Woorde

Anna Moabi

Onse Anna  beleef die ellende van erge hoëbloeddruk.

Sy skryf dit gerieflikheidshalwe toe aan Petrus(haar studente seun) se voortydige vaderskap op hande. Soms aan Poenkie haar Hoërskool dogter, die slimme kind wat  agtergekom het mens kan soms slimmigheid misbruik en haar moeder grys hare besorg.

Nooit ooit skryf sy dit toe aan haar mollige oorgewig of haar verkeerde eetgewoontes of haar ‘erfsondes’ nie-  haar Ma vroeg oorlede na beroerte aanval, tenspyte van die moetie rate van daggatee wat sy moes drink met die mond wat so skeefgetrek het.. stomme vrou.

Anna besoek haar kliniek maandeliks vir haar ‘treatment’.  Na haar besoek vra Madoepie altyd wat is die bloeddruk lesing en of alles reg is veral nadat ons agtergekom het as Anna nie ernstig aangespreek word oor dieet nie, sal sy ook ‘gaan’ bywyse van Anna se spreektaal, met vingerwysend ten Hemele.

Gisteroggend 5vm staan sy in die donker nag al voor die Kliniek se hek, saam met menige suster in verdrukking. Darem vyfde van voor.

“Ons staan , ons staan tot 8 uur. Dan maak hul die hekke oop. Dan begin hulle bid.”

Wie Anna? wie bid? Bid julle?

“Nee, die Susters. Nou moet Madoepie weet hulle is 8 . Elke een kry chance. Hul bid en bid en kry nie klaar nie.”

Anna, as hulle bid,  bid hul vir julle?

“Partykeer bid hul vir die mense wat dood van aids, party susters bid vir die goverment..Zuma wat nonsens maak, partykeer hul bid vir die baie siek mense vir die mense wat honger kry..alles daai,  hulle report by die Here! hulle vra mooi dat hul mooi met die mense moet werk maar Madoepie as hulle klaar gebid is en hul moet werk dan is hul sommer klaar vies,  daai bid werk niks. Al daai 8 susters bid ..ek is so moeg vir daai storiekies”

Siestog Anna, dan kry jul jul pilletjies?

“Neee!, dan is dit 10 uur, dan hul leer ons . Hul vertel ons oor TB oor , sweet by die nag. Oor Cancer se signs, oor highblood oor suiker ..alles daai .”

Dan is dit pilletjies?

“Nee, dan jy staan-  hul kyk jou nommer hulle soek soek soek tot hul jou file kry , dan jy staan weer ander plek in ry met file  en dan een kom sy steek naald vir suiker., dan jy wag weer by ander ry ..dan vat ander een bloeddruk. Dan as hy hoog is hul raas met jou, hul raas hul dink nie daai raas maak bloed hoog van kwaad nie!”

Ai Anna.  Is hulle darem tevrede?

“Myne is mooi Madoepie baie mooi, niks raas gekry, maar hul weet nie ek drink moetie ook nie, anders hul gaan raas. “

Vadertog hoop maar dit is nie canabis verwante moetie nie…

Advertisements

13 comments on “Anna Moabi

  1. HesterLeyNel
    April 6, 2016

    Haha, dis nou ‘n lekker skrywe. Hier by ons Port Shepstone hospitaal sing en bid die verpleegpersoneel ook so vroegoggend, so vir 20 minute. Ek gaan altyd reg voor sit in OPD sodat ek mooi kan luister. Ons was vanoggend die hele oggend daar (want my man het mos ‘n knie, jy weet) en het nou net na twee-uur by die huis gekom. Solank hy daar sit, laat ek motor was, doen inkopies, gaan bank toe, ry soms verder langs die see af om te sien hoe lyk die wêreld doeikant toe; dan word hospitaaldag sommer ‘n lekker uitstappie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 7, 2016

      Hoe gaan dit met die knie storie, is die ander vervanging ook al gedoen?

      Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        April 7, 2016

        Nee, die lys van mense wat wag is lank. Die een dokter sê Mei, maar die ander sê dit gaan nog lank vat. Nou wag ons maar weer.

        Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai
    April 6, 2016

    Hier by ons doen hulle wonderlike werk! ‘n Vriendin neem haar oom en tante elke maand en behalwe die nodige pille kry hulle die hele maand se bilkke Enzure(Sp?) Al wat sleg is is die wag maar hulle sit darem

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 7, 2016

      Jitte , dit is beslis ‘n kliniek wat se fondse beter is, hier ontvang hul nie eens genoegsaam pille nie, moet soms 2 keer per maand weer tablette kry.

      Liked by 1 person

  3. Tannie Frannie
    April 6, 2016

    Hm, klink my ek moet die daggamoetie probeer wanneer ek weer in ‘n verdankste tou moet gaan wag!

    Liked by 1 person

  4. Orange Blue
    April 6, 2016

    Anna is reg daai moeti doen wondere, mens moet dit net nie verkondig nie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 7, 2016

      Daar waar kankerstorie se doukumente geteken word, noem hul geen natuurlike metodes word deur hul aanbeveel. Ek dink sekere medikasie het deesdae soveel negatiewe reaksies al help dit vir dit en doerie..dat so sopie tee dalk jou wa net-net ‘n hupstoot deur die drif kan gee.

      Like

  5. perdebytjie
    April 6, 2016

    Ek het gereeld elke maand saam met my tuinier AIDS -kliniek toe gegaan en wou soms daar inspring en die mense wakker klap.Hulle staan en klets en verdwyn vir lang rukke en die arme pasiënte moet sit en wag en wag.Soms dink ek dis ‘n kwessie van mag uitoefen en in beheer wees van mense.
    Nietemin,pragtig geskryf,Dirkie!

    Liked by 1 person

  6. ddupl3ss1s
    April 7, 2016

    Sy is in ‘n stadium met enkel verstuiting knaend vertel die gips moet aanbly.. naderhand vertel sy haar klein merrimpie is een van voete sy wil net graag xrays vir haar gaan wys… drama in die pophuis ..toe loop sy met gips omdat xstrale weg is en hul nie weer laat neem .. jong ek wil soms blouapiestuipe kry oor swak behandeling en hul menswaardigheid word afgetakel.

    Like

  7. scrapydo2.wordpress.com
    April 7, 2016

    Dit is maar n gedoente die waggery en dan die “min” medikasie. Gelukkig is daar darem n geleentheid om te kan gaan al het mens die hele dag nodig.

    Like

  8. Kameel
    April 25, 2016

    Dit is seker nie vir Anna so snaaks nie, maar haar ellendes maak vir lekker lees :)

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on April 6, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 19,085 hits
%d bloggers like this: