Woorde

Boer maak ‘n plan..

As mens jou voorgeneem het om weer   te blog dan blog jy. Of jy nou lus is of nie , oefen sal jy oefen soos stram vingers by sleutelbord of klavier .. soms sonder ritme

Nietemin

Straatlangs , voor die Hoekhuis verby ,in  die kafee en kerke se rigting is daar ‘n Huis met  groen sypaadjie…welig.  Water uit Moeder aarde se skoot.

Die sproeiers spuit stywe strale swiepend..so sterk geen voëltjie kan in fynsproei waag om vlerkies te lig vir Lentestort nie.

……maar as jy nou met jou vaalblou 1976 motor( jammer ek het nie man gevra wat se model is dit nie )  straatlangs ry  en jy sien die sproeireën en jy is ‘n gehoorsame Munisipale inwoner van jou stad wat ook waterskaarste ter harte neem. dan neem jy jou motor vir ‘n stort. Gratis sonder emmer en lap..

Die uwe hou die man dop.

Ry verby . Stop . Tru. Ry op die mooie sypaadjie.  Parkeer. Eers die een kant (as daar vlerke was het hy dit gelig). Skakel motor aan  draai  ..Dan die anderkant.

Indien jy nou ryke verbeelding het sou jy die motor kon hoor steun van lekkerkry..

 

 

“Kinders moenie in die water mors nie/die oumense wil dit drink”

 

*en soos lankgelede na ‘n geswoeg en gesweet het die uwe destyds verklaar “en hiermede  het ek  met moeite en verdriet ‘n blog gebaar!”

Advertisements

17 comments on “Boer maak ‘n plan..

  1. HesterLeyNel
    September 19, 2016

    Hahaa, dis ‘n bielie van ‘n plan daardie. My man sou ‘n oorval gekry het; hy het nooit toegelaat dat daar op ons sypaadjie geparkeer word nie, want die motorspore oor die gras … Ek dink die bure is ook maar bly die Nels het getrek.

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 19, 2016

      Hier is ook menig dag ontploffing as pasiënte op klein ou grasperkie wat met moeite aan die lewe gehou word , gebruik vir parkering.

      Liked by 1 person

  2. Lewies Mymer
    September 19, 2016

    Slim plan, maar sal my moer pomp as dit my sypaadjie was!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 19, 2016

      Dink die eienaar agter hoëmure het later eers bewysspore gevind.

      Like

  3. coetzee2014
    September 19, 2016

    Op die sypaadjie, of te not, sou die ou oom gesê het, maar ek is bly, daar word weer geblog. Wonder of jy nie ook weer die een wat die herder(in) van die skapies is, kan oorreed nie.

    Like

  4. katrina
    September 19, 2016

    Wees gegroet, liewe Vriendin! Lyk my ek en jy is albei nou weer deur die bloggogga gebyt. XX

    Like

  5. vuurklip
    September 19, 2016

    Kinders moenie in die water mors nie, die ou mense GOOI DIT BY!!!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 19, 2016

      Lekker lag ek nou vir daardie pittige een!!

      Liked by 1 person

      • vuurklip
        September 20, 2016

        Met dank aan Fanus van Flinkveria!

        Liked by 1 person

      • vuurklip
        September 20, 2016

        Daar’s fout met die polldaddy lienk!

        Like

      • ddupl3ss1s
        September 22, 2016

        ek wens ek kan van die lienk ontslae raak ek het by poll settings ingegaan niks is gemerk nie..gesave en gealles en dan is die dekselse link weer in my midde…

        Like

      • vuurklip
        September 22, 2016

        Laat my dink aan ADT: “Always There”

        Like

      • ddupl3ss1s
        September 23, 2016

        Miskien moet ek my epos adres verander..sien die staan so ewe daar!

        Like

  6. rondomtaliedraai
    September 19, 2016

    Sug… hier op die Landgoed is die besproeiing ook ‘n nagmerrie

    Liked by 1 person

  7. Toortsie
    September 19, 2016

    Beslis die moeite en verdriet werd!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 19, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 19,085 hits
%d bloggers like this: