Woorde

Slang in die gras !

Hierdie blog word spesiaal vir die uwe self geskryf.. sy vergeet –  handig so ‘n blog waar jy soms weer kan herlees.

Dit het ook  ‘n waarskuwing, diegene wat sensitief is oor naaktheid en ag sommer vir diegene wat sensitief is oor die algemeen. Darem nou nie so dat sensuuurraad ontsteld  sal raak nie..

Die hele huisgesin is siek by die Hoekhuis.

Die Ouma die Oupa  en

Hul dogter wat met voete werk en  dié se man. Al is hy Engelssprekend Hoes klink net so erg..

Die kleine Mia kindjie ook vodde siek ( bogenoemde se dogtertjie des ligs).

Nou begin Kian siek word. Skaars partytjie gehou met 1 ste verjaarsdag -erg siek . Glimlag skoon weg. Nou hou die Ouma hart vas dat sy Ma en Pa tog nie ook siek raak nie..

Die siekte glo ‘n soort van virus wat nog nie benoem is nie en wat hardegat is om die wyk te neem.

Ons hoes nou al sedert ‘n paar blogs gelede  https://blogkliesjee.wordpress.com/2016/10/29/hoes/

Dit kom en gaan, net sodra jy dink nou is jy oor die storie.. dan help soek jy na ‘n graaf om jou gat te help grawe.

Hierdie keer lieg ek nie , ek oordryf nie en ek is vrek ernstig.. dit is erg. Koors en spierpyne( die dat ek soms dink my beenpyne is nie my rugkussings wat moer toe is nie, sommer net griep verwant) en jy hoes. Hoes en hoes , vreeslik  lelik wat so afsluit met ‘n hyg snakkend na asem . Dié dat ek en Mia nou al kan spog met ons asma pompies.. die ander detail laat ek willens en wetens weg , miskien net  hoes tesame ou blase nie aan te bevele is nie.

Die Oumense kry medisyne.

Die jong Ouers kry medisyne

Die kleinste kindertjies kry medisyne.

Die jongste kry antibiotika wat so erg is op die sensitiewe ou sieletjie ..maag erg omgesukkel.

Die Hoekhuis  kry nuwe naam Die Huis van Elende en Apteek oppie hoek..

Nou ja die Kian kindjie met die maag , die Antibiotika se skuld.. knaend moet ons doekruil. Hy sit dan sal hy so onwaardig sy een boud lig en( nie vir sensitiewe siele)  ek het nog net  by manne dit  gehoor(sal vir my eie veiligheid geen naam noem) daardie luidkeelse afblaas klankryke reaksie ..ruik soos ‘n oop graf.

Mia gee net so een jegg! “Kaintjie se boud stink!” dan hardloop sy al kamer toe waar boud gereinig gaan word.. sy gee doek aan-salfies aan…  en hou toesig..neus toegedruk tussen duim en wysvinger.

Met die ontploffing, verg dit stadige deeglike reiniging .

Die kleine juffer staan in verstomming en kyk . Nekkie lank uitgerek . Koppie skeef, kniekies gebuig staar vanuit alle moontlike hoeke die orgaantjie wat sy nog nie sommer so te siene kry nie. Onbekend.

Haar Mamma kom ingestap vra baie belangstellend vir die kindjie wat so tweetalig grootword..” Mia, wat sien jy ?”

” Kaientjie het a snake !”

Nou ja , ek seg geen enkelte woord verder  nie..

Advertisements

29 comments on “Slang in die gras !

  1. Toortsie
    November 19, 2016

    Hoop julle is almal binnekort springlewendig. Meng intussen witblits en heuning, net vir die troos!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 19, 2016

      Klink na jollie hoes., witblits slaan seker jou asem so uit dat jy elk geval nie lus het om te hoes..

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        November 19, 2016

        Witblits maak die kieme dood en die heuning smeer die keel. Meng gelyke dele. Gebruik bietjies-bietjies. Boereraad wat werklik werk. Teelepelsvol slaan nie asem weg. Xx

        Liked by 1 person

  2. scrapydo2.wordpress.com
    November 19, 2016

    Og dis nou met permissie gesê n groot gemors. Hoes en blaas, hoes en winde, hoes en antibiotika ammunisie! Die hoogtepunt die slang in die gras. Ai ek het nou lekker geglimlag vir jou kleurvolle beskrywing. Die hoessery is alles lugbesoedeling se skuld.

    Liked by 1 person

  3. vuurklip
    November 19, 2016

    Oorle Oom Jan het gesê: “Die bruin is die enigste kleur wat jy kan ruik.”

    Nou ja, hierdie is ‘n bruin storie.

    Beterskap vir julle almal.

    Vuurklip hoes ook, maar dis die ontvanger se soort hoes …

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 19, 2016

      Lag ek darem nou verskriklik lekker oor die kleur wat eintlik die reuk dra!! Sal ek nou wonder oor jou kuggie !!

      Like

      • vuurklip
        November 19, 2016

        Ja, die kuggie – ook ‘n gekleurde storie soos in die “Wet van Transvaal”!

        Like

      • ddupl3ss1s
        November 19, 2016

        Ja , ja bitter pil daardie betaalslag.

        Liked by 1 person

  4. newsferret
    November 19, 2016

    Voorspoed en gou gesond word.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 19, 2016

      Baie dankie News, gesit en dink as die hoes nie sy ry kry nie sal ek nie vir MR scan kan gaan nie.. so al hoesende in ;n tonnel!!

      Like

  5. Hier "blok" Elanè
    November 19, 2016

    Kielie kielie…

    Like

  6. coetzee2014
    November 19, 2016

    Ai, sterkte met díe een. Ek het dit eenkeer, ook so sleg gehad. Kom ek toe, by ons naaste plaaswinkel, Hilde se winkel, loop ou Willem daar raak en hoor hy dit. “Wag, ek het net die medisyne vir jou”. Haal hy van die rak af, hier kan jy by enige winkel drank koop, die bottel Schnapps van die rak af, met die” tot measure”, wat is die goeie Afrikaans? Gooi so 3 daarvan in ‘n glas, haal daar uit die vrugte rak, ‘n pomelo en druk die sap in die glas. Nou drink jy dit vinnig, beveel hy. Toe ek my oë uitvee, staan daar nog een. Drink! So voel-voel, sonder om te koop wat ek moes, het ek die 3 km terug, aangedurf en op die kooi beland, hoe weet ek nie. Die vrou van die huis, was nie baie beindruk nie, toe ek daar wakker word was ek gesond. Die grootmense, kan dit probeer, maar wat van die arme kjinnertjies, weet ek nie? Wat ek wel weet, is dat pomelo sap, baie goeie medisyne is.

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      November 19, 2016

      Liewe land jy en Vuurklip en Toorts verskaf vir my groot vreugde , sal vir Doepie ook hierdie een wys!!

      Like

  7. seegogga
    November 19, 2016

    Volg ms Toortsie se raad! Of brandewyn( of witblits, ne!) eiergeel en heuning.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 19, 2016

      Ek neem aan daardie eiergeel moet so regtig wees soos uit die eierdop.. ag aarde wat kry mens vir naarheid!!

      Liked by 1 person

      • seegogga
        November 19, 2016

        neewat lekker soet en sterk!

        Like

  8. HesterLeyNel
    November 19, 2016

    O die medikasie wat hier aanbeveel word laat my broek bewe. Sou ek dit waag, sal ek nog boonop wakker word met ‘n babelaas. Sterkte daar!

    Liked by 2 people

  9. Tannie Frannie
    November 19, 2016

    Hahaha – vermoed lankal Adam het ‘n bondgenootskap met die slang aangegaan. Sterkte en beterskap vir julle almal!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 19, 2016

      Ons het nou heerlik gelag vir jou opmerking Frannie, amper gedink niemand sien die slangetjie in die gras raak nie..

      Liked by 1 person

  10. rondomtaliedraai
    November 19, 2016

    Hehehehe ek het nou so lekker gelag vir al die kommentaar en jou blog. Ek weet mens lag nie vir siekte nie… Sterkite <3

    Liked by 1 person

  11. Lewies Mymer
    November 20, 2016

    Ek dink julle moet die Hoekhuis ontruim sodat daai hoesgogga van hongerte kan uitvrek.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 21, 2016

      Saterdag het ek gevoel na boedeloorgee , lanklaas gelê en hoop seblief dood dan nou net , gister beter vandag voel ek weer na sluip .. wens dit slegs vir ons agbare president toe.. hy kan doen met tyd om te oordink.

      Liked by 1 person

  12. travel460
    November 20, 2016

    Mens moet die pittige sêgoed van die klein mensies iewers in bottel kan bewaar, en kort kort weer bietjie daarna luister.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 21, 2016

      Ek neem my voor so opskrywe in krulletjieskrif met foto in scrapbook… ek moet dit regtig begin mens stel uit en vergeet die woorde

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 19, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: