Liewe Doepie
Ek loop al dae met woorde rond.
Sou so graag die regte woord op die regte oomblik wou sê, so gepas. Weemoed loop deesdae hand aan hand met my woorde..
Vreugde vir jou .
Mag ek wens vir ‘n gesonde Lewensjaar? Skielik het die wens so kosbaar geraak.
Mag jy weer jou hande gebruik , die het skielik swak geraak – die boor en skaaf en skuurder wag vir die oomblik wat jou hand oor sygladde houtoppervlak vee.
Mag jy vreugde vind met almal rondom jou.. van die kleinste vriendelike spoegter tot die woelkous se vrolike saamsing Heppiebifday!!
Lewe is kosbaar . Saamwees is kosbaar. Om jou geboortedag te herdenk kosbaarder.
Jy is vir ons kosbaar.
Liefde,
hartlik geluk Doep en net sterkte vir die jare vorentoe.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie en ook vir die ondersteuning sedert behandeling begin. Doep
LikeLike
Baie geluk Doepie hoop jy het ‘n wonderlike dag saam met al jou geliefdes.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie Lien en ook vir die ondersteuning wat ons van jou kry. Word opreg waardeer. Groete Doep.
LikeLike
Baie geluk Oom Hoekhuis, mag dit ‘n jaar vol seën wees!
LikeLiked by 1 person
Hy moet vandag Onkoloog toe, more begin chemo weer, sodra hy nou klaar gekuier het by dokter, gaan ek die blog wys en al die boodskappe.. baie dankie Net Ek.
LikeLiked by 1 person
Baie sterkte vir julle albei!
En sommer stywe drukke ook.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Oom Hoekhuis
LikeLiked by 1 person
Baie geluk en sterkte vir julle albei.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, heerlik om van jou te hoor… kuier heerlik met al jou staptoere se fotos op Fbook.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie .Doep
LikeLike
Jou boodskap sal vir hom kosbaar wees, Dirkie. Mag julle albei in die lewensjaar vorentoe net die beste uit die lewe en die liefde ontvang.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Hester..
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Doep
LikeLiked by 1 person
So kosbaar. Sterkte vir die tyd wat voorlê.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie en ook vir die ondersteuning sedert die behandeling begin het. Doep
LikeLike
Hier is ‘n groot vet druk vir jou!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Monica. Doep
LikeLike
Geseënde dag vir julle saam. Dit is n stadige lang pad nog steeds. Mooi loop jul twee!
LikeLike
Baie dankie en ook vir die ondersteuning wat ons van jou kry. Doep
LikeLike
Skies! Hierdie thumbs down was ‘n liederlike vingerglips!
LikeLiked by 1 person
Baie geluk en geniet die besondere dag saam!Baie sterkte vorentoe.💐🐝
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Perdebytjie. Doep
LikeLiked by 1 person
Baie geluk en sterkte vir julle. Dis ‘n mooi blog inskrywing.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Christins B. Doep
LikeLike
Veels geluk op hierdie heuglike dag! Julle skryf een van die mooiste liefdesverhale – elke dag…
LikeLike
Ai dit is nou die mooiste woorde , vreeslik opregte waardering van beide van ons. Dankie Frannie.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk! Sterkte vir die volgende sarsie.
(Pragtige inskrywing,)
LikeLike
Dankie Lewies. Die chemo is uitgestel, witbloedseltelling te laag, ons hoop op spontane herstel van telling. Baie dankie vir al die bemoediging, dit gee vir ons hele huisgesin moed om deur proses te gaan.
LikeLike
Sit ek in huil hier… ons het vandag ons tafelmaat begrawe. Die lewe is kort (die sterwe wins – sukkel maar mee vandag)
Baie geluk
LikeLiked by 1 person
Ag dit is hartseer , verlies is altyd swaar.
LikeLiked by 1 person
Weet jy vandag ek hier bly dink ek anders oor dood want dit was ons almal se laaste trek. Dis of dit so deel van die lewe word. Die oom het gaan stap soos sy gewoonte was – het inmekaargesak en is dood. Dis of die dood sy byt verloor.
LikeLiked by 1 person
Baie sterkte…en veels geluk. Elke dag is genade.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Elizabeth, dit is absoluut waar, nou raak mens elke dag meer bewus van genade. Gedagtes word gedeel ook met elkeen wat belewenis van Kanker ervaar.
LikeLiked by 1 person
Ek is bietjie laat, maar vertrou dat julle albei hand aan hand met Jesus krag sal ontvang, en dat dit ‘n jaar vol kosbare saamwees sal wees.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Kameel. Die geboortedag is deel van die hele jaar se belewenis
LikeLiked by 1 person