Woorde

Ons Boer deesdae

slakhuis..met slakke.

  • Ons verskaf gratis behuising.
  • Gratis kos.
  • Gratis water
  • Gratis verblyf sonder titelakte
  • Overgesetseinde , hulle plak.

 

 

 

 

 

Die vrou benoem hulle al.. klink al soos ‘n Parlement in sitting..

Die Hadedas( ook gratis inwoners by die Hoekhuis ) kry al hoë cholesterol.

Hul kan nie voorbly nie, hul eet hul skoon skeel en gallerig..

Iewers het ek gelees Louis Leipoldt het slakke in sy druiwe prieël aangehou. Hy’t hul druiweblare gevoer(as my geheue my nou nie in die steek laat nie)  .skoon voedsel  net om gevang te word en ge-eet te word met knoffelsousie..

slakblog

 

Met alle liefde , ek sal :

  • gratis slakke uitdeel.
  • aan die voorste en beste Slakke Restaurant, myne by die Hoekhuis word tot blink doppe gevoer met WandelendeJode.. die plante..die grondbedekkers, nie die ware Jacob soos in mense nie..

slakbog4

 

 

Ek is ook erg besorg oor die amoreuse bedrywighede in my tuin..en dit onder die uwe se neus.

 

 

 

Sy oorweeg Hoenderboerdery, die vrou..

chick-art

  •  gratis verblyf
  • gratis kos
  • gratis water

Save

Advertisements

22 comments on “Ons Boer deesdae

  1. Net Ek
    September 23, 2016

    O die Hoekhuis-Hadedas klink lekker bederf!

    Ons het ook ‘n Hadeda in ons tuin. Ek noem hom George. Nodeloos om te sê weet ek nie werklik of dit altyd dieselfde George is nie, want daar is so baie. Maar die een spesifieke een (ek dink dis altyd dieselfde een) is MAL oor ons klein warm water swembadjie bo ons swembad. My een hond haat hulle natuurlik maar hulle sit altyd op die lapa se dak en pes die honde! Ek sal nie omgee as my hele tuin vol Hadedas is nie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 23, 2016

      Jy wil nie graag ‘n Hadeda nes in jou boom beleef nie.. weet jy hoe angswekkend klink so geskree as hul hul uitvaart aanpak dit vroegoggend in die laaste uur van sluimer .. Mia maak hul na, en hoenders en koeie… !!klink nogal lawaaierig deesdae hier.

      Liked by 1 person

  2. coetzee2014
    September 23, 2016

    Kapokkies, sê die wat weet, werk met hulle galle, strooi hulle met sout en daar bly net so ‘n skuimbol oor, as hulle hierdie alles oorleef het, vang hulle en voer hulle ‘n week mieliemeel en verkoop dan aan die restaurante of eet self

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 23, 2016

      Ag aarde ek het al gewonder die wat dit met broodblokkies eet tesame met knoffelsousie ..is dit nie dalk die broood en sous storie nie.. oeg !!

      Like

  3. diewithasie
    September 23, 2016

    Ek het met slakke geboer toe ek nog ‘n ou dogtertjie was. Ek het elke dag na die Bib gestap om die slakke handboek te lees. Dit het egter nie lank gehou want die slakke moes buite die huis bly en het toe pad gevat. Slakke is net oulik vir my

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 23, 2016

      Ek het nou vir Hester vertel , ek verdra hul net in Kinderboeke ennn in woorde soos ‘slakkepos” ha ha!

      Like

  4. Terug pieng: Ons Boer deesdae — Woorde | Die Wit Hasie

  5. HesterLeyNel
    September 23, 2016

    Hulle is oulike troeteldiertjies :D

    Like

  6. scrapydo2.wordpress.com
    September 23, 2016

    O die liewe slakke. Hul suig die plante se blare sulke gate uit. Hul hou nie van kappertjies nie. Ek jag hul ook snags net voor ek gaan slaap. Hul loop of seil sulke slymstrepe op my dek. Het n spesiale pot sout net vir hulle. Dis nogal n hele slakke ekspedisie wat elke aand op dek is.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 23, 2016

      Ek is so onsuksesvol met Kappertjies..sal beslis weer ‘n poging moet aanwend. Ek gril my moedeloos vir daardie slakspoor…

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        September 23, 2016

        Daardie spoor maak my elke more skoon moedeloos as ek sien hoeveel slakke nog steeds in die tuin is.Bygesê ek het n piepklein stukkie tuin. My kappertjies plant hulself elke jaar verder. Ek pluk net die laastes vir seisoen uit en saad bly in grond. Hulis juis wer besig om op te kom.

        Like

  7. rondomtaliedraai
    September 23, 2016

    hehehehe… snaaks dat die hadedas hulle nie onde beheer kry nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 24, 2016

      Een huisgesin Ma , Pa en kleuter Hadeda.. dink voorraad net te veel..

      Like

  8. Abrie Joubert
    September 25, 2016

    Al wat julle nog gratid moe verskaf is ‘n universiteit vir die slakke…

    Like

  9. Kameel
    September 29, 2016

    Weet nie of slakke die sondebokke is wat my varkore se blare en sommer die helfte van die blom ook in een nag opvreet nie, maar dit maak dat ‘n mens oorlog verklaar… maar waarmee veg jy? Klink vir my jy sal maar slakke moet begin eet… gratis en verniet :)

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 23, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: