Woorde

Liewe Kian

Jy het gister  een jaar oud geword.

‘n Klein baksteen grootte ou seuntjie.

SAMSUNG CSC

Groot Oupa (ouma se Pa) het graag gepraat van baksteengrootte  as iets sommer nog nie eens kniehoogte is nie .

Ouma wil jou net vertel , bakstene is verskriklik belangrik . Die Boustene  waarmee’n fondasie en later ‘n gebou stewig op die aarde geanker word  teen wind en weer.

Gister was almal vrolik en het uit hul hart uit seënwense gesing net vir jou. (Ag Ouma traan van toeka se tyd altyd met so gesingery. Grootmense noem dit emosioneel)

Mag jou lewe gebou word met goeie stene.

Mag jy die vrugte pluk van die beskerming van ‘n stewige gebou .

Mag jy jou huis eendag oopstel vir dit wat goed is en die lig vriendelik en vrolik deur jou huis se vensters straal.

Ons is lief vir jou ,  so dankbaar vir jou en kleine Mia( Ouma wonder net of Mia jou altyd gaan Kaienkie noem!)

SAMSUNG CSC

Liefde

Ouma Dirkie.

Advertisements

6 comments on “Liewe Kian

  1. Hier "blok" Elanè
    November 14, 2016

    Kosbaar, die kleine ou seuntie se fondasie is voorwaar rotsvas… Baie geluk met sy groot dag!

    Liked by 1 person

  2. Toortsie
    November 14, 2016

    Geniet jou kleinkinders.

    Like

  3. rondomtaliedraai
    November 14, 2016

    Ag dis besonders Baie dankie vir die deel.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 14, 2016 by in Briewe.

Blog Stats

  • 19,085 hits
%d bloggers like this: