As jy sekere ouderdom betreë (my Ma se lieflingswoord) dan woon jy meer begrafnisse by.
Ek sit tesame met ‘n leërskare mense vanmiddag 12 uur in die kerk. Die orrelis speel met soveel jubeling die voorspel..seker om tog die oorledene se lewe te vier. Ek kyk na die ligkandelaar.. ..probeer so kop agteroor die ligskerms te tel , was dit ongelyke getal ? Die pyporrel – mooi geplaas bo preekstoel.
Ons sit in selfde bank as paar weke gelede. Toe het hy nog agter ons gesit , die man wat almal kom groet. Ek sien die Bybel raak..dit behoort aan kerk – kerkkantoor-eiendom-stempel voor in.. en gehekelde kruis boekmerk. Vandag gedink niemand het sedert ek laas hier was die Bybel of boekmerk hanteer nie, altans vorige keer het ek dit so geplaas dat mens die fyn skulp kruisie kon sien daar waar gelees is, steeds sigbaar by leesgedeelte soos my hand dit aangeraak het. Gedink aan my skoonma, sy’t net so een gehad..self gehekel..die skulpies afgetel soveel tot by die plek waar die dwarsskulpie vir dwarshout gemaak moet word.
Waaraan dink jy as jy moet wag vir die uur?
Lewe of dood ? Die weduwee? Haar kinders? Die dogter wat haar ma getrooskoester het teen haar bors, rolle omgeruil.. Die een wat agter jou fluister tot in haar dowe oor ..oor die man wat jonk is, 20 jaar jonger as hy met medaljes ingeryg om dienslewering van jare te verteenwoordig..die sug hoorbaar ..’ja so is die lewe nê..”
Mistroostige Augustus winde op hierdie September dag, die Hemelruim grys swaar draend aan stof en hartseer.
As die deur van jou huis toegaan en jy skielik een word na lang pad van twee saam, dan kom kuier eensaam vir jou.
Lewe en dood hand aan hand.
Weet nou nie of “like” die korrekte is nie, maar uitstekend geskryf soos gewoonlik. Vir my ek op my ouderdom gaan nie
meer begrafnisse toe nie, lees net die “in memoriam” nuus.
LikeLike
Baie dankie News. Ek het eendag die mooiste gelees van ‘n dogter wat haar Pa onthou en sy liggaamsbou in haar seun raaksien , manier van sit loop en staan..
LikeLike
Snaaks, ek weet toe ook nie, of dit gepas is om te “like” nie. Iemand, wat my blogs lees, was dit nie dalk jy nie? Het nou die dag gesê ek gaan na baie begrafnisse, want ek het geskryf oor ‘n paar vriende, wat skielik weg is. ‘n Teken van die ouderdom.
LikeLiked by 1 person
Nee dalk iemand anders nogtans waar..
LikeLike
En dis hoekom ek die dag van my dood moet kan kies.
LikeLike
Soms kom die dood onverwags en sonder sigbare siektes en belewenisse
LikeLike
En dis soos ek dit verkies vir my, dink net hoe gelukkig duo ek wees
LikeLiked by 1 person
Dink aan baie goed, dink aan ander
LikeLiked by 1 person
Ek meen jy onthou sekere gebeurtenisse wat plaasgevind het gedurende die deel van jou lewe wat verby is, asook die mense wat ‘n rol in jou lewe gespeel het en wat reeds vooruit gegaan het.
LikeLiked by 1 person
Hierdie Begrafnis se orrelspel was so jubelend , ek het heeltyd gedink ek hou van sulke sagte droewige klaende musiek..mense moet darem oor my ween..Met respekte…
LikeLiked by 1 person
Nee o herder tog, ek is nie die wenerige klaerige soort nie. Ek wil liewer net wegraak dat niemand eens agterkom ek het verdwyn nie.
LikeLiked by 1 person
Slegte nuus vir jou ..ons sal ween en wonder , goeie genesing so uit die hart uit huil..mens hoef nou darem nie net oor oorledenes te ween nie..
LikeLiked by 1 person
Maar as jy nou wil ween oor al my sondes, my doene en nalate, my smarte en vreugdes, kan ek jou waarborg dat jou borslap baie nat gaan wees. :D
LikeLike
Nee doerie ken ek nou nie so in besonderhede nie( die op jou lysie) net oor ek jou sal mis.
LikeLiked by 1 person
:D
LikeLiked by 1 person
Vandat ek hier bly is dit of die dood sy angel verloor het
LikeLike
Soms is dood ‘n genade.. lyding is vir my swaar om te aanskou.
LikeLiked by 1 person
Dis waar … tog is die Genade so groot.
LikeLiked by 1 person
Ek was eenmaal “op my eie begrafnis”. Dit was ‘n surrealistiese ervaring – nee nie my eie begrafnis, wel op die van my neef. Op die eerste bladsy van die befrafnisbrief het ons naam vir my gestaar: Abraham Johannes Joubert. Dit is ‘n draft in blog maar is nog nie heeltemal gereed om dit te post nie. Hy het helaas sy doodsdatum self gekies
LikeLike
Oumense het soms vooraf hul Gesang versies en teks gekies..maar darem nog nie die Begrafnisbrief geskryf nie. Jitte Abrie, ek raak bekommerd- gaan jy ook jou datum kies?
LikeLike
Nee dit is nie my plan nie en ek besef ook dat Melouise (neem ek aan) eintlik van genadedood praat. Abrie dink wel hardop in sy blog maar daar is wel dinge waaroor Abrie dink maar nie hardop oor tik nie. Dit beteken egter nie dat ek van plan is om my eie doodsdatum te kies nie
LikeLiked by 1 person
Terug pieng: ABRAHAM JOHANNES JOUBERT: 1968 – 1997 – Abrie dink hardop
My ma het van hierdie tyd gepraat as die bome in jou bos begin val. Dit het toe vir my nie veel mening ingehou nie, nou is ek daar…. en verstaan wat sy bedoel het. Wanneer die telefoon lui wonder jy klaar wat jy nou gaan hoor.
LikeLiked by 1 person
Hoe gaan dit nog met jou. Dit is jammer dat een van die beste skrywes wat ek in blogland raakgeloip het nie meer skryf nie en ja daar is redes wat jy gedeel het. Ek hoop egter die faag goed in die konteks met jou. Liefde Abrie
LikeLike
Ag hoe verbly jy nou die vrou se hart, salf vir die gemoed, dankbaar die uwe . Loer deesdae nie eens meer hier nie en kyk nou net kry ek jou woorde. Dankie Abrie, waardeer opreg. Ek sukkel ..wonder ook deesdae so in die stilte oor my onvermoë om ‘m blog te skryf..
LikeLike
❤️
LikeLike