Woorde

Saal H

Byna  ‘n maandgelede  geblog.

Intussen het ek en hy gewoond geraak aan 7 botteltjies gekoppel met drade en bliepende masjientjies. My oë met elke besoektyd spontaan na bloedruk en hartklop en suurstof en asemhaling metertjies wat wipplank gery het.. bliepend en piepend.

7 dae in ICU. Het nogal menig dag gedink aan sewe sakke sout en die pad wat ons loop en moet loop .

Daardie wag voor teaterdeur en voor ICU , nou nie juis iets wat ek  aanbeveel tensy jy nie ,n keuse het nie. Jy voel kiemvry elke keer se 40 sekondes hande was met alkohol uit muurbotteltjies . Jy en ‘n kind stap soos uit Noag se ark twee-twee tot by sy bed-  jy staan langs ‘n bed met sakkies wat weerskante van bed hang . Jy raak hol op die maag  bang jy trap dalk net een raak.  Jy hou sy hand vas. Manna uit die Hemel as hy jou hand druk.  Morfien is genade waar nodig soms  verskaf dit genadiglik ook  ‘n ligte oomblik. Eintlik is dit nie snaaks nie, maar spanning laat jou spontaan giggel oor snaakse praatjies wat hy beneweld kwytraak.

Die dag toe hy bleekwang in stoel langs sy meterlesers sit, was ek  so dankbaar..grootste geskenk! Toe word hy beter, hy kry kos – 2 liter houer  binne-aars. Lyk soos familie van  mayonaise .

Hy begin mor, dit is hospitaal , dit is ICU . ” Hierdie mense rumoer , hul praat middernagtelike ure harder as bliepende masjiene, so asof hulle verdomp bang is!!”  toe weet ek die wa is deur die drif sodra hy hospitaal wil regruk ! Ek probeer  paai met sagte antwoord versus keer die grimmigheid af.. gmf al reaksie “Ek probeer vrou, ek probeer geduldig te wees, nie te sê ek moet dit regkry nie!”  Toe weet ek ons trek by die tweede drif..

Mense vertel  goedbedoelend ‘ jy’s sterk’ of ‘bly sterk’ ..toe besef ek ek het nie gehuil nie maar toe Mia kruisbeen langs haar Mamma voor Icu se deur vir my wag  en hardop roep “Oupa ! Oupa!” – geen droë oog sigbaar nie.

Die telefoon oproep nagtelike ure uit hospitaal se ICU ” Mevrou moenie skrik nie asseblief !”  Hul skuif hom na gewone saal . Vir ‘n oomblik gedink aan skoolhoof wat jou bel  met ‘n ‘kom skool toe Mevrou jou kind het ..so en so aangevang’ gedog die man het amok gemaak . Geduld was  nie altyd teenwoordig nie.

Ons het nog 7 dae in gewone saal gekuier.  Hom vertel die Huis op die hoek is steeds stewig op sy fondasie..

Besorgd oor sy vrou , of sy ooit eet, of sy na sy dik hondjie kyk dat die eet en die ou bejaarde Kat .. wat stadig knipoog . Elke dag soos ‘n verslaggewer begin. Elkeen se boodskappe en gebede . Name van Bloggers en vriende en familie .. dit is salwend. Hy blinkoog  dankbaar.

Hy is vandag ‘n week tuis. Vandag het ons gaan kuier by Onkologie afdeling. Verbygestap na Onkoloog. Jy wil nie kyk nie, tog sien jy die bleek pasiënte raak met yl haartjies. Mans word nie  bepruik nie.  Nie een moedeloos nie. Ewe vrolik groet hul mekaar soos ou vriende.

Dan hoor jy van die groot genade. Die vreeslike aggressiewe kanker wat deur spierwand gegaan het en nie een limfklier is aangetas nie. Wonderwerk. Dit maak behandeling meer hanteerbaar.

Die chemo en bestraling lê voor.

Met die terugstap in lang gang, ..’vrou , daar sit darem verskriklike siek mense !”   wat my laat besef dat hy altyd voel hy is  regtig nie  so siek nie.

Mooi dag. Dankie aan ieder en elk vir meelewing en bemoediging en gebede.

28 comments on “Saal H

  1. ekmyselff
    Maart 16, 2016

    Baie bly hy is positief. So mooi. Sterkte vir julle en baie drukkies

    Like

    • ddupl3ss1s
      Maart 16, 2016

      Baie dankie, ek het elke dag gaan grappies soek op fbook om vir hom te kon vertel in saal.. jitte mens doen vreemde goed net dat gemoed lig moet wees.

      Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai
    Maart 16, 2016

    Oooo ek ken daai nie kyk waar die chemo gegee word nie maar toe ek eenmaal daar is, was dit ‘n besonderse ondervinding. Mens word gevul met groot dankbaarheid en word besonderse vriende met jou mense kankerstryers

    Ek is so bly julle is darem so ver. Nou is dit dag vir dag net vasbyt

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 16, 2016

      Binneaarse chemo tesame bestraling – daarna na rusperiode – dan chemo tablette. Die kombinasie van chemo- pille en bestraling veroorsaak erge naarheid. daarom word binneaarse chemo gekombineer met bestraling. Glo nie haarverlies nie. Nou is die man se beplande klerekas van bandanas dalk nie nodig..

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Maart 16, 2016

        Sterkte Gelukkig het hulle besonderse naar pille vandag se dae … so groot soos golfballe maar werk goed. Hoop hulle gee vir hom. *fluister* ek wil nie beterweterig klink nie en ek weet elke mens is anders. Ek het ook bestraling gehad … dis vreemd, maar darem nie te sleg nie

        Like

  3. HesterLeyNel
    Maart 16, 2016

    Dis baie goeie nuus oor die limfkliere. Bak sjokoladekoek en vat saam elke keer as julle die chemo-ding gaan doen. Nee dit help nie vir die naarheid nie *sorrie*, maar die hele personeel sal julle op die hande dra :D O ja, en onthou … dit sal ook verbygaan. Groete en beste wense.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 16, 2016

      Ag dit is mooi gedagte van die koek , ek het net gedink as mens daar werk moet jy darem wonderlik wees -so na aan Hemeltrans . Dankie vir die beste wense.

      Like

  4. Hettie De Sousa
    Maart 16, 2016

    Sjoe! Nou tjank ekke lekker hoor…soms is dit ook maar beter om nie te besef hoe siek mens werklik is nie…glo dis al die gebede wat hom dra! En jou sterk hou…liefdegroete

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 17, 2016

      Aa, lekker om jou hier te sien, baie dankie Hettie . Ek weet jou pad was nou ook nie maklik nie, mens is altyd so verskriklik dankbaar vir lewe.

      Like

  5. vuurklip
    Maart 16, 2016

    vuurklip het nie woorde nie – maar hy voel saam …

    Liked by 1 person

  6. newsferret
    Maart 16, 2016

    Dit laaik ek, ‘n 100% positiewe man, die stryd is gewen.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 17, 2016

      Dit help om weg te kyk van eie probleem en ander om jou se pyn raak te sien. Nou vind hy vreugde in ‘n normale bord kos, al eet hy nog soos iemand minus gedeelte derm ,,

      Like

  7. Daniël Bezuidenhout
    Maart 16, 2016

    Klink my sy kop is reg. Sterkte.

    Liked by 1 person

  8. scrapydo2.wordpress.com
    Maart 16, 2016

    Dankie dat jy nog n stukkie gedeel het oor hoe dinge verloop. Pad is opdraand maar met genade en moed kom mens bo uit! So mooi om te hoor hoe positief jul beide is. Bosse vol liefde daar vir julle!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 17, 2016

      Baie dankie Scrapydo, ons het die wonderlikste ondersteuning en onderskraging van ons kinders gekry. Sterre vir hulle .

      Like

  9. Net Ek
    Maart 17, 2016

    Ag sal ek nou sit en grens.

    Ek het nie woorde nie, maar stuur maar baie groete daar. Jy en Oom Hoekhuis is in my gebede!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 17, 2016

      Ag jy is dierbaar met daardie benaming! Sal hom vertel en nuus oordra. Hy verloor gewig tjoef tjaf sedert gedeelte dikderm saam met die gewas verwyder is, verstommend hoe lank dkderm is maar te meer hoe vinnig mens gewig verloor. nou nie dat ek korter derms aanbeveel.. nee wat !

      Liked by 1 person

      • Net Ek
        Maart 17, 2016

        Ja jinne, mens kan nie dink hoe ingrypend so ding kan wees nie? Almal weet kanker is erg, maar totdat dit met iemand na aan jou gebeur het jy nie veel van ‘n idee nie.

        Een van my middelste seun se vriende se sussie is met aggressiewe lewerkanker gediagnoseer. Sy is maar net 21. Haar niggie het nou so vier of wat weke gelede ‘n deel van haar lewer geskenk vir die oorplanting, maar sy bly nogsteeds erg siek. Ek volg haar storie op FB, en dis so hartseer. Ander seuntjie by ons een laerskool het weer beenkanker (of so iets). Dis vreeslik. Ek verstaan nie hoe gebeur die dinge met kinders en goeie mense nie. Daar is GENOEG slegte mense daar buite.

        Maar ons mag nie sulke dinge bevraagteken nie. Seker nie.

        Liked by 1 person

  10. Tannie Frannie
    Maart 17, 2016

    Jou paragrafie oor Mia het hier ook maar die trane laat kom… Toe glimlag ek weer by die gedagte aan die formidabele man – met ‘n bandana! Ek dink siekte is dalk net soos ouderdom – die mense wat daarbinne staan, voel steeds dieselfde en verstom hulle oor andere se klassifikasies. Vir jou haal ek my hoed af!!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 17, 2016

      Dankie Frannie, vanoggend vir ons Ds (Carol se man) vertel mens moet beste optree in situasie, emosionele ondersteuning belangrik. Ek wroeg ook maar suutjies.

      Liked by 1 person

  11. Tannie Frannie
    Maart 17, 2016

    Hoekom vertel sy niks meer oor haar skapies nie?

    Like

  12. Toortsie
    Maart 19, 2016

    Met ‘n traan in die oog.

    Liked by 1 person

  13. Jeanné
    Maart 20, 2016

    Bly so positief dit help. Sterkte met die lang pad vorentoe. Bid vir julle. Liefde

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Maart 16, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 509 hits