Woorde

Podiatrist

Ek is die een wat die telefoon beman.

Sommige dae sou ek ook graag mense krampe in hul .. voete toewens, maar Neee!  ewe oordentlik behou sy kalmte van gees (soos oorle Ma ons gepredik het) en praat waardig (soos oorle Ma   geleer het) en plaas (l.w. plaas -nie sit nie- ‘n wag voor jou mond my kind, soos oorle Ma graag gepredik het) ek het agtergekom sy’t nooit vertel tel tot by tien nie, ewig ‘byt jou lip vas ” of so iets.

Ek sou nie tot by tien uitkom nie.. ek het slegs diep asemgehaal, en gedink my kind moet leef, sy met die blog-opskrif-beroep en die Pasiënt moet glo hul is reg.

Daar is ‘n sekere beroep (ek sal terwille van vrede en liefde dit nie meld nie) waar grootmense wat in seker hoedanigheid verkeer hul so verdomp (sou kragtiger woord wou gebruik..toe dink ek aan my Ma) meerderwaardig ag.. bevraagteken elke sin en redeneer met jou so asof jy sopas uit Noag se Ark  uitgestap het en net mooi boggerol weet . Toe dink ek aan my Ma …

Teenoor  die sulkes bly jy stil ..lank stil dat hul hul praatjie praat , jy gebruik jou swygreg  en jy dink steeds aan oorle Ma wat te vertelle gehad het’my kind dit is vreeslik vervelig om alleen te sit en baklei..bly stil die bakleier raak moeg en kry skaam ‘ ..gmf Ma , ken nie deesdae se siele nie !!

Dan kom neuk een inbeller met haar stemmetjie en houdingkie die uwe se voornemens en preke van haar oorle Ma  omvêr..heeltemal in hul moer in ..jammer Ma!

“Ek weet wat my probleem is!” het die pasiënt te vertelle

“kan dai vrou die eelt uitsny?”

Wat doen die uwe .. waardig vertel sy nogal, ‘ek kan nou nie waarborg u het ‘n eelt nie Mevrou” het darem nou nie lus vir haar te vertel dit kan ‘n soolvrat ook wees! Kan jy dink die onsteltennis van meningsverskil.

‘Kom ek maak afspraak, sy bedryf kontant praktyk…konseltasie is so en so en jy hoef nie ‘n verwysing van jou Dr te kry en van kaartjie betaal-masjien tot terugeis by jou fonds, alles probeer ek verduidelik..

Mensig vet in die vuur.

Vertel sy met 2 oktawes hoër “Verstaan my goed, sy hoef nie te diagnoseer nie, ek weet wat is fout- kan sy sny, ek soek narkose..anders kan ek net sowel dr toe..” en toe wens ek dit is ‘n soolvrat plus swam wat sy by swembad opgetel het..

Sy het nog nie haar entrada aangekondig nie.. ek wag..

Die ander inbeller met haar vattie-nonsies-van-kabouters-nie-stem , val sommer met die deur in die huis kosyne en al “..so en so het my gestuur ken jy haar? .. en hoekom nie? en ek wil weet hierdie kleintoontjie wat so klim bo-oor sy maatjie ( en sy skep asem) sal sy die sening kan sny en platdruk .. ek was 9 jaar gelede in Vereeniging en sê my watter dr kan ek gebruik .. want almal wat ek vra het ;n ander naam”

Na my poging van  rustige waardige stemtoon en wag voor die mond en lipvasbytery en woorde oordink, soos oorle Ma haar dogter geleer het, vertel die inbeller.. “nee, wat ek sal annardag jou bel en ek wil eerder met die voetevrou praat..!”

Blaas my siel !

corn-pod

 

 

Advertisements

16 comments on “Podiatrist

  1. Lewies Mymer
    November 15, 2016

    Geduld o geduld wat so baie kan dra…

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 15, 2016

      Besef nou eers tandeknersend wat die uwe se gebit so afgestomp het

      Like

  2. Hier "blok" Elanè
    November 15, 2016

    Kielie-kielie… en ken ek nie die spesie maar nou eenmaal net te goed nie????

    Liked by 1 person

  3. Toortsie
    November 15, 2016

    So wat noem ‘n mens daai varkietone?

    Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai
    November 15, 2016

    Geduld o geduld

    Liked by 1 person

  5. Kameel
    November 16, 2016

    So gaan dit as jy met mense werk….. en terwyl jy nou klaar besig is om klagtes aan te hoor vra asb vir die voetevrou hoekom staan die toon langs my groottoon nou ewe skielik in die lug, en moet ek hom eers platdruk voordat ek ‘n skoen kan aantrek. My toon neig regtig nou so hemelwaarts…. maar dan, ek sou graag self met die voetevrou wou praat.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 17, 2016

      Ons het altyd empatie met mense se voete.. hulle eienaars is soms nogal iets om op ‘n blog oor te pieker!! Sal nogtans vir Kinta vra, oor jou Hemelwaartse toontjie, ek sal nou nie lag nie , maar daardie laaste sinnetjie ..jy moenie die ‘annardag’ woordjie vergeet nie. My skoonma se Oom het in ‘n toestand van elmboog te veel lig die wysheid kwytgeraak van ” God bewaar die een wat met mense boer!” Liefde vir jou Kameel.

      Liked by 1 person

      • Kameel
        November 17, 2016

        Jy kan my annardag vertel wat sê die voetevrou van my hemelwaartse toon :)

        Liked by 1 person

  6. ddupl3ss1s
    November 17, 2016

    Sy kon toe onmiddellik 2 moontlike probleme uitlig … daar vergeet ek in die harwar die diagnose, ai toggie

    Like

  7. coetzee2014
    November 17, 2016

    Ja, dit is seker bitterswaar om toe te gee, dat die klient, altyd reg is.

    Liked by 1 person

  8. Terug pieng: 2016 Waar lees jy lekker? Toortsie se keuse | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

    • ddupl3ss1s
      November 19, 2016

      Jitte , baie dankie Toortsie, die kompliment is sommer sag op my gemoed.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 15, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 19,085 hits
%d bloggers like this: