ons het net vir God om aan vas te hou. Dankie ook vir dokters wat Hy op die aarde geplaas het.
LikeLike
Dankie Toortsie die afwag van so operasie is altyd erg.
LikeLike
Vervlaks, hoe kan mens nou die blog “like”. Baie sterkte. Woorde voel so ontoereikend.
LikeLike
Danie, baie dankie . Dit beteken nogtans vir ons baie al die meelewing.
LikeLike
Sterkte, ek bly darem min of meer op hoogte van die verwikkelinge.
LikeLike
Baie sterkte! Bid vir julle.
LikeLike
Dankie Jeanne baie baie dankie.
LikeLike
Ek geniet jou blog baie. So jammer oor die ontstellende nuus. Baie sterkte, ek bid vir julle.
LikeLiked by 1 person
Ai wat kan mens sê. Sterkte vir die operasie en die nasorg ook.
LikeLike
Dankie Scrapydo2.. ek is nogal dankbaar or die versorging in ICU al is dit ontstellend al die drade en dinge, minstens sal hy onder verdowing gehou word.
LikeLike
Dit is so en mens weet hy is 24uur onder toesig. Ook die verdowing is baie belangrik. Dis wat my altyd ontstel as die persoon in n gewone saal is en daar nie rerig hulp is as dit nodg is nie.
LikeLiked by 1 person
Die afwag oppad na ‘n operasie is senutergend vir almal betrokke.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie dat jy ons ingelig hou – dit verg moed! Vir jou blogvriende maak jy dit nou makliker om aan jou/julle te dink. Sterkte, liewe Dirkie.
LikeLike
Baie dankie Frannie. Om te blog is helend. Dankie vir jou meelewing,dit word so baie waardeer.
LikeLiked by 1 person
Baie sterkte, dis nie ‘n maklike pad nie.
LikeLike
Baie dankie Christina, Dr was eerlik en reguit en ons waardeer dit dat daar nie by ons wanindruk gelaat is oor grootte van operasie en die erns daarvan nie. Hol kol op die maag.
LikeLiked by 1 person
Sterkte … *drukkie*
LikeLiked by 1 person
Dankie Tina
LikeLiked by 1 person
Beste wense aan jou en jou familie jong. Vertel vir jou man: toe my hare uitgeval het na die tweede chemo-behandeling, was ek so moeg en totaal vermoeid (die chemo het my sleg gevang) dat ek eendag gesê het “Ek is so bly my hare het uitgeva;, want ek het nie die krag om dit te borsel nie”. My hare het welig teruggegroei, so grys soos staalwol en *skok* die ene krulle. Ek het nog nooit voorheen krulle gehad nie. Dis nie ‘n maklike pad nie, maar byt vas – in my huis het ons ‘n gesegde “This too shall pass”. Liefde
LikeLiked by 1 person
Ons sukkel steeds met internet..jammer oor die laat antwoord. Baie dankie vir die bemoediging. Die operasie net eers agter die rug kry dan hanteer ons die volgende stap, waardeer jou positiwiteit.
LikeLiked by 1 person
Ai, kanker bly ‘n pes, jammer dat dit weer “kopuitgesteek” het. Baie sterkte!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Die gewas moet verwyder word… dalk is dit voortvarende gewas wat nie kwaadaardig is, hmmm , ons klou vas aan hoop.
LikeLike
Sterkte
LikeLike
Baie dankie ekmyself, ek waardeer dat jy saamlees.
LikeLike
Ek sukkel so met my blogspasie, kry nie aldag samewerking deur inet en telkom nie..ek weet nie of ek jou reeds geantwoord het nie, nogtans bly my dankbaarheid opreg dat ek nota van jou kry en jou saamlees.
LikeLike