Woorde

Die Hoekhuis se Bron

Gisteroggend , sien die die mense van die Hoekhuis, hul straat bars uit sy nate uit. So asof iemand benede besig is met tonnelgrawe .  Neem  sommer kortpad  na bo.

Hulle staan in hul kerkskoene , hande op die heupe , en staar na die waters wat verbygaan. Diep bedroef.

Die man rapporteer aan die owerhede.

Sy vrou het hom so staan en beluister. Die oktawe van vererg hoorbaar,  die spel van die straatnaam -die  herhaal – die weereens spel.

” Nie Brakstraat nie !! Brink ..B R I N K. en hy spel in Afrikaans ..in Engels ..en as hy kon sou hy in ander tale ook gespel het. Hy’t het slegs  daarin gespreek – darem eers nadat die telefoonkie neergesit is.  Met mening plus   so drieletterwoord,  net  te bevestig van sy argwaan .

Die duiwe het gekoer, ..daar’s water.. soos strome van seëninge .  Saamgeswerm drink hul by die Hoekhuis in die midddel van die teerpad.

Later het Hy gesels met die  raad van Water ..

Die dag het gekom en gegaan.

Nee, jammer Vaaldam dit is nog nie herstel nie..daar is slegs ‘n loergat gemaak. Gesprekke soos water onder deur die brug..miskien nie..die gat is darem bewysstuk A.

MAAR

Die vrou gaan stort vroegoggend op dese Maandagoggend.  Sy besef iewers gaan krane toegedraai word. Haar make moet sy maak , al wat ‘n hol ding is aanvul  vir die wis en onwis.

Sy staan met haar gesig na bowe in die hokkie ( wat haar ewig aan winkel aantrekhokkie laat dink) ingeseep –  weg is die warmwater! Slaan die  koue water haar  sintuie almal nugter wakker.

Sy gil suutjies..wip ligvoets eenkant toe na die verste hoekie.. staan en hyg !

Ag foeitog dit klink so mooi, nee wat hoekom sal sy nou die waarheid geweld aandoen.

Sy het gegil, met mening , hoektoe gekoes.  Hygend gewag vir die waterstraaltjie se herstel.

Waardig kon sy nou nie haar stort geniet nie.

Stort!

Gil!

Hyg!

Stort

Gil!

Hyg..

 

Mag ieder en elk tog maar ‘n gelykmatige vloei van waters beleef.

Mag ieder en elk water waardeer.

Mag die Stadsraad besef ‘Water is lewe.’

Advertisements

18 comments on “Die Hoekhuis se Bron

  1. travel460
    Oktober 17, 2016

    Jy laat my lekker glimlag so vroeg op hierdie Maandag.

    Liked by 1 person

  2. HesterLeyNel
    Oktober 17, 2016

    Haha, daai skoot koue water! Ons waterdruk hier in die woonstel is absoluut pateties vir die laaste paar maande en niemand weet hoekom nie. Seker ook ‘n Bron iewers, waarvan die munisipaliteit vergeet het of nie die straatnaam kan spel nie.

    Liked by 1 person

  3. Skeletor
    Oktober 17, 2016

    Water! Water net waar jy kyk! Behalwe in die damme!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 17, 2016

      Erg droewig, hul het net waterdruk verminder om stroom stadiger te maak- ons hoop dit gaan verbeter

      Like

  4. Spokie sny spoor
    Oktober 17, 2016

    Hehe. En dan word ons voortdurend herinner om spaarsaam met water te werk, dan wonder ek ook baiekeer oor die strome wat hier straataf hardloop sommer vir dae aaneen.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 17, 2016

      Ek kan sommer huil, dit is vir my vreeslik my tuin verdroog en straatlangs loop water!!

      Like

  5. Kameel
    Oktober 17, 2016

    Ek glo jy was daarna nugterwakker en reg vir Maandag se dagtaak :)

    Like

  6. Lewies Mymer
    Oktober 17, 2016

    Ruwe ontwaking!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 18, 2016

      Jitte , daardie ‘ruwe ‘ woord..spring daardie gesang?psalm nou in my kop “Ruwe storme breek in woede ” ..o aarde nee! Dit klink nie gepas by my stort eskapade nie!

      Like

      • Lewies Mymer
        Oktober 18, 2016

        Nee, daar is rock liedjie Rude awakening. Weet nie wat die awakening was nie maar klink of jou stort ‘n rude awakening was.

        Liked by 1 person

  7. perdebytjie
    Oktober 17, 2016

    Jy skryf darem so humoristies,Dirkie!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 18, 2016

      Ek waardeer altyd jou inloer, sommige dae dan gaan dit maar broekskeur , dan spring die woorde in sinne.. is maar oorerwing, my Ma kon nogal ons heel prettig vermaak, dit trek altyd die wa deur die drif..

      Liked by 1 person

  8. rondomtaliedraai
    Oktober 17, 2016

    hehehehe… siestog ek ken daai gevoel

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 17, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: