Woorde

Liewe Woudie en Pieter

Pa en Ma is vandag 43 jaar getroud.

doepie-dirkie-trrou

Ma skryf elke jaar  ietsie oor hierdie dag.

Vandag wil ek regtig nie veel oor daardie vreugdedag skryf nie, sommer in die algemeen ..

Swaarkry teenoor humor – humor het altyd die wa deur die drif getrek. Humor ontlaai. Goeie medisyne.

Natuurlik het ons swaargekry en dit het nou  niks te doene met  Ma se salaris R100 en Pa se R160, nie. Kan julle glo !

Daar was dae wat ek ook soms gedink het ..”Hemel die man !!!” Hmm, aanpasbaarheid gebeur nie oornag nie, en jy het ‘n keuse .

Ons is Ryk . Rykdom wat so omvattend beskryf kan word .

Julle het ons ryk gemaak.

Ma is nooit ‘n voorstander van daardie liedjie wat hul destyds so gretig gesing het..”Kinders by dosyne ” nie , ons is begenadig met julle twee, ons is opreg dankbaar.

Ek het vir Pa gevra , hierdie 42 jaar( gewysig aangepas na vanjaar se 43 jr), wat sal hy nou noem is uitstaande!

Kan julle glo  hy het  te vertelle hy verstaan my nog nie..gmf!

Oupa du Plessis het  met die jawoord vraery vir my vertel  ” Moenie dink jy ken jou man nie, daar sal altyd iets wees wat hy net vir homself sal hou ” Sou graag die teendeel wou bewys, wat sou dit baat?

Dit leer mens ook so langs die pad, soms moet jy swyg en soms mag jy galbraak en soms moet jy beterweterig wees slegs met  ‘n klein glimlaggie .

Ma het sommer met my selfoon uit ons troualbum fotos geneem,  ek het amper nie die jongmense herken nie – so jonk -so verskriklik jonk !

Ek sou nie graag vir jul wou raad gee nie, julle kinders ervaar en beleef jul huwelike heeltemal anders , nogtans  liefde het soveel aangesigte .

Ma is dankbaar dat ons hierdie dag kan herdenk.. tesame

Alles is genade.

Dankie Doepie.

 

 

 

29 comments on “Liewe Woudie en Pieter

  1. newsferret
    November 9, 2016

    Hartlik geluk en nou is dit ‘n katspoegie 50 toe.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2016

      Baie dankie, daardie Kat se spoegie klink my ligtelik gestel..

      Like

  2. Lien
    November 9, 2016

    Baie geluk julle twee. Julle is ‘n pragtige voorbeeld vir enige jongmens. Ek hoop dat julle nog baie jare saam sal gespaar word vir mekaar. Doepie het so handsome gelyk en jy was vir my beeldskoon!! Kon my verkyk aan julle!!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2016

      Vanoggend baie aan jou gedink, dankie Lienkie ons het darem kans gesien om die wêreld te verskuif , ai ai. Dankie vir die kosbare wense.

      Like

  3. HesterLeyNel
    November 9, 2016

    Baie geluk. Jy was ‘n pragtige bruid en jou wederhelf so handsome in sy uniform. Mag daar nog vele jare met groot liefde-rykdom wees.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2016

      Dankie Hester vir die mooi wense – sou nou wat wou gee vir daardie mooie gebit..snaaks dat tande so afslyt soos ou ooi se tande !!

      Liked by 2 people

      • HesterLeyNel
        November 9, 2016

        Tell me about it. Jou tande lyk nog goed, maar ek is tog te bly ek het vir my nuwe tande gekoop :D :D

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        November 9, 2016

        My pa sou sê ek’s ydel … maar daardie voue , wanneer het dit gebeur .. ai die gladde nekvel haha ,, ag ja!

        Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        November 9, 2016

        Dis karakter. Ek is nou besig om ons duisende ou familiefotos uit te sorteer en in te scan en ek kyk so na my ma en pa se fotos van hulle jongdae tot hulle sterfdatums – nooit was hulle vir my mooier as in hulle ouderdom nie. Buitendien is liefde blind. My man dink dis vreeslik sexy as ek in die huis rondloop net met ‘n t-shirt en ‘n bedekkingtjie daar onder (dit raak verdomp warm hier) en dan kyk ek so na die plooie en haelskade op die boude en wonder waddehel hy nou eintlik sien.

        Liked by 2 people

      • ddupl3ss1s
        November 9, 2016

        Haha ag jy maak my dag!

        Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        November 9, 2016

        Geniet dit saam met jou gesin!

        Like

  4. Hier "blok" Elanè
    November 9, 2016

    Mooi fotos met ‘n baie kosbare wysheid daarby – liefde het soveel fasette, soveel gesigte.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2016

      Baie dankie , ek onthou ons troudag altyd met die swaeltjies wat so om die kerk ge- tjwier tjwier , het ..

      Liked by 1 person

  5. Jeanne
    November 9, 2016

    Baie geluk en nog baie jare in liefde en genade saam. Julle was ‘n pragtige bruidspaar.

    Like

  6. Toortsie
    November 9, 2016

    Oeee 42 jaar! Deur dik en deur dun. Hartlik geluk!

    Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    November 9, 2016

    Baie geluk! Doepie het darem nou al hare op die tande

    Like

  8. Abrie Joubert
    November 13, 2016

    ‘n Belated (is daar gepaste vertaling in Afrikaans) gelukwensing. Hierdie is groter as die Amerikaanse verkiesing!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 14, 2016

      Ha ha ..is ek darem verskriklik bly my van is nie Trump nie!! Lekker gelag ! Baie dankie.

      Liked by 1 person

  9. Kameel
    November 16, 2016

    Julle het dus ses sake sout sovêr saam opgeeët!!! Dit wil gedoen word. Mag dië jaar vir julle ‘n besonderse jaar van genade en liefde uit God se hand wees. Be blessed!!!!

    Like

  10. ddupl3ss1s
    November 9, 2017

    Reblogged this on Woorde and commented:

    Ek reblog dit..net die aantal jare aangepas.. so prekie vir ons kinders tesame.

    Like

  11. perdebytjie
    November 9, 2017

    Baie geluk,Dirkie…dis voorwaar ‘n mylpaal in vandag se tye!
    Wat ‘n pragtige foto!Ek het omtrent geen foto’s van ons troudag nie.Daardie jare was dit mos nie so ‘n yslike storie nie.Sommer ‘n vriend wat gemik en druk het.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2017

      Ons het destyds ook so min geld gehad.. dink my troufotos in album was R80…vreeslik klomp geld!! ag fooitog man.. Fotos is kosbaar maar goeiste ouderdom kom mens by en jy dink oor jeug wat jy nie destyds vreeslik waardeer het nie.. net aanvaar het.

      Liked by 1 person

  12. Lewies Mymer
    November 9, 2017

    Baie geluk! Dis ‘n ver ent se saamstap oor die optes en die aftes van die lewe.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2017

      Baie dankie, ons is en bly en so dankbaar om steeds hierdie dag te kan onthou. Die ‘optes en aftes’ ingesluit. Dankie Lewies.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on November 9, 2016 by in Briewe.

Blog Stats

  • 36 503 hits