Woorde

Ouma Anna Moabi

Anna Moabi se  Petrus , die slim kind,  het  9 maande gelede sy vriendin voortydig swanger gemaak.   Daar was groot verontwaardiging onder die gesinslede veral vanaf  die dogter se Ma en Pa .  Status was ook ter sprake, stomme Anna het mos die dr (die Oupa) se vrou in hul woordewisseling sommer giftige woorde toegesnou.

Die aspirasie van hul dogter wat eendag Ingenieur moet word, so half in die wiele gery en die status van groot Troue en Lobola  , alles sommer so tjoef tjaf  in die toekoms verskuif .  Stomme mens- Lebonang,  het klas geloop totdat sy ook nie meer kon met opgepofde voete en oorgroot lyfie nie.  Hul wou haar kindjie se grootmaak  sommer so suutjies suutjies na Ouma Anna verskuif , tot sy haar pofgeswelde voete neersit en vuurwarm vir albei ouer pare vertel, “my kind is nie voëltjie of hondjie wat weggegee word nie! ”

Daar het vrede neergedaal en status is aan jonge Petrus gegee.. die sonar het 2 klein mensies gewys.  Toe is daar opskudding en groot vreugde.  Tweeling groot seën.

Die tweede Mei is die tweeling met keiser prosedure verwelkom.  Petrus, moes bystaan. Volgens Anna het hy te vertelle ‘ nooit ooit weer nie!” ‘groot geskrik Ma Doepie!! Groot geskrik.’   Die Pa moes ook glo bystaan.   Hmm, Ma Doepie hoop maar die skrik was grootgenoeg..

Vanoggend kom Anna blinkoog hier ingestap, haar heupe swaai so ekstra ritme. Sy vertel en die vreugde van net ‘n Ouma kan so oorweldigend wees.

” Au Ma Doepie hulle is so verbitlik klein ..maar die groot hare. ”  en sy wys met haar hande van kleinste babas, wat baksteengrootte kan wees tot vreeslike bos hare wat hul maklik kan verdwerg.

‘Ag Anna’ , ek

“Ek het net gekyk by die glasievenster, en die ander Ouma en Oupa ons almal so bly en ons het hieliehielie… die nurse hy sê ons raas”  Vrede is bewaar ..klasseverskil of de not.

Nou ja, welkom Victor en Victoria Mokoena, mag jul lewe geseënd wees, as jul nou geneties aard na jul ouers en die Oumas en Oupas behoort jul slim sielietjies te wees.

Ouma Anna wag dat julle 2 uit die hospitaal ontslaan word. Daardie dag gaan 2 lewendige skape by haar huis afgelewer word , hul word daar geslag.   Groot kan bier gaan gebrou word net die ou manne in die omgewing wat Oupas is mag drink ( gmf ek wil dit nog sien) . Almal gaan fees vier. Die geloof gaan by Ouma Anna se huis gemaak word.

Julle tweetjies , se ‘baie hare’ gaan deur Ouma Anna met skeermes afgeskeer word, net klossie op die kroontjie word oorgelaat , klein kraletjies gaan daarin gevleg word. Julle Ouma het klaar paar pakkies krale by die Moetiewinkel gekoop, en geryg. Jul gaan krale om jul nekkies en gewriggies  ennn om jul magies en enkels,  kry – deur Ouma Anna op die groot dag self aangesit.  Daarna word jul glo met Vaseline ingesmeer  volgens jul Ouma – met haar eie hande… O en ek moet julle twee vertel , sodra jul naelstring soos droë pruimedante afval, daardie dag word daardie biltongtjies in gaatjie in  Ouma Anna se agterplaas plegtig  begrawe.

Ai Anna nou hoekom?

“Dis onse mense se galoef anders hul gaan nie mooi groei en gesond wees nie en nie mooi loop nie”

 

Nou ja dese Ouma Ma Doepie het vir kleine Victor en Victoria ..kombersies gestuur. Lankgelede het ‘n tee dame in my kantoor my altyd gelukgewens met ‘n  ” Gaan grys!” nou ja Anna mag jy ook hul grootword geniet en rustig grys gaan  en die vreugde ervaar van ‘n trotse Ouma.

 

Advertisements

16 comments on “Ouma Anna Moabi

  1. HesterLeyNel
    Mei 4, 2016

    Wat ‘n dierbare storie. Gaan Ouma Ma Doepie ook na die fees toe genooi word?

    Liked by 1 person

  2. perdebytjie
    Mei 4, 2016

    Ag dis ‘n pragtige verhaal en jy het dit so mooi geskryf!

    Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    Mei 4, 2016

    Dis spesiaal! Wens jy wil meer skryf Jy lees lekker

    Like

  4. Elizabeth
    Mei 7, 2016

    “Gaan grys!” Kostelik. So mooi vertel, dankie!

    Like

  5. Abrie Joubert
    Mei 8, 2016

    Wanneer ek ‘n blog soos hierdie een lees, besef ek dat daar nog ‘n ver pad is vir my om raak te ink soos wat hier raakverwoord word. Alhoewel ek 3 jaar terug begin blog het was dit hinke pinke. Met tye passievol en dan los ek dit weer vir meer as’n jaar. Nou dat ek doelbewus ander ander blogs ook lees inspireer dit my om meer gereeld te blog. In my mees onlangse skrywe (bloot ‘n lighartige tussenwerpsel blog), het ek gedink het aan jou man se diagnostics toe ek dit geskryf het. Sterkte vir julle.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 9, 2016

      Hierdie kommentaar is kosbaar. Baie dankie, jy maak dit vir my die moeite werd om te blog, soms wonder ek ook of iemand ooit hier lees en droogte is soms nie net ter aarde nie soms by my blogs ook.. Ek sien uit daarna om jou blog skrywes te lees . Ek skryf maar soos ek gesels. Dit bly ‘n genesende terapie vir my om te te skryf oor die Kanker stories. Baie dankie vir meelewing, word opreg waardeer.

      Liked by 1 person

      • Abrie Joubert
        Mei 9, 2016

        Ek ken gelowige en ongelowige mense wat kanker oorwin het en gelowige en ongelowige mense wat kanker nie oorwin het nie. Daarom probeer ek nie te wys klink nie as dit daarby kom. ‘n Baie goeie vriend van my is oorlede 7 jaar terug en 37 jaar jonk (ons kon mekaar se sinne klaarmaak). En ja vrienskap eindig nie by die dood nie -gedeelde herrineringe leef voort. Ek sal egter altyd positief bly oor die Hoop en moontlikheid van genesing. Sterkte vir julle.

        Liked by 1 person

  6. Daniël Bezuidenhout
    Mei 8, 2016

    Te mooi die ‘gaan grys’ gedeelte! Nuwe kewe moet ten alle koste gevier word. Hulle gaan immers nog groot vreugde verskaf. ‘Galouf’ of te nôt

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 9, 2016

      Ek sien uit na daardie grootword stories , oe haar groot vreugde dat die familie tot uit Hoopstad haar gelukwens ..het groot plesier verskaf( haar oorl. man se familie)

      Like

  7. Toortsie
    Mei 9, 2016

    Oumawees. :)

    Liked by 1 person

  8. ekmyselff
    Mei 10, 2016

    ‘n Trotse ouma!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 4, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,053 hits
%d bloggers like this: