Woorde

Van Asma tot in ….

Die Ouma kry nou een aand ‘n whatsapp fototjie van die Ma.

mia-neubelizer-2 Oor die leesstof is die Ouma bly oor die komplikasies van asma minder bly.

Volgende oggend huppelend weer ousigselwers, die kleine Mia .

Sy stap glo soos Queen Mary die Dokter se spreekkamer binne met ‘n “Hallou Tannie Dokter” klim tjoef tjaf op die ondersoekbed, gaan lê dramaties soos ‘n model .

By die huis vra die Oumense en wat het die Dr gedoen , Mia?

“Sy luister-luister-luister luister” en as jy  haar nou nie onderbreek nie,  sal sy beduie van ore tot neus  waar sy beluister is.

Gryp Oupa met haar klein handjie onder die kakebeen , rem sommer die oumensmond oop ..plegtig laat sak sy haar kop en ‘hmmm ‘ en ‘aaa’ en ‘n ‘skiestog Oupa”  en druk Oupa se oopgesperde mond toe .. lig sy t-hemp op ..staar na die wond..druk druk …’skies Oupa..en klaps soen sy sommer op die wond”  en sy gryp sommer iets wat soos ‘n kamma stetoskoop lyk  en “oupa, Mia luister ” en Oupa doen vermaaklik mee, haal asem soos ‘n gevalle held in en uit – hygend …

Die Ouma verklaar plegtig , julle moet trek.  Vergeet van seetoe, die klammigheid nou nie juis die ideaal nie.. wat van die Karoo…

Daardie plek..en daar is die naam weg.

Mooiste plek, so met berge doer op die horison.

Die plek waar die vrou geskryf het  of gebly het ..ek dink Story of an African farm”

Die plek waar ..ek dink Etienne van Heerden grootgeword het..of het hy net daaroor geskryf ?

en steeds is die plek se naam  weg.

Sy gaan haal Toorberg uit .. kyk na die boekomslag .

Sy onthou iewers was daar ‘n skoolbus ongeluk..

Haar huisgesin wonder oor haar knaende  flertsies so uit die geheue.

Sy vertel naderhand vir hom ,” Man !! jy ken die plek ..daar waar die 4 mense ???”

 

Sy dink aan haar stomme Ma wat soms voor ‘n woord te staan gekom het, haar vuisie verontwaardig op die tafelhoek gestamp. “Deshit my Kind, Ma se brein is soos ‘n sif alles val deur!”

 

” My liewe Ma, ek het toe onthou.  Cradock.

Nee Ma, nie een is te vinde vir die plek nie…”

 

cradock-olive-schreiner-foto cradock-olive-schreiner cradock

(foto Sonsondergang Desmet Geert)

(Foto Olive Shreiner graf (Delbie Thomas.)

 

 

 

Advertisements

19 comments on “Van Asma tot in ….

    • ddupl3ss1s
      Oktober 22, 2016

      Weer gaan kuier.. sien ek ek het destyds gekommentaar ..’ek kry sommer ligte angsaanval’ .. daar word vertel siele wat vreeslik koffie drink se kans op die vergeetsiekte is skraler.. gaan sommer gou koffie maak!!

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        Oktober 22, 2016

        O gits! En ek vas al jare koffie. Sal dalk my vastery moet heroorweeg as ek die groot A daarmee kan verhoed!

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Oktober 22, 2016

        Dit bly hartseer ervaring as jou geliefdes se geheue so verdwyn, die koffie-storie sal ek eers glo met Wetenskaplike bewyse.

        Like

      • Toortsie
        Oktober 22, 2016

        Ja dis baie erg. Ekskuus as ek ligsinnig raak. Dis angswekkend ná aan my vel …

        Like

      • ddupl3ss1s
        Oktober 22, 2016

        Nee wat, soms is humor nogal wondergeneesmiddel.

        Liked by 1 person

      • Toortsie
        Oktober 22, 2016

        Ek glo daaraan! :)

        Liked by 1 person

  1. Tannie Frannie
    Oktober 22, 2016

    Jy teken so goed met woorde – oupa en kleindogter was sommer lewendig voor my geestesoog. Daar is niks soos die soentjie van ‘n kleuter om ‘n mens op te kikker nie.

    Liked by 1 person

  2. travel460
    Oktober 22, 2016

    Oumas gaan moet boekhou oor als wat uit daai mondjies kom. Terwyl ek jou stukkie lees, verlang ek onmiddelik na my eie kleinkinders met ñ hart wat pyn. Kan enige iets anders so kosbaar wees soos ons klein bekkies.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 22, 2016

      My hart gaan uit na elke Ouma , kleinkinders vêr is bitter moeilik – ons s’n bly naby ons, ons is regtig bevoorreg.

      Liked by 1 person

  3. perdebytjie
    Oktober 22, 2016

    Daardie vergetery is my grootste frustrasie!Ag ek hoop Mia word gou beter en dat hulle nie hoef te trek iewers heen nie,Dirkie.

    Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai
    Oktober 22, 2016

    Mmmm nee wat jong mense vergeet ook maar en nou met dr. Google kan mens gaan opkyk

    Ek wou nogal eendag kom koffie drink maar as daar nou nie meer koffie is en die hoekmense in Cradock sit verdamp al die goeie voornemens

    Liked by 1 person

  5. Kameel
    Oktober 24, 2016

    Daardie vergeetagtigheid. ‘n Ruk gelede sit ons almal hier en die gesprek begin draai om Sonja Herholdt se musiek. “Nee” laat ek van my hoor “daar is net een lied waarvan ek baie hou, en dit is….. ek kannie meer onthou nie.” Hoef ek meer te sê?

    Like

  6. Abrie Joubert
    Oktober 24, 2016

    Susan (my vrou) was vreeslik bekommerd dat sy so vergeet, maar sy her rustiger geraak toe ek haar vertelk het van “Chemo brein” een van die gevolge daarvan.
    Having said that ek staan vandag van my lessenaar op loop 3 tree en het nie ‘n idee waarom ek opgestaan het nie. Met dit terugkeer na my tafel besef ek, ek het opgestaan om die HAT te gaan haal. Maar dan ie so effe absent minded en vergeet kom ek al my lewe lank oor.

    Like

  7. Abrie Joubert
    Oktober 24, 2016

    Ek vergeet ook om reg te tik…

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 22, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 19,085 hits
%d bloggers like this: