Woorde

Liewe Lilly du Plessis

Aangesien jy deesdae op geleende tyd leef, wil ek darem net ‘n briefie vir jou skryf.

lilly-17-jr

Katte en honde wat deur die Hoekhuis se oudes aangeskaf is, is lankal stof. Sedert hier kinders grootgeword het, het hul ewig diere ingesmokkel omgesoebat en soms twee vir R50 aangeskaf , onder die voorwendsel dit is vir Pa wat hou van Foxterriers. Nee nie een van die twee het sigbare eienskappe  van Foxterriers ge-erf wat op die Troeteldier winkel se papiertjie gestaan het nie…en Leo het jy geken..hy was versigtig vir jou .

Elk geval jy was die enigste een wat uit Rosemary(siameseKat) se werpsel oorleef het. Ek het ten duurste vir jou en al jou sussies  laat steriliseer. Vertel jy nou vir ‘n kat bly asseblief binne omheinings dan sal kat se kind daaroor spring..ewig oor die hoofpad opsoek na vryers.. ewig begrafnis agter in die Hoekhuis se tuin gehou..

As ek nou moet mooi dinge oor jou skryf – Jy’t oorleef, tussen die hele werpsel het jy nooit oor die heining gespring nie. Jy was ‘n goeie muisvanger. Jy was nooit ‘n spelerige kat nie beslis nie na jou Ma ge-aard nie. Jy het nooit ooit sommer op mens se skoot geklim nie, vreeslik privaat, jy kon mens met jou grootoë so kyk  stadig knippend – al het ons jou gehallou Lilly, en geselsies met jou gevoer.. altyd  aristokraties uit die  hoogte mens aangestaar..

Jy is 17 jaar oud. Ek het gegoogle omtrent in mense jare- 83 jaar oud.

Jy begin epilepsie aanvalle  kry.

Jy begin jou sig te verloor.. ek het gesien hoe stap jy rustig al teen die muur langs , nie meer in die middel van die gang nie. So asof jy onseker is van jou paadjie kamer toe. Kom jy by die oop deur, die skrik in jou ou lyf as jou snorbaard skielik die deur aanraak.. die vreeslike skrik as mens aan jou raak, ons wat jou paaiend moet gerusstel..dalk raak jou gehoor ook swak.

Jy kon altyd flink op die Kombuistoonbank spring, later het ons ‘n kombuisstoeltjie vir jou neergesit, nou moet ons jou optel tot by jou kosbakkie.. ons moet rustig wag tot jy klaar ge-eet het  en jou aftel. Jy kan nie meer die stoeltjie sien nie.. ou gewoontes van eet vanaf hoogte waar Buks nie jou bak pille kon deel nie

lilly-17-jr-2    Jy kan nie meer op die bed spring nie ( by die oudes se voete-end slaapplek). Jy klim so met naels grawend teen bedrand uit.. en vergeet om jou naels terug te trek en loop oor die oude vrou

Jy kan nog eet.

Jy het tande – jy eet met smaak krakend die  kattepille.

Maar

jy vergeet deesdae jy het ge-eet , vra sommer kort-kort weer vir kos.

Jou Kattelyf raak maer .

Jy glips gedurig, al neem ons jou buite toe..

 

Lilly , die Hoekhuis  se dierbare bejaarde Kat.. of ek jou veearts toe sal neem om jou uit ouderdomverwante ellendes te verlos? Nee jammer..

Terwyl jy nog gretig eet ..moet jy maar ganglangs jou rumatiekstappie stap . jy swiep jou stert as jy jou vererg vir Buks die brak.. dan is daar nog lewe.

Ek wou maar net vertel ..

Liefde vir jou .

 

 

Advertisements

25 comments on “Liewe Lilly du Plessis

  1. monicahaddad01
    September 12, 2016

    Staande ovasie!

    Like

  2. perdebytjie
    September 12, 2016

    Ag jinne,Doepie,jy het my nou in trane!Troeteldiere is soos mens se kinders.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 12, 2016

      Ek neem my voor dit is die laaste.. en nou begin Kinta met hoenertjie stories.. ai ai…

      Liked by 1 person

      • perdebytjie
        September 12, 2016

        Ekskuus ek sien ek het jou ge-Doepie in plaas van ge-Dirkie!😝😂

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        September 12, 2016

        Nee wat .. van Polisiebeampteswat saam met hom gewerk het, het altyd my aangespreek as Ma Doepie.. ek sien ek het op verkeerde blog jou geantwoord,, skoon vreemd vir my om 2 agtereenvolgende dae te blog !!

        Liked by 1 person

      • perdebytjie
        September 12, 2016

        Haha,dan is ons ewe verstrooi!😳😂

        Liked by 1 person

  3. scrapydo2.wordpress.com
    September 12, 2016

    Ek sien die oue se bewegings, sy het muur nodig om te voel of sy nog loop. Ek stem saam met jou om haar maar nog n kans te gee om nog te kan leef. Jul help haar dan en kyk mooi na haar, dis al wat sy vra. Mens is tog so lief vir die diere en hul gee so onvoorwaardelik alles wat hul het.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 12, 2016

      ..en sy spin so heerlik uit haar maer ribbekas, dankbaar vir elke vertroeteling.

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        September 13, 2016

        Ag dis darem te dierbaar. Mens kan haar sommer vir altyd vashou as sy so gelukkig is!

        Like

  4. Net Ek
    September 12, 2016

    Ag sal ek nou sommer huil oor haar.

    Toemaar, ek is net so baie lief vir my katte. Ai dis moeilik.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 12, 2016

      Ek is so bang sy probeer iewers opspring en val.. ouderdom by diere is hartseer.

      Liked by 1 person

      • Net Ek
        September 12, 2016

        En dis so hartseer want hulle is so lank deel van mens se lewe.

        Ek het net gesê na die diere soek ek niks weer nie. Famous last words.

        Like

  5. Spokie sny spoor
    September 12, 2016

    Ai – hartseer, maar mooi geskryf.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 12, 2016

      Dankie Spokie, vir my bitter die gedagte om haar aan die slaap te laat maak.

      Like

  6. Lewies Mymer
    September 12, 2016

    Daai laaste besoek aan die veearts, die terugkom by die huis met ‘n lee mandjie. Myself ook voorgeneem nooit weer ‘n troeteldier nie, en nou het ons weer twee honde (hulle het saamgekom van Klerksdorp afd)

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      September 12, 2016

      Dit is hoekom ek so dankbaar is , Lilly kou nog pille krakend.. al moet ons bakkie voor haar neus hou ..

      Like

  7. HesterLeyNel
    September 12, 2016

    Og ek ken hierdie hartseer. Ons ou Ollie was ‘n volle 18 jaar oud en toe sy opgehou het met eet, het ek haar veearts toe geneem. Sy het ook altyd op die kas haar kos gekry (om Genis uit haar bak te hou) en my man het na homself begin verwys as “Otis” – die kat se hysbak. Dis lank gelede en daar is ‘n leemte wat nie gevul kan word nie. Sterkte.

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      September 12, 2016

      Oulike naam die hysbak een.. dit is die langste wat ons nog ‘n troetelkat gehad het.. so saam gepensioneerd. Nee o aarde dit bly moeilike besluit – die aan die slaap maak.

      Liked by 1 person

  8. rondomtaliedraai
    September 12, 2016

    Ai nee dis darem so hartseer. Ek het na die laaste keer besluit nooit weer nie

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 12, 2016

      Mag jul troeteldiere aanhou?

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        September 13, 2016

        Nee net as jy jou eie tuiintjie het en dit is toegemaak! Dis egter beter so want as die mens later sieklik word moet die personeel na die die dier omsien.

        Liked by 1 person

  9. Tannie Frannie
    September 12, 2016

    Ai, Dirkie, jy skryf darem die mooiste briewe! Ek is nou skoon bewoë – verlang na my Skoonlief en dink aan ou Knersus (18 jaar) wat ook so grawend teen die bed uitklim en saans senielerig op die trap sit en miaau…

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 12, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,038 hits
%d bloggers like this: