Woorde

Nota oor peste en plae

Aan almal wat hier lees, wat kommentaar  – jammer omdat   ek nog nie geantwoord het  nie. Liewe ouers ons sukkel erg en ernstig met ons internetverbinding.

Sodra alles weer normaal verloop , mog ek dalk weer my gesels gesels en my woorde leesbaar maak.

Ek weet nou nie waar hang jy jou Kerk almanak nie.. ons’n hang agter ‘n deur – die vertrek nou nie tersprake nie.

Ek lees elke oomblik wat ek moet  en elke oomblik wat ek net daaraan herinner moet word ,  hierdie gedagte onderaan Februarie:

Geloof is die brug wat die plek wat jy op die oomblik in jou lewe is verbind met die plek waarheen God met jou oppad is.”

Die oomblik as kanker by jou huis hom tuismaak , gee jy of moed op en gaan sit in sak en as of jy houvas aan jou Geloof. Jy glo soos my boeta so ewe drogies gesê het “Die liewe Here het goeie dokters op hierdie aarde geplaas , en mens maak van albei gebruik” toe ons gesels het oor dankbaarheid dat my geliefde ingestem het vir behandeling- na aanleiding van  sommige mense se persoonlike  besluite oor  medici  versus geloofsgenesing.

Ons het die afgelope jaar die pad gestap , my geliefde en kanker wat kom nesskrop het.  Die behandeling wonderlik verloop die biopsies elke keer skoon.

Toe..

Nou het ‘n ander Kanker kom kuier. Beslis ‘n ongenooide gas.

Skok word deur elke mens seker verskillend ervaar .

Hy het stil en bleek geraak. Man van nie onnodige praatjies maak nie het met stil kalmte ons almal bemoedig.

Sy(die ouvrou) het sommer opgehou eet..sy rol rond in die nag ..sy huil suutjies in die stort gesig na bowe.

Die vertel aan kinders bly altyd vir my die ergste. Hoe hul dit ervaar?

Sy google haar moedeloos na alle rate en natuurlike maniere om van die ‘pes ‘ ontslae te raak. Dit bly steeds vir my snaaks die raad oor Canabis oil.. sien al hoe plant die gesin oppie Hoek hul daggaboompie so neffens Leo ons oorle Boerboel se graf…

Die seun .. hy is stil . Hy bied hulp aan oral waar hy kan ..ek is seker hy sou tot sy pa se voete was , as dit net sou help ..

Nou begin ons .

Operasie 25 Februarie – 3/4 dae ICU  – ongeveer 6 /8 dae in gewone saal  – 4 weke mag hy nêrens heen nie..( rondry nie) – na 6 weke begin chemo.

Sy reaksie- “Kyk as my hare uitval , gaan ek definitief ‘n kopdoek kry ” Hmm , ek glo sy dogter sal beslis ‘n heel moderne vrolike kleur uitsoek.

Nog ‘n reaksie – “Bliksem 29cm!! Dit is ‘n hele liniaal blerrie lengte man !!” na aanleiding van die gedeelte van die dikderm wat verwyder gaan word.

Baie dankie aan ieder en elk wat my en gesin  bemoedig en vir die goeie wense aan hom.

Groetnis.

 

 

31 comments on “Nota oor peste en plae

  1. newsferret
    Februarie 16, 2016

    Alle sterkte vir julle en ek hoop die groot K word uitgelaan.

    Liked by 1 person

  2. perdebytjie
    Februarie 16, 2016

    Ai Dirkie,sterkte daar!

    Like

  3. Lien
    Februarie 16, 2016

    Ai my liewe nig baie sterkte. Ons glo die Liewe Vader sal saam met hom in die teater wees en Sy groot hand oor hom hou. Mwah xxx

    Like

  4. Toortsie
    Februarie 16, 2016

    Ai ai ai.
    Baie sterkte vir julle toegebid.
    Ja, ons het net vir God om aan vas te hou. Dankie ook vir dokters wat Hy op die aarde geplaas het.

    Like

  5. coetzee2014
    Februarie 16, 2016

    Vervlaks, hoe kan mens nou die blog “like”. Baie sterkte. Woorde voel so ontoereikend.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 16, 2016

      Danie, baie dankie . Dit beteken nogtans vir ons baie al die meelewing.

      Like

      • coetzee2014
        Februarie 27, 2016

        Sterkte, ek bly darem min of meer op hoogte van die verwikkelinge.

        Like

  6. Jeanne
    Februarie 16, 2016

    Baie sterkte! Bid vir julle.

    Like

  7. johannavr7
    Februarie 16, 2016

    Ek geniet jou blog baie. So jammer oor die ontstellende nuus. Baie sterkte, ek bid vir julle.

    Liked by 1 person

  8. scrapydo2.wordpress.com
    Februarie 16, 2016

    Ai wat kan mens sê. Sterkte vir die operasie en die nasorg ook.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 16, 2016

      Dankie Scrapydo2.. ek is nogal dankbaar or die versorging in ICU al is dit ontstellend al die drade en dinge, minstens sal hy onder verdowing gehou word.

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Februarie 16, 2016

        Dit is so en mens weet hy is 24uur onder toesig. Ook die verdowing is baie belangrik. Dis wat my altyd ontstel as die persoon in n gewone saal is en daar nie rerig hulp is as dit nodg is nie.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Februarie 17, 2016

        Die afwag oppad na ‘n operasie is senutergend vir almal betrokke.

        Liked by 1 person

  9. Tannie Frannie
    Februarie 16, 2016

    Baie dankie dat jy ons ingelig hou – dit verg moed! Vir jou blogvriende maak jy dit nou makliker om aan jou/julle te dink. Sterkte, liewe Dirkie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 16, 2016

      Baie dankie Frannie. Om te blog is helend. Dankie vir jou meelewing,dit word so baie waardeer.

      Liked by 1 person

  10. Christina B
    Februarie 16, 2016

    Baie sterkte, dis nie ‘n maklike pad nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 16, 2016

      Baie dankie Christina, Dr was eerlik en reguit en ons waardeer dit dat daar nie by ons wanindruk gelaat is oor grootte van operasie en die erns daarvan nie. Hol kol op die maag.

      Liked by 1 person

  11. rondomtaliedraai
    Februarie 16, 2016

    Sterkte … *drukkie*

    Liked by 1 person

  12. HesterLeyNel
    Februarie 17, 2016

    Beste wense aan jou en jou familie jong. Vertel vir jou man: toe my hare uitgeval het na die tweede chemo-behandeling, was ek so moeg en totaal vermoeid (die chemo het my sleg gevang) dat ek eendag gesê het “Ek is so bly my hare het uitgeva;, want ek het nie die krag om dit te borsel nie”. My hare het welig teruggegroei, so grys soos staalwol en *skok* die ene krulle. Ek het nog nooit voorheen krulle gehad nie. Dis nie ‘n maklike pad nie, maar byt vas – in my huis het ons ‘n gesegde “This too shall pass”. Liefde

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 18, 2016

      Ons sukkel steeds met internet..jammer oor die laat antwoord. Baie dankie vir die bemoediging. Die operasie net eers agter die rug kry dan hanteer ons die volgende stap, waardeer jou positiwiteit.

      Liked by 1 person

  13. ekmyselff
    Februarie 17, 2016

    Ai, kanker bly ‘n pes, jammer dat dit weer “kopuitgesteek” het. Baie sterkte!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 18, 2016

      Baie dankie. Die gewas moet verwyder word… dalk is dit voortvarende gewas wat nie kwaadaardig is, hmmm , ons klou vas aan hoop.

      Like

      • ekmyselff
        Februarie 18, 2016

        Sterkte

        Like

      • ddupl3ss1s
        Februarie 19, 2016

        Baie dankie ekmyself, ek waardeer dat jy saamlees.

        Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 19, 2016

      Ek sukkel so met my blogspasie, kry nie aldag samewerking deur inet en telkom nie..ek weet nie of ek jou reeds geantwoord het nie, nogtans bly my dankbaarheid opreg dat ek nota van jou kry en jou saamlees.

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Februarie 16, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 509 hits