Woorde

Die besoek van die Man met die breë Middelpaadjie..

Ek hou van die man..ek geniet sy geselsies -ek geniet sy manier van praat – die onderwerpe wat  wissel van Polisie goeters tot met  die uitloop buitentoe in  die aansien van  ‘n struik en sy desperate poging om Teabush aan die lewe te probeer hou…

Gister kom kuier hy vir die man des huises.

Vanaf die Hek tot by die voordeur het hy al drie onderwerpe aangespreek..vrolik .Hand  vryf oor sy blink breë middelpaadjie.

Hy wissel so vinnig onderwerpe, ek sit daar en dink Vaderland hy is is seker stokflou na ‘n dag se gesels, hy doen dit met mening en passie.

Hy hou van ou meubels..net nie”Postoasties meubels nie” sy woord vir saamgeperste hout, hy raak elke keer in vervoering oor my erf Huisorrel, syne lê nog bo in hul huis se plafon uitmekaargehaal om af te skuur. Die ellende as hy stop by sommer so ou genade winkeltjie en hy sien die eetkamertafel vir 6 stoele  en hy kon net 5 kry en verduidelik vir jou die houtsneewerk dat jy die houtreuk kan kry so in detail.. “ag ag en daar is ek weer daarmee heen en ek koop die tafel..met die messe laatjie en die ekstra verlenging ..en die vrou soek vir my ‘n nog ‘n stoel ..lyk nes my Ma-hulle se tafel en ek weet die ander kinders gaan veg oor haar tafel nou het ek liewers vir my een gekry ” en Geliefde vertel hom van Antique Wax en gaan haal die blikkie want die Woodoc-naam is  so tussen houtskaafsel vergete en maak die blikkie oop en ruik en snuif aan die politoer in vervoering..

Toe..

“O ja, Kolonel hoe gaan dit nou met jou ? Ek het vir M belowe ek sal uitvind en sommer bietjie kom kuier ” en dan word daar oor Hospitale en nare ervarings gesels..dêm vrolik. Ek beluister die twee en dink dit klink skoon lekker om gehospitaliseer te word.. en die kuiergas vertel met die aanhoor van die ophou rokery van toe hy nog Camel gerook het, die amok in die hospitaal die rookwolke in sy kamer. Dan onthou ek die dae van Geliefde se Gunston hoesie…Hopelik begeester hul nie mekaar om weer te rook nie.

Hy vertel oor sy kwale  ..” ek het na dr so-en-so gegaan en doef daar opereer hul toe ” Doef! Hul gesels land en sand oor sy niere en operasie dat jy naderhand voel jy staan langs die dokter by operasie tafel.. sommer so terwyl hul nou pypies vervang gesels hy sommer so terloops van ander Polisiebeampte en die se rug en die ellende en ander se hartseer met die sterfte van ‘n Oudlid.

Hy drink koffie, in paaiemente.. so tussendeur die gesels kyk hy vinnig op sy horlosie vryf oor die breë middelpaadjie en vertel hy moet nou darem huistoe en so verlaas bespiegel die twee oor die Springbokspan wat hul beide weer aan die rook sal kry ..of so nagedagtetjie of aan’t drinke.. Die Kuiergas wat dink hul moet regtig oorweeg om nuwe span saam te stel..wat die land kan verteenwoordig byname “Boerbok span ” so met die lekkerlag, verduidelik hy waar sy huis is en kla oor die 6 Teabushes wat nie meer is nie.. en hy eindig altyd sy kuier  met

“Moenie nou alles glo wat ek jul vertel het nie!”

 

Advertisements

7 comments on “Die besoek van die Man met die breë Middelpaadjie..

  1. HesterLeyNel
    September 14, 2016

    Sout van die aarde, hierdie mense wat soos ‘n vars briesie deur jou huis en jou lewe waai.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 14, 2016

      Vir hom vertel minstens het hy baie werk oor twee jaar met aftrede, al die houtmeubels se afskuur .

      Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        September 14, 2016

        Ja, dis baie werk, maar om met egte hout te werk, is ‘n liefdestaak. My pa het sulke mooi houtwerk gedoen en nou nog, as ek die geur van vars geskaafde hout kry, dink ek onmiddellik aan hom.

        Liked by 1 person

  2. perdebytjie
    September 14, 2016

    Klink na ‘n vrolike positiewe mens!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 14, 2016

      Ek het sy ma geken, dierbare saggeaarde wonderlike onderwyseres en sy pa sendingpredikant.. hul gesin het ook maar hartseer beleef, wonderlik die positiwiteit.

      Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    September 14, 2016

    Ag sulke kuiermense is altyd welkom

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 14, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: