Woorde

Notas via my Facebook inskrywings , vir hierdie dag.

Die Man van die vrou van die Hoekhuis is by die huis. Hy’t laasnag in sy eie kooi geslaap. Die twee oudes het 12 uur wakker geword , hulle het gedog dit is al 5 uur.Tesame met 2 koffiebekers en Ouma beskuit( wat vir die oude vrou bitter sleg smaak- smaak verskil genadiglik) Hul gesels oor slaappatrone en drome droom.. Hy worstel knaend met tupperware bakke met goeters binne-in , ontleed die groottes en vergelykings word gemaak wat hom uitput -Hy was glo verstom met die wakkerword dat dit net hy en sy ou vrou in kooi is- die vrou droom nie. Nog nie. Sy beluister die storie en sê , sy het tot die somtotaal van 19 gekom ( al die syfers van die nag ) en vra o is dit julle twee (jy en jou drome) wat my Tupperware laat verdwyn, bring die goed tog net terug..asseblief.

Dirk Du Plessis

Blomme aan ieder en elk wat so baie aan die mense by die Hoekhuis gedink het. Die oomblik as jy gehospitaliseer word dan beteken woorde en boodskappe en besoeke en gebede soveel – dat dit nie in waarde omskep kan word nie. Ek het hierdie gekies, elkeen kan ‘n blommetjie kry .

Dirk Du Plessis's photo.

Verdra maar die uwe se Faceboek inskrywings.. Ons gesels weer.

17 comments on “Notas via my Facebook inskrywings , vir hierdie dag.

  1. ekmyselff
    Mei 31, 2016

    Jy skryf dit so oulik! Hoop julle slaap bietjie beter vanaand.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 31, 2016

      Baie dankie ekmyselff , ek waardeer die mooie kompliment. Ek het hom vertel as ons nie slaap nie, dan kuier ons maar met tee en TV !

      Liked by 1 person

  2. Jeanne
    Mei 31, 2016

    Wens ek kon ‘n baksel beskuit by jou afgooi. Sterkte, dink voortdurend aan julle.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 31, 2016

      Dierbaarheid, ons koop maar tuisnywerheid as ek nie Ouma beskuit kan eet nie. Baie dankie Jeanne.

      Like

  3. perdebytjie
    Mei 31, 2016

    Mooi geskryf!Ek is bly hy is by die huis.Julle gaan vanaand lekker slaap!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 31, 2016

      Dankie Perdebytjie ..eintlik was ek bietjie lui , net gespoeg en plak van my facebook blad af…Dankie vir die kuier hier by die stoep,

      Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai
    Mei 31, 2016

    Hoop julle slaat vannaand beter

    Liked by 1 person

  5. Abrie Joubert
    Mei 31, 2016

    Hy is nie dalk ook verantwoordelik vir my sokkies wat wegraak en deesdae ook die sweetbande (en ek natuurlik te laat soek met die gevolg dat sweet my oe brand tydens muurbal). Oe wat brand en mense wat wakker is, is mense wat LEWE.

    Julle 2 moet oppas daar is aan my as jong mens gese dit is nie saamslaap wat die probleem is nie – dit is saam wakkerbly!! Sterkte vir julle

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 1, 2016

      Hoekom dink ek was daar ‘n kleuterstorieboek oor die kouse wat weggeloop het ..die een van ‘n soort! Nasionale probleem ..tot in kleuterland.

      Like

  6. Toortsie
    Junie 1, 2016

    Jy skryf so eerlik, so diep menslik, ‘n mens kan nie anders as om saam met julle te voel nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 1, 2016

      Dankie Toortsie, ek waardeer jou woorde opreg. Soms het mens woorde wat hul lêplek vir ‘n blog kry en as ek nie notas in my geheue maak nie is dit woerts warts weg. Daar sal weer eendag ritme kom.

      Like

  7. Kameel
    Junie 5, 2016

    Ek vertrou dat by nou julle albei deurslaap…. en dat julle lekkerder beskuit het!!! Die woorde het sopas by my opgekom. “Jesus gee krag.”

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 6, 2016

      Ek wens ek kon vertel ons slaap deur! Ongelukkig nie..pyn is ‘n nare metgesel.

      Like

      • Kameel
        Junie 6, 2016

        So jammer om te hoor. (Drukkie)

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Mei 31, 2016 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 36 519 hits