Woorde

Victor en Victoria Mokoena

Gisteroggend 10 uur het die tweeling Mokoena’s  toe by Ouma Anna Moabi se huis ‘n erewag gekry .

Anna vertel vanoggend blinkoog ..”oe Ma Doepie ek’ s so moeg moeg! maar Ma Doepie sien haar oë blink van vreugde.

Ek en Petrus (die pa) het twee skape geslag  ( dan vryf  Anna so oor haar sykant.. uit my eie sak Ma Doepie..driedyzend rand ..auk!) Mag niemand bietjie help met koste nie?  Nee, Ma Doepie uit my eie sak ..ek is die ouma, verklaar sy trots .In groot potte gekook, met die groentekies binne.  Oe , lekker !  dan smak sy nes Anna kan met ‘n smakklap van die tong.

Toe dai Dr Oupa en sy vrou kom met die babietjies , toe het 15 vroue elkeen  met groot emmer  water gekom- op die kop , hy moet op die kop dra .  Ma Doepie hy moet so gedra word.. al die Oumas rondom my  huis se buurt ..

Oe, en hulle almal hielie hielie lielie ..oe so mooi mooi.. dit was so lekker tradition ! Die oumas gooi vir Petrus met die water ..so nat .. en skriew “Jy’s nou Pa , jy’s nou Pa!! dan  gooi hul hom nat.. oe dit was so lekker so lekker! (Ma Doepie dink toe oor hierdie koelseisoen en dit so waternat !!} Al die water Anna? ..Nee, ek het groot drom , al daardie water is daar in gegooi .. al die skottelgoed staan so hoog.. en sy wys hemelhoog.. moet met daai water gewas word. Klink vir my of hul dit as ‘n seënwens beskou.

Anna het met haar skeermessie die klein Mokoenatjies se groot hare afgeskeer.. net klossie op die agterkop oorgelos vir die kraletjies..  Het jou hande toe gebewe, Anna? Nout nie.. my hande het mooi stilgestaan. Ag ek is so bly Anna, nogal gewonder as daar nou so raaksnywondjie gebeur!!

Ag Anna waar is die kiekies?

Nee ons het mos gister nie krag gehad, ons selfone almal pap.. die mense brand mos weer en toitoi!

Ag Anna!

Anna, en die kraletjies.. “glukkig was so lekker warm buite, ons het buite gesit  ek het gaskeer en die kraletjies aangesit en oe dai bybies hulle skriew… en dan hielielielie almal (Ma Doepie kry toe die stomme babas bitter jammer..angs so voortydig die  klomp luidrugtige vrolike vrouens!!)

Petrus het mannetjie gekry met dai video ..ons gaan cd maak vir hul eendag wys..  (Hoop ek kry ook die cd te siene)

Alles was so mooi . Alles was so lekker.. Ma Doepie dai grênd vrou en haar man die dokter, oe hulle het lekker gejive en ons het saam so bly gewees en hulle het lekker ook my kos ge-eet. (Sterretjie vir die Ouma en Oupa – duidelik is al die onmin iets van die verlede.)

Oe daar was troppe mense.. van Hoopstad af en Bloemfontein en Sebokeng en  my boeties en hul vrouens. Anna en daardie broer van jou wat so graag drink het hy van jou bier gedrink.. en volgens Anna ” Nout nie!, hy is nie oupa nie!”

Ek het opgeskep, ma Doepie die middag se kos en weer vir die aand se kos… oe so baja vleis! Was so baie lekker ..met threekyjee mieliepap.

Die jongelinge moes volgens tradisie by Ouma Anna oornag.

Oe Ma Doepie dis snaakse kjinders daai.. hul soek net lig , dan is hul doodstil by die nag. as ons die kers fuut dan hul skrou!! Die krag is mos  af, hul brand en toitoi mos.. en hul is so snaaks. Hoe nou snaaks Anna ? Nee as ene pie, jy kan kyk ander een ook gepie..as een poefies jy kan kyk anner een het klaar gemaak.

Anna wat sê Poenkie(die dogter des huises van Anna)

Oe Ma Doepie jy kan nie glo nie.. sys so jellis, as ek hul vashou en aandag gee..dan staan sy styf by my  en sê “ek is jou bybie, my Maa!”  Ek kannie glo nie!!

Ag Ma Doepie hulle is so pragtag pragtag, en Ma Doepie kry sommer trane in haar oë die teder woorde van ‘n Trotse Ouma.

 

 

 

18 comments on “Victor en Victoria Mokoena

  1. HesterLeyNel
    Mei 13, 2016

    Aandoenlik

    Like

  2. ekmyselff
    Mei 13, 2016

    Sjoe hulle het omtrent n fees gehad – mens kan hoor sy is sommer baie trots!

    Like

  3. Vlindersag
    Mei 13, 2016

    Ag, dis so wonderlik om te lees en ek is baie bly dat dinge tog goed uitgedraai het met die “skoonmense” saam! Wat ‘n wonderlike storie van hoop.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 13, 2016

      Ek is bly hul het geskille uitgepraat, dit is ongelukkig vir haar groot storie die klasse verskil.

      Like

  4. “teder woorde van ‘n Trotse Ouma.” Dis so mooi gestel. Die tradisies van hul is besonders soos wat ons sn ook is. Mens kom agter dat Anna n besonderse Ouma is(en natuurlik jy self ook)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 13, 2016

      Kyk ek is vreeslik nuuskierig oor die klein babatjies. ‘n Sterk Mamma Lebohang om tot op die laaste met die swangerlyfie uit te hou. Dankie vir die saamlees.

      Liked by 2 people

  5. perdebytjie
    Mei 13, 2016

    So vreugdevol!Jy het dit pragtig verwoord,Doepie,soos net jy kan!

    Like

  6. Lewies Mymer
    Mei 13, 2016

    ‘n Ouma is ‘n ouma maak nie saak of jy wit of swart is nie.

    Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    Mei 13, 2016

    Ag jy skryf so lekker…

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 14, 2016

      Dankie Tina.. agterna gehoor die ou manne het met kieties so omhoog gedans, en gesing, vermoed seker seënwense uitgespreek. Die tweelinge in Anna se familie het 3 geslagte gelede gebeur , daardie stomme ma het elke swangerskap \n tweeling gehad// glo 8 tweeling pare!!

      Liked by 1 person

  8. Kameel
    Mei 17, 2016

    Laat my dink aan wat my ma altyd gesê het ons moet onthou net die velkleur verskil, hulle het harte soos ons. Trotse ouma!!!! Lekker gelees dankie.
    Ons was eenkeer as gesin by ons huishulp se “fees” toe haar seun eers tyd in die veld deurgebring het, en daarna huistoe gekom het as man. Liewe dit was voorwaar iets om te aanskou, en die tradisie wat daarmee saamgaan. Ons gesin was soos adelstand behandel. Aparte tafel in haar huis vir ons gedek, en soos konings bedien.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 18, 2016

      Julle is bevoorreg, ek het gevra of ek ook kan kom, ” nou;t nie!” is al antwoord .

      Liked by 1 person

      • Kameel
        Mei 18, 2016

        Ek het ‘n paar keer al gehoor mense sê ons was bevoorreg om dit te kon beleef. Een eienaardige ding toe hy van die veld af terugkom was dat hy glad nie met sy ma kon praat of eers oogkontak maak nie….dit was verbode. Daar was eers allerhande rituele en toe kom sy ma uit mooi aangetrek met ‘n krale’skaaf’wat oor haar kop tot amper op vloer hang… te pragtig. Sy het goed gesê en gedoen en daarna is hy as man in familie opgeneem. Ons kon natuurlik nie die taal verstaan nie. En daarna is daar feesgevier met kos vir Afrika soos jy beskryf het.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Mei 13, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 520 hits