Woorde

Blik

Wanneer jy nou moet blog dan soek jy ‘n onderwerp.

Ek hoef nie te blog nie.

Ek moet.  Oor die moet sal ek nou nie blog nie.

Ek hou van blikke. Veral klein afgeleefde baie gebruiktes wat vir my van sentimentele waarde is. Die man in die huis noem dit stofopgaarders. Ek vermoed die liefde vir ‘n hol dingetjie kom van oorle Ma af. Ewig vertel ‘dit is handige houertjie..bêre dit my Kind, vir die wis en onwis.’

Ons( die twee oudes van die Hoekhuis) hou van peppermentjies , ons suig in die kerk daaraan. Pepperment papiertjies kraak met die suutjies oopskeur en moontlike wegvlieg van peppermentjie oor kerkvloer .  Daarom gebruik ons ‘n blikkie.

blikkie nood 1

Knip maklik oop. Klein wit suigpeppermentjies toegevou in witpapier. Vreeslik mooi vir my.

“Die blikkie is handig my liewe Ma.

Lekker hol dingetjie.

Ons gooi soms blinkgeldjie binne-in vir  karwagte. Nou nie heeltemal ‘n spaarbussie nie. Ma het nie karwagte geken nie, nietemin parkeermeters bestaan ook  nie meer nie en Ma,  doerie jare toe   ons  by Potchefstroom se Stadsaal by  die ruskamers ‘n  draai  wou loop, het ons pennie in die gleufie van die deur ingegooi. Ek  glo ook nie  dit bestaan  meer nie.  ” ek moes net vir Ma vertel.

Nietemin .. ons blikkies voorraad groei aan. Dit is nie net ek wat dit nie oor my hart kan kry om die leë blikkies weg te gooi nie. Deesdae word dit gebruik vir ‘n Noodhulpkissie.

blikkie noodhulp

Die man en sy ongenooide kwaal (die kwaal , nou nie die man nie)  moet soms ‘n pilletjie drink.

Die strale – en dit het boggerol met sonstrale te doene -die goed het newe effekte.

As jy stad toe of kinders toe  dan sorg jy dat die noodhulpkissie ingepak is.

Hy het dit self netjies ingepak, in volgorde van moontlike aanvraag.

Al troos vir my ,  die pyn pille lê heel onder..

Advertisements

27 comments on “Blik

  1. scrapydo2.wordpress.com
    April 27, 2016

    Ag dis te pragtig! Sal self beslis nou daardie blikkies kan gebruik. Dit neem nie baie plek in nie en is net groot genoeg vir daardie pilletjies en noodgevalle. Dis so lekker om iets van die vrou op die hoek in haar kmerjas en haar geliefde te hoor. (Ek weet jy FB baie, ek is nie n FB mens nie! Blog is vir my lekkerder)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 27, 2016

      Woolies het ook mooi peppermentjie blikkie.. werk so met skuifie, jou duim het bo-op so holtetjie, druk en skuif dan is dit oop, ek druk eendag toe die stomme blik so vas , sal met skroewedraaaier moet oopsper om peppermente uit te haal. Dankie vir die saamlees. Dit gaan eintlik goed hier, net stram van woord.

      Like

  2. coetzee2014
    April 27, 2016

    Goed dat jy weer skryf. Ja, daardie strale, wat geen sonstrale is nie………!

    Liked by 1 person

  3. Toortsie
    April 27, 2016

    Julle moet nou nie dat mense julle hoor kou in die kerk nie, gehoor!

    Like

    • ddupl3ss1s
      April 27, 2016

      ons suig en die mentjie smelt so geurig op die palet. Eintlik is daardie sterk, jaag sommer ‘n kuggie ook weg.

      Liked by 1 person

  4. Tannie Frannie
    April 27, 2016

    In ‘n blik gedruk om te blog – ons wat hier lees, is so bly om van jou en julle te hoor.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 27, 2016

      A en kyk nou hoe slim ..die uitdrukking. Ek is altyd bly as jy saamlees, ek waardeer dit baie.

      Liked by 1 person

  5. HesterLeyNel
    April 27, 2016

    Lekker om jou blogstem weer te hoor, al gesels ons ook saam op fb. My pa het altyd pepermentjies in sy sak gehad spesifiek vir die kerk. Hy het daardie rolletjie XXX’s gekoop. Ek onthou hoe het hy in sy Swartlandse brei altyd gepraat van sy Extrga Strgongs! Mag julle binnekort weer die vreugde hê van egte, regte sonstrale wat die liggaam en siel aanraak. Exstrga strgong grgoete.

    Like

    • ddupl3ss1s
      April 27, 2016

      Oe daardie mentjies ken ek , my vriendin het dit altyd in haar handsak gehad.. as sy kom kuier het het sy rolletjie uitgehaal enetjie vir my aangebied..altyd dieselfde ritueel, ai verlang ek nou na haar. Dit proe nie meer soos destyds en dit het so poeiertjie op jou vingers afgegee, my skoonpa het altyd syne so middeldeur gedruk.Dit gaan relatief goed bestraling se newe effekte tenspyt. Dankie vir mooi wense.

      Liked by 1 person

  6. perdebytjie
    April 27, 2016

    Dis die mooiste blikkies….dit dien ook as troostertjies om iets mooi met jou saam te dra,al is dit vol pille.

    Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    April 27, 2016

    Ek ken ook die suiggoedjies in die kerk. Dis lekker as jy blog.

    Liked by 2 people

  8. Lewies Mymer
    April 28, 2016

    Is maar moeilik om iets weg te mooi wat dalk, miskien, wie weet, eendag gebruik kan word! Hoop julle noodhulp blikkie word al kleiner.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 29, 2016

      Sal Peppementjie se plekkie ook moet ooplaat.. droë mond, weet nou nie of jy al bestraling en sy trawante belewe het nie.. verstommend die uitwerking van bestraling oor buik ‘n effek het op mond.. droog en soms seertjies..

      Like

      • Lewies Mymer
        April 29, 2016

        Genadiglik is ek onbekend met die nagevolge van bestraling. Julle is elke dag in my gedagtes.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        April 29, 2016

        Baie dankie Lewies, ek kom agter ons raak al mak vir die woord Kanker, snaaks hoe dit mens aan die begin hol op die maag laat voel het… Ons bly steeds dankbaar dit gaan eintlik goed met hom en ons almal..

        Like

  9. ekmyselff
    April 29, 2016

    Ek hou ook van blikkies, botteltjies en oulike houertjies. Ek hou van die woord “hol dingetjie”
    Sterkte met die man

    Liked by 2 people

  10. Kameel
    Mei 9, 2016

    Bly om te hoor daar is nog iemand wat nie ‘n hol dinge veral ‘n blikkie kan weggooi nie. Ook bly om te hoor daar is nog twee wat lekkergoed in die kerk suig. Het ook uit blikkies suiggoed gehaal…. toe eendag in kerk gee ‘n vrou vir my ‘n Fisherman (spelling) sterk, en kragtig… nou suig ons dit, en dit los sommer die probleem op van blikkies wat ek nie wil weggooi nie. Sterkte daar vir julle!!!

    Liked by 1 person

  11. amipatat
    Mei 14, 2016

    Ek is ook ‘n totale opgaarder van blikkies- het die mooiste mooi blik vol knope

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 15, 2016

      Oe dit is kosbaarder as kosbaar, ek wat ewig knope op my facebook plak is gaande oor knope.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on April 27, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: