Woorde

Hoes

Ek hoes.

Dit is familieverwant aan Bronchitis.

Die hoesbuis klink fluitend en bereik hoogste hoogtes, gesig rooi en hygend na suurstof.

Hartklop klink soos perdegalop oor die vlaktes.. met spoed met spoed.

Knaend.

Ewig moeg, jy kan net omval en ..

Reëls:

  • Moenie lag nie – ‘n lagbui verander in ‘n hoesbui so tussen glimlag en lag, stokflou!
  • Moenie probeer om emosioneel te raak nie.. ‘n tjankbui klink bitter ontstellend so verwronge in ‘n hoesbui.
  • Moenie platlê op jou kussing na ‘n welverdiende dag se harde werk nie.. jy gaan hoes. Sit en hou die slapendes rondom jou dop.. blindekat – poepende hond en stilslapende eggenoot.
  • Moenie met volblaas hoes nie.. dit is nie net ouderdomverwant nie, moenie  hoes nie!
  • Moenie hard praat nie. Oordink jou gedagtes eerder as wat jy dit uitspreek, so halfpad in jou sin ervaar jy krieweling in jou stembande van epidermiese belewenisse..
  • Moenie naby mense hoes nie, of jy nou hand voor die mond of agter jou handsak of watter beskerming voor jou mond hou.. omstanders se paniek is ontstellend.
  • Moenie goeie boererate hoesstroop reseppies verontagsaam nie, almiskie is dit helend en koel op die sluk – al proe dit soos die eindtye.
  • Moenie dink as jy 63 jaar oud is, wens jy jou Ma was nou hier (oorl)-sy sou haar mollige armpie om jou slaan en met haar sagte stem vir jou vra ” Hoes Ma se kind steeds, kom Ma maak vir jou Tee, was  jy al by die Dokter – ag siessstogg Ma se kind!”  al is haar kind ook self bejaard , Hmm dan moet jy nou nie emosioneel raak nie.. mens hoes.
  • Moenie Borstol drink nie. My oorle Ouma Dirkie  het genoem dit is ‘n ‘heilsame medisyne Tjoekertjie, maar mens kan liewer die stropie se naam vergeet !” My oorle skoonpa het daaraan geglo ..daardie Borstol ryklik van die roulynolie reuke ..geen kerkganger wou langs hom sit gedurende Pinkstertyd en lekker sing aan Hallelujaliedere nie… Erg erg, koop vir jou ‘n botteltjie en ons gesels weer tesame!

Kry mens nog van  hierdie Hoesstroop in Apteekrakke ..die onderstaande foto?  Ek sal minstens slaap.  Dit waarborg “Prompt relief”  indien jul nou niks van my hoor nie dalkies het ek so ‘n ou botteltjie opgespoor.

hoesstroop-2

Advertisements

21 comments on “Hoes

  1. newsferret
    Oktober 29, 2016

    Hoop dit gaan gou beter.

    Liked by 1 person

  2. Lewies Mymer
    Oktober 29, 2016

    Sterkte Dirkie. Ek sien jou sin vir humor is darem nog staande, al kan jy nou nie juis waag om in ‘n hartlike lagbui uitbars nie.Ek het dieselfde kwaal gehad ‘n paar jaar gelede. Lees hier meer daaroor.
    https://pasella2013pasella.wordpress.com/2012/08/24/die-bromkatjies-kom-weer/

    Like

  3. coetzee2014
    Oktober 29, 2016

    Sterkte en ‘n verstaan gevoel. Elke winter, en ons winters, is nie eers koud nie, met die eerste kouetjie, vat díe sleg my. Al wat help, is ‘n antibiotika inspuiting. Daardie botteltjie, se inhod, sal die hoes, tydelik verlig.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 29, 2016

      Seisoen verandering se verkoues/bronshitis is altyd vir my erg.

      Like

  4. travel460
    Oktober 29, 2016

    Jammer, maar ek lag vir jou al is jy siekerig. Of hoeserig. Jy laat dit na pret klink!

    Liked by 1 person

  5. HesterLeyNel
    Oktober 29, 2016

    Ek hoop jy kan gou weer kliphard lag sonder om te hoes of ander ongelukke oor te kom.

    Liked by 1 person

  6. rondomtaliedraai
    Oktober 29, 2016

    Ai ek hoop dis gou beter. So gesukkel maak enige mens so moedeloos

    Liked by 1 person

  7. Tannie Frannie
    Oktober 30, 2016

    Ek dink jy moet skelmpies Mia se asmapompie annekseer.

    Liked by 1 person

  8. poerdez
    Oktober 31, 2016

    Menz sal groot geld betaal vir ‘n botteltjie van daardie stroop …. ;-)

    Liked by 1 person

  9. Fera Guaden
    Oktober 31, 2016

    Bekende gedagtes

    Liked by 1 person

  10. poerdez
    November 1, 2016

    Menz lees gister op FB van colloidal silver – https://draxe.com/colloidal-silver-benefits/ – lees bietjie. ‘n Groot bottel kos R89 by Dischem.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 1, 2016

      Sal gaan lees ,lanklaas het ‘n virus/pes onder die vee/ of wat dit moontlik nog kan wees – my so hangend tussen ellende en net-net oorleef gehou – ek val soos ‘n klip in die dam vir enige medikasie..

      Liked by 1 person

      • poerdez
        November 1, 2016

        Dis natuurlik en help met bestande bakterie.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        November 6, 2016

        Toe ek vir die kind des huises vertel .. haal sy die botteltjie uit haar drasak !

        Liked by 1 person

  11. Terug pieng: Slang in die gras ! | Woorde

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 29, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,050 hits
%d bloggers like this: