Woorde

Die man van die Huis op die Hoek

Hy’t gekla oor sy hande.

Sag geword.

Plegtig verklaar   ” ek sweer ek het nie meer vingerafdrukke nie!”

Greep het verswak.

Dit wat toegedraai , oopgedraai of losgedraai moes word, moes die vrou mee help.

Chemo afgehandel .

Begin na ‘n week of twee weer die bekende binne die maer liggaam te voorskyn kom. Hy’t intussen gewig aangesit. Sy vrou ook -rond geraak – stresfaktor minder. (Hy eet gretig sjokolade ,  die kinders dra aan en hy is mededeelsaam..)

Die greep verstewig.
Hygend klim hy op  die Hoekhuis se dak maak geute skoon. “Vir die groot reën”

Saag ewig ‘n tak af…

Sy vrou hou haar siel in haar hande vas..sy sou hom nou nie kar toe kon sleep indien hy onder die dierbare boom te lande kom nie.

Sy hou leer vas met  sy ernstige dreigende waarskuwing “Hou vas, moenie dat ek hier afmoer nie!” so asof die vashou sou help.

Toe die geute skoon is en die reën nie opdaag nie, begin die volgende plan van aksie.

Hy Koop ‘n tenkie.  Pype( “ek het seker hier in die garage  wat ek kan gebruik,  maar ek moet na Builders toe, ek Moet!! “) Die volgende projek -Geut moet gekoppel word bo-aan tenk se pyp (sien kiekie).

Hy koop ‘n pompie” Vrou, darem sterker as vistenk-soort”.

Soek ‘n pillebotteltjie..glo om toutjie aan te heg plus ‘n gewiggie – waterdiepte in tenk te bepaal..as hy vol raak, sak gewiggie as hy leeg is hang hy doer innie lug ..(kyk maar die kiekies).

Allerhande goetertjies vir patent Gryswater .

Na paar keer se gebruik en natlei, lyk dit darem nie of grondbedekkers verstik in Skip en Stasoft nie..

Ter stawing die vrou se selfoonkiekies:

gryswater-projekgryswater-water-uit-wasmasjiengryswater-skietloodgryswater-plante

 

30 comments on “Die man van die Huis op die Hoek

  1. benvanbruggen
    Oktober 12, 2016

    Knutsel skop depressie se alie.

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Oktober 12, 2016

      ..die hele beplanning tot by stopkraan, mens waardeer skielik stokperdjie.

      Like

  2. perdebytjie
    Oktober 12, 2016

    Dis nou so hartroerend,Dirkie!Ek is bly hy kry ‘n tweede kans.

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Oktober 12, 2016

      Dankie Perdebytjie, hy was verstom toe hy elektriese saag gebruik, en met konsentrasie moes vashou, verstommend hoe liggaam kan verswak.

      Liked by 1 person

  3. Lewies Mymer
    Oktober 12, 2016

    Ek is seker hy het gejeuk om weer sy hande te gebruik.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 12, 2016

      Dit is soos hemel op aarde. Hy vertel om moeg te raak van harde werk is die lekkerste moeg ooit!

      Like

  4. travel460
    Oktober 12, 2016

    Jy vertel dit so mooi oor, ek sit hier met ñ breë glimlag om my mond.

    Liked by 1 person

  5. Jeanne
    Oktober 12, 2016

    So bly dit gaan soveel beter met hom! Ja, chemo laat jou vingerafdrukke verdwyn moes ek uitvind toe ek gegaan het vir die hernuwing van my bestuurderslisensie, maar dit kom gelukkig weer terug.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 12, 2016

      Kan jy nou meer .. dit ek nou nie besef nie dat chemo so uitwerking kan hê nie. Ons is so dankbaar vir verbetering.

      Like

  6. KleinKitti
    Oktober 12, 2016

    So mooi gedeel.

    Liked by 1 person

  7. Orange Blue
    Oktober 12, 2016

    Wonderlik om te lees dat hy weer planned maak, Lu’s het vir uitdagings.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 13, 2016

      Net so dankbaar, hoor hy pak sy werkplek reg , gooi weg..pak weer terug, dalkies kry hy dit weer nodig!!

      Like

  8. rondomtaliedraai
    Oktober 12, 2016

    Een van die dae gaan jy weer jou hande vol hê.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 13, 2016

      Sou gaaf gewees het as hy weer soos van ouds huis kon verf.. as ander dit doen raak hy sommer ongeskik – nie na sy sin nie. Daar is vreeslik baie herstelwerk by die Hoekhuis,,ons kraak mos..ha ha die Huis!

      Liked by 1 person

  9. Tannie Frannie
    Oktober 12, 2016

    Dis wonderlik om te woel en te werskaf op eie werf.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 13, 2016

      Ons hou alles onder bome aan die lewe , nou is daar nie meer grasperke wat lewe nie.

      Like

  10. scrapydo2.wordpress.com
    Oktober 12, 2016

    Mooi man! Goed om te hoor die hoekhuis het n bedrywige man weer aan die “werk” al moet die ou vrou in die kamerjas gedurig haar hart vashou anders spring hy by haar keel uit van spanning. Daardie watertenks is beslis die moeite werd.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 13, 2016

      Ons het ‘n groter tenk wat met die geute verbind is, as dit reën. Ek is bevreeshierdie tenkie raak so gou vol, sy vrou hol tussen wasgoed en waterspuit rond…

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Oktober 13, 2016

        Ha ha, hou jou op en wakker. Dis egter lekker om te weet dat die watertjies darem nie net in die put verdwyn nie. Sommige plante kan darem nou bietjie groei ook

        Liked by 1 person

  11. Abrie Joubert
    Oktober 14, 2016

    Natuurlik is dit goed om te lees van die planne wat gemaak en uitgevoer word. Wat my egter die meeste tref en inspireer is die woorde: chemo oor!!

    My vrou het gister haar eerste chemo sessie gehad https://abriejoubert.wordpress.com/2016/10/03/o-my-soul/

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 15, 2016

      Ai Abrie, ek dink innig aan jou vrou. Mag dit goed gaan met julle. Moet noem hier by chemo afdeling het die vrouens met piekniekmandjies en hul vriendinne gekuier, altyd die mees positiewe groep en voorbeeld vir gesondes , ooit!

      Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 15, 2016

      ..het vir die man des huises vertel van ‘Abrie’ se vrou , hy sê hy het chemo en bestraling en al die operasies beskou as tweede lewe. dit is die boodskap wat hy graag vir haar wou gee. Groetnis.

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Oktober 12, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 503 hits