Woorde

Benoeming van organe ( Mans mag ook hier lees)

Ek het plegtig  Mia se Mamma versoek ,  benoem tog alle organe met die regte woord sodra jy nou die kleine dame begin vertel van ore en oë ens.  Moenie vreemde versagtende woordjies gebruik nie.  Ek was skuldig daaraan.. ‘n vrou se borste/ buuste het sommer longe geword. Die stomme kind was verskriklik geskok toe ‘n kerktannie so ewe in die geselskap noem –

“Haai, weet jy ek was mos so siek, ek het Longontsteking gehad”

Dit was toe dat my kind kliphard na asem snak.. en met ‘n –

“Ma, hoor daai tannie praat van haar longe sommer so voor ons!” haar mening gelug..

Hmm.

Wat doen die Mamma toe!! Sy benoem dit “Mermaids”

Ek kon nie die kloutjie by die oor kry nie tot ek maar gaan google het

mermaid

Dit het eintlik begin oor die harnas ding wat Mia om haar dra sodat sy nie in ‘n winkelsentrum die willeweghollens kry nie.. Mia het dit self haar Mermaid begin noem. Die borstukkie ding. Toe volg die Ma haar soos net ‘n dankbare Ma dit kon doen , vreeslik dankbaar die kind verduur die tuig.

Sy het met haar wysvinger haar Ma se “Mermaids” plegtig aangewys  en haar Ouma s’n . Haar Ma het haar natuurlik daarin verkneuker, die effe verleërige Ouma.

Tot ..

Mia is moeg en klaerig en haar Ma nooi haar uit om op haar skoot te sit so teen die Ma se “Mermaids”

Mia staan so plegtig voor haar jonge moeder en bekyk die storie – heen en weer –  eers Ouma se groot voorraad en dan die Ma se petiterige voorbeelde.

Raai wie het gewen ?

Tot die jong moeder se verontwaardiging

Dan snoesel die kind so teen Ouma   so salige hmm en oee en aaa  , teen die natuurlike ingegeboude kussingvoorraad..

Dat my erfporsies nou so handig te pas kom sou ek nooit kon droom.

Save

Advertisements

20 comments on “Benoeming van organe ( Mans mag ook hier lees)

  1. coetzee2014
    Oktober 6, 2016

    Dankie, vir die toestemming, om ook te mag lees, maar ek sal my weerhou van verdere kommentaar.

    Liked by 1 person

  2. Lien
    Oktober 6, 2016

    Haha dit is ‘n wenner😂 Eerlik en opreg!! My klein San-Mari my so staan en bekyk die naweek en my ewe plegtig gesê oumas se “melkies” is groter as mamma sn😠

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Oktober 7, 2016

      Klink amper soos Mia(sy meng haar taal) sy praat van ‘n uier van ‘n koei as ‘n egg.Nie dat ek dink daardie egg is tot melkies instaat nie!

      Like

  3. scrapydo2.wordpress.com
    Oktober 7, 2016

    Dis darem te pragtig as mens so daaraan dink. Die kindertjies is so spontaan dat mens nie anders kan om hul sommer n ekstra drukkie te gee.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 7, 2016

      Uitdaging vir deesdae se ouers..dink ons het so onskuldig groot geword .

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Oktober 7, 2016

        Ja, en dit was heerlik om die name vir die verskillende dele te verbloem, maar nou ja, mens moet seker maar n bul n bul noem nê!

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Oktober 8, 2016

        Lag ek nou vir jou.. dit is nou ‘n feit soos ‘n koei , daardie !

        Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Oktober 8, 2016

        Ha ha, daardie feite soos koeie is onder andere een van die benamings nê!

        Liked by 1 person

  4. vuurklip
    Oktober 7, 2016

    JS Bach sou geëerd voel. (Oeps!)

    Liked by 1 person

  5. Skeletor
    Oktober 7, 2016

    Kyk, ek is ‘n groot mens. En ek sukkel my gat af om die woord penis en vagina in ‘n gesprek te gebruik. Ek bedoel, die mense wat die ledemate name gegee het. Arms, bene, kop, nek, skouers. En dan die aakligste name ooit vir die dinge wat net soos die res van die lyk, ook maar net ‘n doel het.
    Hoe leer ek daardie tipe woorde vir ‘n kind as ek self nie eens dit kan sê nie???

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Oktober 7, 2016

      Sal ook maar by longe bly en dit is nou nie eens blosend nie.. bly vir my ook erg.

      Like

      • Skeletor
        Oktober 7, 2016

        Wel, borste is net so lelike woord, om nie eens van tiete te praat nie. (Sorry vir die kras woorde.) Die ingelse is ons een voor. Boobs klink net beter.

        Liked by 3 people

  6. Toortsie
    Oktober 7, 2016

    Mooi man! :)

    Like

  7. ekmyselff
    Oktober 7, 2016

    My kids weet wat n penis en n vagina is maar ons het ook “sagter” name vir DIE organe…. Tollewaan ipv penis is vir my so oulike woord

    Liked by 1 person

  8. rondomtaliedraai
    Oktober 7, 2016

    hehehehe … ek bly doodstil. Ek is die ding darem gespaar.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 6, 2016 by in Facebook inskrywings.

Blog Stats

  • 18,053 hits
%d bloggers like this: