Woorde

Vriendskap

Hulle het mekaar leer ken in Vredefort gedurende 1970 /1971. Doepie  van Stella en Div van Vredefort.

johan en Doepie edit

Ek het hom gevra hoekom het jy maats geword met hom? Hoe spesifiseer mens een uitstaande karaktertrek.  Hy was maar stillerig , besadig –  saam rugby gespeel saam atletiek geoefen. Hoor ek toe van die oefenry vir langafstande, Doepie pasaangeër , al teen die steiltes en afdraandes Begraafplaas paadjie langs. ” O en moenie vergeet nie, ons het saam kaalgat gehardloop by Kromdraai.. ”

“Net julle twee?” ..

“Nee, vrou ! die res van die klas ook, die manne!”

Toe noem ek miskien moet julle  weer so déjavu  gaan beleef.. Nakend , julle hoef nie te draf nie, (ouderdom en skete in aggeneem) julle kan rustig stap en gesels  , herinneringe deel. Ons vrouens sal toesig hou.. met klere aan!

Ons het darem twee predikante uit die Matrieks ’71 opgelewer, dit behoort waardig te verloop.

“Vrou! ” hy my net.

 

As ons op sekere  paadjie verby Barage ry, vertel hy van die dag van tannie Agie se Morrissie en die ‘briekpypie’. Tannie Agie , Johan se Ma. Johan moes op Vereeniging stasie opgelaai word, dink hy was in Lugmag(?) Doepie het saam met Tannie Agie en die Morrissie gery. Hy raak in vervoering oor die kar.  Ons het met behulp van google afgekom op die uitstaande kenmerk , die flikkerlig.

blog divblog div2

 

 

 

 

 

 

Die dag toe Doepie remtrap, toe pomp hy daardie pedaaltjie te vergeefs, niks!    As jy Tannie Agie ken ,  jy ontstel  haar nou nie met te veel detail nie, so onder die Morris het die twee ingekruip en met ‘n klip die briekpypie wat stukkend was toegekap.. so oor berge en dale  en handrem optrek-optrek veilig by die huis gekom.. spoed was nou nie eintlik ‘n faktor nie.

Die vriendskap het nooit doodgeloop nie. Div en sy mense het oorsee gewoon , as hul vir familie besoek het ons altyd iewers ‘n geselsie ingeruim. Ons het sommer  nou die dag saamgesels oor  bekertjie koffie (hy hou van lekker koffie) oor alles en nog wat en  oor  Godsiens en Geloof  -en oor Doepie se Blaaskanker stories.. dat dit goed gaan , dankbaarheid . Dat dit goed is om mekaar te sien. Ons het gesels oor Div rugprobleme oor sy vrees vir naalde ..

Intussen moes ek hulle  laat weet kanker het weer tevoorskyn gekom by Doepie . Dit is en bly nie lekker om slegte nuus oor te dra nie. Doepie word gehospitaliseer. Div, met die rug krisis word ook gehospitaliseer.  Die dag toe ek die whatsapp boodskap van Div se vrou kry,  het ek regtig nie die moed gehad om hom te vertel nie, telefoon aangegee , Doepie het stil gelees. Hartseer . Bittere rou hartseer oor sy vriend. Div wat kanker diagnose moet beleef .

Twee vriende , bemoedig mekaar  hulle bid vir mekaar. Die een het al eerste sessie chemo deurloop, hy vertel hoe hy dit ervaar.. hier wag ons nog vir wondheling voor  chemo paadjie begin word. Hulle stuur kiekies vir mekaar. Ons twee vroue lag oor hul nou so half klink soos twee bejaardes wat met ellende sit en spog!

blog div doepie blog div3

 

 

 

 

 

 

Doepie                                                                      Johan. (Div)

Ons twee vroue ,huil  en lag en bid en vind vreugde in saamgesels en saambieg . Ons bid vir mekaar se kinders. O kinders ervaar die realiteit so verskriklik!

Sy vertel , dit waarvoor Div lus is om te eet, dit eet hulle.. die vreugde in klein dingetjies. Die begeerte van ‘n bord geurige Boontjiesop en Div se versoek ..tog net nie ‘n ‘skinny pig’ se vleisie nie en haar reaksie -“en waar gaan ek tog ‘n ou vet varkie in Engeland kry!”  Klein dingetjies wat wedersydse liefde bewys.

So dikteer Div sy  dankbaarheid van ‘n vriendskap van 45 jaar  aan Doepie . Die vreugde om vriende te wees  . Die wedersydsebegrip  om hierdie pad van kanker ook tesame te stap in geloof. Die besef ieder en elkeen van ons leef tog maar op geleende tyd.

Dankie vir jou vriendskap Johan (Div de Villiers) . Vreugde vir julle.

 

Advertisements

29 comments on “Vriendskap

  1. perdebytjie
    Maart 23, 2016

    Ai Dirkie…

    Liked by 1 person

  2. HesterLeyNel
    Maart 23, 2016

    Nou is ek sommer woordeloos sentimenteel hartseer

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 23, 2016

      Ek en sy vrou gesels oor en weer en dit troos dat ons die vrese verstaan. Humor kom darem ook na vore !

      Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        Maart 23, 2016

        Is dit nou wat die oumense as galgehumor beskryf het? Bestaan die woord nog? Ek het ook altyd onder die moeilikste omstandighede hierdie onblusbare lus te lag vir alles. Eienaardig, ek vind komedie (soos uitgebeeld op tv) glad nie snaaks nie, maar wanneer ek val en dae lank met ‘n seer lyf loop, giggel ek soos ‘n bakvissie.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Maart 23, 2016

        Ek stuur vir sy vrou ‘n kiekie van sy wond, ons staan so en giggel om darem met tablet ‘n mooi kuise foto te kry..hy net bekommerd dat Bewysstuk A oordentlik lyk.. ons beide pare het heerlik gelag.. Ek is gaande oor ouer woorde soos galgehumor!!

        Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        Maart 23, 2016

        Haha dis ‘n goeie een! Ja, ek weet taal moet groei en nuwe woorde aanneem, maar ons hou ook van die oues.

        Liked by 1 person

  3. Johan Steyn
    Maart 23, 2016

    Dankie Dirkie vir die “pen” wat jy opgeneem het. Dit is pragtig. Ons soek nog.
    Div en Doep, daar gaan nie een dag verby wat ek nie aan julle dink en vir julle bid nie en ek glo dit deld vir die hele groep. Hou moed. Maar gelukkig het die Klas van 1971 veggees en vertoue.

    Liked by 1 person

  4. Tannie Frannie
    Maart 23, 2016

    Mens is bo mate geseend as daar sulke vriendskappe in jou lewe is!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 23, 2016

      Dankbaar vir die voorreg, en dankbaar dat ons tesame kon dankie sê met hierdie blog oor vriendskap.

      Liked by 1 person

  5. Christina B
    Maart 23, 2016

    Dis so hartseer en ook so mooi. Die wedersydse respek vir mekaar en ook vir die vriendskap is ‘n voorbeeld vir ander. Sterkte.

    Liked by 1 person

  6. rondomtaliedraai
    Maart 23, 2016

    *drukkie* <3

    Liked by 1 person

  7. Toortsie
    Maart 24, 2016

    Dankie Dirkie. Hartsgoed. So fantasties geskryf.

    Like

  8. Lewies Mymer
    Maart 24, 2016

    Vriende deur dik en dun, kosbare vriendskap.

    Liked by 1 person

  9. scrapydo2.wordpress.com
    Maart 25, 2016

    Dankie dat jy die pragtige vriendskap met ons gedeel het. Selfs jul twee vroue het n besonderse vriendskapsband. Die manne moet beslis bietjie daardie naakloop doen. Wonder wat die kinders daarvan sal sê!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 25, 2016

      Ha !! Ek betwyfel of die manne ooit so dapper sal wees , almal tussen 62 en 63 jaar oud.

      Like

  10. Kameel
    Maart 28, 2016

    Wat ‘n kosbare vriendskap. Mag julle Jesus se nabyheid op ‘n tasbare manier beleef in hierdie tyd.

    Liked by 1 person

  11. Terug pieng: Vriendskap eindig nie met dood. | Woorde

  12. coetzee2014
    April 22, 2016

    Tragies. Sterkte. Nou is hy ook nie meer daar nie.

    Liked by 1 person

  13. Lewies Mymer
    April 22, 2016

    Sic transit gloria mundi–so gaan aardse glorie heen.,

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Maart 23, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: