Woorde

Saal G

Ek het al voorheen geblog oor saal H , as ek reg onthou was dit die ICU saal ..  vanaand terwyl  ek daar sit en na hom kyk,  toe dink ek ,ek hoop ek hoef  nooit ooit  weer ‘n  ander alfabetletter-saal as  ‘n kuierplek te  maak nie.

Hy is vandag gehospitaliseer.

Bleek  van pyn .

As hy bly raak oor ‘n rystoel as vervoermiddel, dan gaan dit regtig nie te lekker met hom nie.

Infeksie en pyn  is aftakelend. So help Bestraling vir die een kwaal en veroorsaak iets anders.

Ek  het nie eintlik verder woorde nie..ek probeer more weer.

Advertisements

28 comments on “Saal G

  1. Lien
    Mei 24, 2016

    Ag my liefste nig ek is so so jammer om te hoor. Glo en vertrou dit gaan vinnig opklaar. Baie sterkte vir julle lovies

    Liked by 1 person

  2. Tannie Frannie
    Mei 24, 2016

    Aggenee… Sterkte, liewe Dirkie!

    Liked by 1 person

  3. Jeanne
    Mei 24, 2016

    Liewe Dirkie

    Sterkte! Ek bid vir julle en hoop en vertrou dat die pyn en infeksie gou onder beheer sal wees.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 24, 2016

      Baie dankie Jeanne, ek is verlig dat hy hulp kry afgelope paar dae was moeilik

      Like

  4. rondomtaliedraai
    Mei 24, 2016

    Ek kan eintlik die nie like nie.

    Like

  5. Heila van der Merwe
    Mei 24, 2016

    Sterkte liefste Dirkie. Julle bly in ons gedagtes en gebede.

    Liked by 1 person

  6. Toortsie
    Mei 24, 2016

    Baie baie sterkte

    Liked by 1 person

  7. Abrie Joubert
    Mei 24, 2016

    Ek en my vrou het by ‘n vriend wat breinkanker gehad het se hospitaalkamer ingestap en voordat ons kon reageer stip in ons oe gekyk en gese: wees lief vir mekaar. Stekte vir julle.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 25, 2016

      Daardie Onkologiesaal se personeel is volgens my uuitsonderlike mense , gisteraand gesien hoe ‘n gesin onderskraging kry in hartseer oomblikke. dankie Abrie..liefde is kosbaar veral in so stadium, dit maak alles meer draaglik.

      Like

  8. shadowwhisper
    Mei 24, 2016

    My bede is met julle

    Like

  9. coetzee2014
    Mei 24, 2016

    Infeksie is ´n duiwel. Koors, kouekoors en die verligting om in die hospitaal te wees.

    Liked by 1 person

  10. HesterLeyNel
    Mei 25, 2016

    Dis ‘n moeilike pad. Sterkte vir julle twee en die kinders.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 25, 2016

      Dankie Hester, die infeksietelling nog baie hoog, maar hy lyk beter en pyn nie meer so erg , glo sal in hospitaal bly tot infeksie opgeklaar het.

      Liked by 1 person

  11. johannavr7
    Mei 25, 2016

    Die pad wat julle nou stap raak my so diep. Ek dra julle in my hart en gebede.

    Like

  12. Lewies Mymer
    Mei 25, 2016

    Slegte nuus, ek hoop dit gaan gou beter.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 25, 2016

      Bestraling oor buik het soms infeksie tot gevolg, die infeksietelling nog baie hoog, maar dit gaan beter.Dankie vir inloer Lewies

      Like

  13. ekmyselff
    Mei 26, 2016

    *drukkie* Sterkte!

    Liked by 1 person

  14. Kameel
    Mei 27, 2016

    Het nie trooswoorde nie Dirkie; julle stap deur ‘n donker vallei. Sterkte vir albei van julle.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 28, 2016

      Baie dankie Kameel , dit gaan elke dag beter.. die infeksietelling kom af en die witbloedsel telling klim darem treetjie vir treejie , nogmaals baie dankie vir jou gedagtes aan ons.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 24, 2016 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 19,085 hits
%d bloggers like this: