Woorde

Bestraling dag 28

Die afgelope 28 dae het hy daagliks hier parkeer.

onkologie parkeringDit is nogal gerieflik by die ongerief. Die parkering wat spesiaal benoem word. Soms was ek saam . Ek kon nooit gewoond raak aan die soveelste gang waarlangs gestap en in afgedraai moet word nie. Hospitaalgange en deure verwar my ..voel soos soektog na regte legkaarstukke.

Vandag het ons tesame gestap en tesame gesit- tesame gesels . . en gewag

onkologie wag

Terwyl hul besig was om strale uit te straal het ek die klok die koffiestasie en die wagkamer so vir die ‘onthou jy nog?’ afgeneem.

onkologie klok

onkologie koffiestasieonkologie wagkamer

Ek hou van die koffiestasie se kas. Ek het vandag gesien die koffie/suiker en teehouers is benoem.. een of ander pynpille se advertensie- nogal gedink niks vir kanker nie, sommer hoofpynpille se name..

Die klok?

Ek het gewonder of ander Onkologie afdelings ook die gebruik het, die klok word gelui deur die pasiënt as die laaste bestralingsdag aanbreek.

Vandag het ons tesame die klok gelui. Hy omdat dit dit die laaste bestralingsdag vir die kolonkanker is en die uwe omdat sy so verskriklik dankbaar is  .  Miskien voel dit soos oorwinning, ek soek nog na regte woord vir die emosionele belewenis, die oomblik toe ons die klok se klank hoor klink het.

 

onkologie doepie.

Die personeel en al die wagtende pasiënte het tesame gejuig en handegeklap.

Vandag die 21 ste dag van Mei 2016.

Ek kon seker ‘n blog geskryf het oor die newe effekte, oor sy bleekheid oor sy tamheid oor pyn oor mede pasiënte wat saam sit en wag vir bestraling wat op die oog af flink begin en sleepvoet teen einde van siklus uitstap.. ek kon seker oor slaaploosheid of kommer geskryf het.

Ek verkies vandag net te noem –

Ek / ons twee tesame bly oneindig dankbaar dat ons die pad sover kon saamstap.

onkologie colage

Advertisements

33 comments on “Bestraling dag 28

  1. Lien
    Mei 21, 2016

    Ons is so dankbaar saam met julle!!! Glo dat die Liewe Vader se genesende hand al die goggas uitgewis het. Geniet julle naweek.
    Lovies

    Liked by 1 person

  2. HesterLeyNel
    Mei 21, 2016

    Ek is saam met julle bly dat die klok gelui het. Wat ‘n wonderlike idee dat die hospitaal dit beskikbaar gemaak het. Jou laaste sin som alles op. Alles van die heel beste en staan sterk.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 21, 2016

      Die volgende twee weke hopelik weer krag bymekaar maak vir chemo. Die klok is by konferensiekamer – ‘n pasiënt het dit begin lui uit vreugde en het toe algemene gebruik geword.Dankie vir jou wense.

      Liked by 1 person

  3. newsferret
    Mei 21, 2016

    Ag ek so bly om julle positiewe benadering te kon sien, dit is 90% van die stryd gewonne. Net voorspoed vorentoe.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 21, 2016

      Baie dankie News, vandag gehoor die bestraling se effek (newe effek) sal so 10 dae neem om uit te werk – oeg en dan begin die volgende chemo.

      Like

  4. coetzee2014
    Mei 21, 2016

    Dankbaar dat iets agter die rug is. In ons huis, op die plaas, was daar net so ´n klok, wat my ma gelui het, as die kos op die tafel was. Die 8 Coetzees, was gewoonlik oor die hele werf versprei. Sterkte!!!

    Liked by 1 person

  5. Elizabeth
    Mei 21, 2016

    So met die lees van jou blog-inskrywing, het ek ook talle herinnerings beleef. Al wat ek vir julle kan sê is “hou aan hoop en glo..” Sterkte. Baie bly vir julle part !

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 21, 2016

      Baie dankie Elizabeth, ek waardeer die positiewe boodskap, hoop dit gaan goed met jou .

      Like

  6. Toortsie
    Mei 21, 2016

    Hoe wonderlik ondersteun jy jou man. xx

    Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    Mei 21, 2016

    Ek het nie woorde nie … geniet die verposing. *drukkie* <3

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 22, 2016

      Die bestraling newe effekte neem 10 dae af te werk en dan begin chemo.. gaan maar erg met newe effekte op hierdie stadium.

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Mei 22, 2016

        Siestog en net sodra dit begin beter gaan, begin dit weer van voor af. Sterkte

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Mei 23, 2016

        Sê ons ook.. hy lyk vanoggend beter hele naweek meer bedrus gehad en siek siek …

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Mei 24, 2016

        *drukkie* <3 Nou sal hy net die beste sorg kry. Pas jouself mooi op – dit gaan niks help as jy nou ook siek word. Drink tog maar 'n slaappil Jy het krag nodig Sterkte

        Liked by 1 person

  8. Tannie Frannie
    Mei 21, 2016

    So bly om jou/julle weer hier te sien!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 22, 2016

      Min woorde , hy voel nogal erg siek afgelope 3 dae.

      Like

      • Tannie Frannie
        Mei 22, 2016

        Ag Dirkie, ek weet dat dit vir jou net so swaar is as vir hom – indien nie swaarder nie! Dink aan julle.

        Liked by 1 person

  9. Dankbaar en bly saam met julle. So mooi daardie beskrywing van wagkamer, klok en laaste saam lui.

    Liked by 1 person

  10. Abrie Joubert
    Mei 22, 2016

    Dit is wonderlik. Ge Korsten (lanklaas aan hom gedink) sing ‘n lied wat gaan oor ‘n klok wat 3 maal lui. Met opwinding die eerste 2 keer (geboorte en huwelik) en somber die derde keer – die dood. Ek is bly dat julle ekstra klokke in jou man se verhaal het en dat nog ‘n oorwinningsklok sal lui

    Liked by 1 person

  11. Lewies Mymer
    Mei 22, 2016

    Saam met julle dankbaar dat hierdie gedeelte van die pad afgele is.

    Liked by 1 person

  12. lidiatheron
    Mei 22, 2016

    Jy skryf so mooi oor ‘n pad wat baie van ons dalk ook nog sal moet loop, hoe sal ons weet.
    Ek dink die klokidee is pragtig. Dit laat mens inderdaad dink aan die lied Three bells van Johnny Brown. Nana Mouscouri sing dit so pragtig. Dis moontlik die lied waarna Abrie Joubert verwys?
    Word ons lewens nie maar in elk geval deur klokke beheer nie? Dink maar aan die skoolklokke van ons kinderdae. Horlosies is mos ook maar klokke.
    Dankie vir die deel. Ek hoop dit sal sommer maar net beter gaan.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 22, 2016

      Ek gaan beslis luister na Nana se vertolking. Die chemo behandeling begin weer 9 Junie, daar is almal so jollie en omdat dit heeldag se kuier is , lyk dit soos piekniek met elkeen se mandjies. Dankie vir saamlees.

      Like

  13. Net Ek
    Mei 23, 2016

    Ek is bly vir Oom Hoekhuis en vir jou dat die klok gelui is!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 23, 2016

      A jy is so dierbaar, die Tante van die Hoekhuis het hard gesluk , emosies wou oorloop soos miniskus.

      Liked by 1 person

  14. ekmyselff
    Mei 23, 2016

    Baie bly vir julle – hoop die vorentoe is goed en mooi.
    PS
    Ek hou ook baie van die kas.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 23, 2016

      Daardie kas word by BuildersWarehouse verkoop.. of dit by alle takke beskikbaar is ? Doepie vertel sommer vir my as hy die geel en rooi verf afkrap wat ek geverf het op die Dagkinders se kas sal dit dieselfde effek hê ..gmf , hy kan op hierdie stadium nie eens spykers inslaan nie. Hy ervaar erge ongerief met newe effekte , ons hou moed – iewers sal dit tog begin beter gaan.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 21, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 19,085 hits
%d bloggers like this: