Pa en Ma is vandag 43 jaar getroud.
Ma skryf elke jaar ietsie oor hierdie dag.
Vandag wil ek regtig nie veel oor daardie vreugdedag skryf nie, sommer in die algemeen ..
Swaarkry teenoor humor – humor het altyd die wa deur die drif getrek. Humor ontlaai. Goeie medisyne.
Natuurlik het ons swaargekry en dit het nou niks te doene met Ma se salaris R100 en Pa se R160, nie. Kan julle glo !
Daar was dae wat ek ook soms gedink het ..”Hemel die man !!!” Hmm, aanpasbaarheid gebeur nie oornag nie, en jy het ‘n keuse .
Ons is Ryk . Rykdom wat so omvattend beskryf kan word .
Julle het ons ryk gemaak.
Ma is nooit ‘n voorstander van daardie liedjie wat hul destyds so gretig gesing het..”Kinders by dosyne ” nie , ons is begenadig met julle twee, ons is opreg dankbaar.
Ek het vir Pa gevra , hierdie 42 jaar( gewysig aangepas na vanjaar se 43 jr), wat sal hy nou noem is uitstaande!
Kan julle glo hy het te vertelle hy verstaan my nog nie..gmf!
Oupa du Plessis het met die jawoord vraery vir my vertel ” Moenie dink jy ken jou man nie, daar sal altyd iets wees wat hy net vir homself sal hou ” Sou graag die teendeel wou bewys, wat sou dit baat?
Dit leer mens ook so langs die pad, soms moet jy swyg en soms mag jy galbraak en soms moet jy beterweterig wees slegs met ‘n klein glimlaggie .
Ma het sommer met my selfoon uit ons troualbum fotos geneem, ek het amper nie die jongmense herken nie – so jonk -so verskriklik jonk !
Ek sou nie graag vir jul wou raad gee nie, julle kinders ervaar en beleef jul huwelike heeltemal anders , nogtans liefde het soveel aangesigte .
Ma is dankbaar dat ons hierdie dag kan herdenk.. tesame
Alles is genade.
Dankie Doepie.
Hartlik geluk en nou is dit ‘n katspoegie 50 toe.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, daardie Kat se spoegie klink my ligtelik gestel..
LikeLike
Baie geluk julle twee. Julle is ‘n pragtige voorbeeld vir enige jongmens. Ek hoop dat julle nog baie jare saam sal gespaar word vir mekaar. Doepie het so handsome gelyk en jy was vir my beeldskoon!! Kon my verkyk aan julle!!
LikeLiked by 1 person
Vanoggend baie aan jou gedink, dankie Lienkie ons het darem kans gesien om die wêreld te verskuif , ai ai. Dankie vir die kosbare wense.
LikeLike
Baie geluk. Jy was ‘n pragtige bruid en jou wederhelf so handsome in sy uniform. Mag daar nog vele jare met groot liefde-rykdom wees.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester vir die mooi wense – sou nou wat wou gee vir daardie mooie gebit..snaaks dat tande so afslyt soos ou ooi se tande !!
LikeLiked by 2 people
Tell me about it. Jou tande lyk nog goed, maar ek is tog te bly ek het vir my nuwe tande gekoop :D :D
LikeLiked by 1 person
My pa sou sê ek’s ydel … maar daardie voue , wanneer het dit gebeur .. ai die gladde nekvel haha ,, ag ja!
LikeLiked by 1 person
Dis karakter. Ek is nou besig om ons duisende ou familiefotos uit te sorteer en in te scan en ek kyk so na my ma en pa se fotos van hulle jongdae tot hulle sterfdatums – nooit was hulle vir my mooier as in hulle ouderdom nie. Buitendien is liefde blind. My man dink dis vreeslik sexy as ek in die huis rondloop net met ‘n t-shirt en ‘n bedekkingtjie daar onder (dit raak verdomp warm hier) en dan kyk ek so na die plooie en haelskade op die boude en wonder waddehel hy nou eintlik sien.
LikeLiked by 2 people
Haha ag jy maak my dag!
LikeLiked by 1 person
Geniet dit saam met jou gesin!
LikeLike
Mooi fotos met ‘n baie kosbare wysheid daarby – liefde het soveel fasette, soveel gesigte.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie , ek onthou ons troudag altyd met die swaeltjies wat so om die kerk ge- tjwier tjwier , het ..
LikeLiked by 1 person
Baie geluk en nog baie jare in liefde en genade saam. Julle was ‘n pragtige bruidspaar.
LikeLike
Baie dankie Jeanne, ons was eintlik nog kinders.. so jonk !
LikeLike
Oeee 42 jaar! Deur dik en deur dun. Hartlik geluk!
LikeLiked by 1 person
Dankie!!! amen oor die deur dik en dun !
LikeLike
Baie geluk! Doepie het darem nou al hare op die tande
LikeLike
Ai Tina, vir wat? Ek is die ene dierbaarheid soms mag ek ook my kwaai kyk woordloos gebruik…
LikeLiked by 1 person
hehehehe … ok jy is nie ‘n vrou waarmee mens sukkel nie
LikeLiked by 1 person
‘n Belated (is daar gepaste vertaling in Afrikaans) gelukwensing. Hierdie is groter as die Amerikaanse verkiesing!
LikeLiked by 1 person
Ha ha ..is ek darem verskriklik bly my van is nie Trump nie!! Lekker gelag ! Baie dankie.
LikeLiked by 1 person
Julle het dus ses sake sout sovêr saam opgeeët!!! Dit wil gedoen word. Mag dië jaar vir julle ‘n besonderse jaar van genade en liefde uit God se hand wees. Be blessed!!!!
LikeLike
Baie dankie Kameel. ek altyd bly om jou avatar te sien .. en te lees..
LikeLiked by 1 person
Reblogged this on Woorde and commented:
Ek reblog dit..net die aantal jare aangepas.. so prekie vir ons kinders tesame.
LikeLike
Baie geluk,Dirkie…dis voorwaar ‘n mylpaal in vandag se tye!
Wat ‘n pragtige foto!Ek het omtrent geen foto’s van ons troudag nie.Daardie jare was dit mos nie so ‘n yslike storie nie.Sommer ‘n vriend wat gemik en druk het.
LikeLike
Ons het destyds ook so min geld gehad.. dink my troufotos in album was R80…vreeslik klomp geld!! ag fooitog man.. Fotos is kosbaar maar goeiste ouderdom kom mens by en jy dink oor jeug wat jy nie destyds vreeslik waardeer het nie.. net aanvaar het.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk! Dis ‘n ver ent se saamstap oor die optes en die aftes van die lewe.
LikeLike
Baie dankie, ons is en bly en so dankbaar om steeds hierdie dag te kan onthou. Die ‘optes en aftes’ ingesluit. Dankie Lewies.
LikeLiked by 1 person