Woorde

Annah

Ons groet mekaar met ‘n  vrolike Maandaoggend groet.

Hoe gaan dit Annah Moabi?

Weinig dat dit  sleggaan met groetslag . Sy sal soms teen die middag uur by die sprykplank kla oor die kind , die een wat slim is en wat stout word , die tiener. Soms oor Petrus, die een wat sy girlfriend voortydig ‘n  Moeder gemaak het  en dit nogal ‘n tweeling.

Vanoggend vra MaDoepie ..na wedersydse hoe gaan dit – en hoe gaan dit met Poenkie?

Nee, dit gaan goed met hom, g’n klagtes.

..en hoegaan dit met Petrus en jou kleinkinders Annah? Vorige keer het Annah donker bekommerd genoem  “dai twee hul gaan nie aanmekaar loop nie”

Enige Moeder is bekommerd as daar stremminge is, vertel sy Petrus het vergadering gemaak met die Dogter(Dokter- die skoonpa)  en sy vrou(skoonma).

Ai Annah wat is dan fout?

“Nee sy soek Petrus se kaart, van die Bank. Oe MaDoepie en Petrus hy is stienge, hy sê nee, dai een sal nie werk nie.. hy support die kleintjies hy koop die doeke en die kos nou sy soek sy kaart!”

Die Jonge Moeder se ouers het darem begrip vir Petrus – al was die jong Moeder se mond so ’ronddik’ die versoek is in die kiem gesmoor.

Vanoggend met die navrae , gaan dit darem nou beter met Petrus en sy ‘vrou’ ?

“Nee, gaan beter met hom , ek hom gesê jdjy het djou tee gemaak.. djy moet hom drink , of hy nou swart is ..of hy nou bitter is  en maskien is daar te min melk in ..djy het jdjou tee gemaak djy sal hom moet drenk”

Groetnis.

 

Advertisements

11 comments on “Annah

  1. Hier "blok" Elanè
    November 7, 2016

    my mense waarmee ek elke liewe dag van my lewe werk – kosbaar mooi gesê…

    Liked by 1 person

  2. Toortsie
    November 7, 2016

    Ja. Ons drink maar ons teetjies.

    Liked by 1 person

  3. travel460
    November 7, 2016

    Diè Annah van jou is ñ wyse vrou. Tee moet maar gedrink word as jy dit self skink.

    Liked by 1 person

  4. monicahaddad01
    November 7, 2016

    Ja rerig dis so waar ek hoop Petrus verstaan hoe wyse ma het hy.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 8, 2016

      Soms dink ek hy sien bietjie neer op haar …sodra geleerdheid intree dan vergeet hul hoeveel het sy opgeoffer.

      Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    November 7, 2016

    Ai die saamwees is baie spesiaal

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 7, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: