Woorde

Annah het gekerk

“Môre Annah, gaan dit goed – hoe was jou naweek?”

en Annah, staan met groot glimlag en vertel

“More Madoepie, dit was goed die naweek.

Ek het gekerk. Ons het mooi geloop  maar dai kerk van ons is net biesnies!”

..en haar  glimlag verdwyn in verontwaardiging.

My ‘ hoe nou so’  is die lont

“Ma Doepie , onse kerk – ons gee mos ok die tiende. Ons Moruti sê ons moet die geld by koevert sit met jou naam en adres, maar ekke , ek maak nie so. Ek sit net my geld, ek skryf neks, die Here hy weet mos wat sit Annah daarbinne.

Dan staan die Moruti doer voor en hy vat my koevert en hou so in die lug , en wys .. en hy vra hard,  wie s’n is dit die? dan ek blystil..en die Moruti hou aan – en dan ek sê dai een van die Here weet, dan die Moruti bly stil…

MaDoepie ons het altyd as ons sing, die geld by die bordjies gegooi( kollekte).maar toe sê Moruti, nee beter ons sit dit op die tafel. Moruti staan agter die tafel . ( -en Annah beduie hoe hy waardig met hande gevou staan kop nederig effe gebuig , gesig darem  op die tafel gerig met die offerandes ten aanskoue)

Nou ons loop almal rytjies. MaDoepie die mense gooi die R100 en R200 en so aan, dan as die man R100 of groter neersit , hy kyk (die predikant) dan hy sit sy hand op  dai man se kop en seën hom …hy bid     maar as arme ou Annah haar R10 gee, dan hy mak my niks- hy vou net sy hande , hy kyk my nie by my oog nie.

Auk, dai is net biesnies.”

Ag Annah dit is darem vreeslik hartseer”

” Maar Petrus (Annah se eersgeborene , die slimme!)  hy vertel vir die Moruti dai in die Bybel van die vrou wat net pennie gehad het , haar alles , en gegee het -toe sê die Moruti

“Jy moenie met die storiekie by my aankom nie, dai was dai tyd nou werk ons met hierdie tyd”

Ai Annah.

“Was baie lekker by die kerk-  ek het my mooi hoed opgesit, almal het gevra en waar kry jy elke Sondag so mooi hoed..en ek het die kraletjie omgehang ..die persentjie een , oe ek het so smart gelyk!”

 

Vrolik seëvierend !

 

Advertisements

16 comments on “Annah het gekerk

  1. coetzee2014
    Oktober 20, 2016

    Ja, daardie tiende, soek die moruti, maar oral.

    Liked by 1 person

  2. Toortsie
    Oktober 20, 2016

    Ai, Anna

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 20, 2016

      Ai wat sal mens nou sê..ek vertel vir Annah sy moet onthou dit wat sy vir haar buurvrou doen is ook groot tiende..die mededeelsaamheid en so aan

      Liked by 2 people

  3. ekmyselff
    Oktober 20, 2016

    Ag Annah geniet aantrek, en dele van die kerk, daai Moruti maak nie mooi nie, God sal wel vir Annah seen.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 20, 2016

      Annah kan so heerlik vir Mia wys hoe hul dans in hul kerk, ek gun haar die vreugde wat sy ervaar.

      Like

  4. travel460
    Oktober 20, 2016

    Jong Annah, kerk wat so biesnies geraak het, daai is vir my nou ñ storie wat omkrap, en diep krap.

    Liked by 1 person

  5. Abrie Joubert
    Oktober 20, 2016

    Hierdie tipe manipulasie is so tragies. God manipuleer nie. As mense voel dat iets “verwag word” en dan dit wat verwag word boonop geseen word, word die hart van Christus verag.

    Liked by 2 people

  6. perdebytjie
    Oktober 20, 2016

    Dit is nou loutere intimidasie!Daardie moruti steek heel waarskynlik baie van die geld in sy eie sak.Die tragedie is dat hierdie eenvoudige Annah eintlik dwarsdeur hom sien,maar sy is so gebreinspoel om respek te hê vir geestelikes,dat sy maar stilbly.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 20, 2016

      Verstommend die invloed wat hul predikante het, baie baie ryk , sy vrou wil nie meer hier woon nie, glo iewers in Sandton ..kan jy nou meer..

      Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    Oktober 20, 2016

    Ek kan my voorstel watter politieke party moruti ondersteun

    Like

  8. Tannie Frannie
    Oktober 20, 2016

    So ver soos wat ek lees, dink ek aan die weduwee wat als gegee het wat sy gehad het…en toe vee die prediker daardie verhaal eenvoudig eenkant toe! Mag Annah se opregte, vreugdevolle geloof tog nie hierdeur gedemp word nie – g’n wonder ons word so teen Mammon gewaarsku nie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 20, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: