Woorde

Die Vrou van die Huis op die hoek

Elke oggend het sy aangestap gekom.  Die deure het voor haar oopgemaak. Sy’t half belangrik gevoel met die oopswiep van  die deure – al weet sy dit word  elektronies gedoen..

Teen die derde dag het die ontvangsdame haar begin ken, vrolik gegroet , belangstellend navraag gedoen. Sy’t gesien hoe die skrik in  die dame se  oë sigbaar raak nadat  die vrou haar vertel het  van die hoekom en die waarom sy nou al ‘n bekende raak.

Kafee toe, koerant is eers teen derde dag gekoop. Hy wou nie lees nie, hy wou nie weet van ander  ellende nie- hy wou nie TV kyk nie, al dra sy oorfone aan. Hy wou nie eet nie..Hy wou net asemhaal . Daaroor was sy bly . Die wil.

Trappies klim het by haar ritueel geraak. Elke trap was oorwinning – moontlike oorwinning, Die Portaal se  lig het haar altyd aan ‘n fees laat dink .

hospitaal portaal  Ganglangs gestap.

Gekonsentreer op liggaamshouding. Elke liewe oggend.

Sy stap . Skouers terug. Gesig ontspanne. Glimlag om haar mond. Sy’t gekyk na sonlig in die gang , die weerkaatsing, sy’t gedink aan tralies. Sy’t onthou  dit is  Lig  die vooruitsig van hoop.

hospitaal sonlig

Haar stem . Die groet . Die wedersydse vrae en antwoorde. Die kommer wat sy probeer wegsteek agter glimlag en blink oë.

hospitaal bed

Sy staan en kyk deur die venster , sy probeer haarself te oortuig, moenie teen mure  en dakplate vaskyk nie ..

hospitaal venster 1Kyk verder..

hospitaal venster 2

Daaglikse roetine.  Daarna die vreugde van opstaan die saamstap die gaan sit in tuin- tussen beton.

hospitaal sonsitter.

‘n Twaalf letterwoord –

Dankbaarheid.

‘n Ses letterwoord.

Genade.

 

Advertisements

28 comments on “Die Vrou van die Huis op die hoek

  1. Net Ek
    Mei 30, 2016

    Alles is net genade ja…

    Like

  2. perdebytjie
    Mei 30, 2016

    Ai Dirkie,hierdie is so besonders geskryf!Jy vang die atmosfeer van jou stryd so pragtig vas met min woorde.Jy het ‘n besondere skryftalent en jy is ‘n inspirasie vir ander in dieselfde bootjie!

    Liked by 3 people

  3. Tannie Frannie
    Mei 30, 2016

    ‘n Mens weet teoreties dat ‘n pasiënt se geliefdes ook baie swaar kry, maar hier het jy dit nou vir ons in die praktyk uitgespel, met jou raak woorde en treffende beelde – en dis hartverskeurend…

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 30, 2016

      Frannie, ek wonder wat het van my terugantwoord geword.. vlieg seker iewers in die kuberruim rond. Ai Frannie, ek moet eerlik wees, ons gesin het mekaar baie ondersteun, tot die Kleine Mia was effens ontwrig met Oupa wat dan nou nie saam kan speel nie. Ons is dankbaar hy is vandag ontslaan, nou moet ons net gestel sterker maak vir volgende week se chemo.

      Liked by 1 person

  4. shadowwhisper
    Mei 30, 2016

    Pragtig… mal oor die manier hoe jy die belangrike boodskap uit dra

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 30, 2016

      Ag jy laat my sommer op hierdie koue oggend goed voel.. die Man des Huises is by die huis. Lê toe oog op sy eie bed.. hy het die ‘remote control’ bed geniet , en al die aandag.. hy sê hy kan maklik floreer daarop!!

      Liked by 1 person

  5. HesterLeyNel
    Mei 30, 2016

    Ek is sonder woorde. Dalk is dit ook nie nodig nie, om te voel is genoeg.

    Like

  6. ekmyselff
    Mei 30, 2016

    *drukkie*
    Toggie, tog.
    Genade… onbeskryflik groot

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 30, 2016

      Afgelope week in daardie afdeling, so vreeslik siek mense en hartseer gesien, dan besef mens hoveel het mens om voor dankbaar te wees.

      Liked by 1 person

      • ekmyselff
        Mei 30, 2016

        Ek kan jou glo. Een ding wat geen geld kan koop… gesondheid

        Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    Mei 30, 2016

    Ai toggie. Bly ons is darem weer in die eie bed. Daar is darem nog ‘n paar dae waarin hy/en jy kan herstel vir die volgende skof.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 30, 2016

      Hul noem darem as hy nie te goed voel kan hy darem aanpassing maaak met chemo, ons hoop vir beste.

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Mei 31, 2016

        Dis goeie nuus. Die probleem is net sodra mens begin beter voel begin dit weer van voor af. Gelukkig sien mens dan uit na die einde wat darem aansienlik nader is as die eerste keer.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Junie 1, 2016

        Dit is waar , hierdie storie strek tot in Augustus maand met so tussen-in se rus.

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Junie 1, 2016

        Sterkte…

        Like

  8. Kameel
    Mei 31, 2016

    Bly om te hoor hy is by die huis. Sterkte daar!!!

    Like

  9. Kameel
    Mei 31, 2016

    Bly om te hoor hy is by die huis. Sterkte daar!!

    Like

  10. KleinKitti
    Junie 1, 2016

    Hoe roer hierdie skrywe van jou nou ‘n aar.

    Liked by 1 person

  11. Rob Alberts
    Junie 13, 2016

    Vol liefde geschreven, met aandacht gelezen.

    Vriendelijke groet,

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 13, 2016

      Baie dankie Rob, ek waardeer jou saamlees. Dit gaan baie beter met my man. Chemo behandeling is moontlik 20 ste Junie, ons steeds oneindig dankbaar vir elke dag se beterskap. Vriendelike Groete,

      Like

  12. ,Ek is nie n tranerige ou nie maar nou het jy so presies beskryf hoe dit voel dat ek sommer BAIE tranerig voel. Sterkte vir jou en almal betrokke. Dit is maar n opdraende pad, tog het jul darem mekaar. Ekstra drukkie van my en n lekker lek van Trompie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 30, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: