Woorde

Die Huis ruik na Appelkooskonfyt

Die Boom het gevrek.

Haar spogboom tesame met haar stokperdjie daarmee heen.

Al paar jaar gelede. Die vrekte.

Sedertdien ontvang sy soms ‘n skotteltjie , afhangend van dra van die Boom van die  dierbare Buurvrou.

Gister ontvang sy die kosbaarheid, die kosbare goud .

Omarm die grys plastiese kommetjie , die reuk van vars afgeplukte vrugte van ‘n boom in die agtertuin.

Sal seker so 2,5 kg suiker wees.

Die afspoel.

Die donkermerkies uitsny met die fyn messie.

Die oopbreek.

Die afweeg, sy was toe reg 2,5kg.

Die onthou van Tannie Kleina(Lydia) haar konfyt soos goud, vinnig kook tot dit soos lawa prut en skiet .

Warm vrugte in warm flessies. Afkoel uitgepak in rye op die vensterbank.

Die laaste skeppie in klein erf konfytpotjie. Die een met die rosie onder in die bodem uitgekerf.

Haar ouma s’n.

Die vars gebotterde snytjie met goud bedek.. staan-staan  hap vir hap , haar en verlustig aan die soetsuur.

appekooskonfyt

 

 

 

 

 

 

Advertisements

31 comments on “Die Huis ruik na Appelkooskonfyt

  1. vuurklip
    November 23, 2016

    Is dit nou met die Wellington se suiker van ‘n trippens die pond?
    http://redmp3.su/2060810/die-kampvuursangers-daar-kom-tant-alie-tant-mina-kook-stroop.html

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 23, 2016

      Het jy al Meebosstroop ge-eet , eendag by ‘n padstal raakgeloop, hmm miskien omdat ek dit nie ken nie, was dit vir my regtig vaalsmakie! Wou noem @ R37,50 (huidge prys hier) en gratis Appelkose op die gasstoof en so 12 klein Botteltjies verder.. klink dit amper na trippens die pond wins.

      Liked by 1 person

      • vuurklip
        November 23, 2016

        Die naaste wat ek aan meebosstroop gekom het is hier (luiter mooi):

        Like

  2. HesterLeyNel
    November 23, 2016

    Ek mis ook my appelkoosboom. Ons het darem nog ‘n paar bottels konfyt en blatjang wat my man gekook het, saamgebring. Geniet!

    Liked by 1 person

  3. Hier "blok" Elanè
    November 23, 2016

    Jitte – hoe vat hierdie my terug na my ouma se kombuis toentertyd – ek het nou so lekker terugflits met hierdie stukkie lekker lees ervaar.

    Liked by 1 person

  4. scrapydo2.wordpress.com
    November 23, 2016

    Laat jy nou my mond water. Jammer om te hoor van boom wat dood is. Droogte het seker n groot hand daarin.

    Like

  5. travel460
    November 23, 2016

    Hier sit ek my sit, en my mond water.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 23, 2016

      Ek het probeer bepaal as dit nou rooiwyn was .. hoe verklaar mens daardie unieke reuk en smaak op die tong..

      Liked by 1 person

  6. ekmyselff
    November 23, 2016

    Lekker! Gisteraand toe ek by my eks-skoonma aankom toe is haar appelkooskonfyt nog vuurwarm, jongste het dadelik na n broodjie gegruip en ek het darem n botteltjie gekry.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 23, 2016

      Is dit nie wonderlik nie, toe maak eks nie meer saak nie , mededeelsaam om ‘n botteltjie konfyt.

      Liked by 1 person

      • ekmyselff
        November 23, 2016

        Ons kom darem nog baie goed oor die weg

        Like

      • ddupl3ss1s
        November 23, 2016

        Jy verdien ‘n ster, so pragtig !

        Like

  7. rondomtaliedraai
    November 23, 2016

    Oooo ek is baie jaloers

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 24, 2016

      Tina ek het al gevind die vrugte by supermark uit koelkamers verloor die geur en die smaak van die boom uit die agtertuin sn.

      Liked by 1 person

  8. seegogga
    November 23, 2016

    Lus kry ek nou! Mooi vertel.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 24, 2016

      Dankie, op my facebookblad het ek vertel,( met foto bewysstuk)diekant se Hoekhuis stuur toe die leë houer met botteltjie konfyt na doeriekant se hoekhuis en toe kom die houer weer terug met volgende kooksel..

      Like

  9. nowathome
    November 24, 2016

    Ahh! Hoe verlang ek nou na my ma!! Sy het ook appelkooskonfyt gekook!

    Like

  10. Abrie Joubert
    November 25, 2016

    Ek is seker ‘n bevooregte man, my vrou kook ook nog appelkooskonfyt (maar sy noem die appeljannies). Ek ken dus die geur van daardie goud.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 26, 2016

      Gaan dit goed met die vrou wat appeljannies kook?

      Liked by 1 person

      • Abrie Joubert
        November 29, 2016

        Toe jy die vraag gevra het was haar witbloedtelling te laag om chemo te kry. Sy het gisteroggend weer laat trek en die keer was dit normaal en het het sy haar 3de rooi chemo gekry gister. Dokter tevrede met kankertellings en sy is op die pad van herstel.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        November 29, 2016

        Ek kan onthou iewers langs die pad het ons ook dit beleef die tellings wat so laag raak.. Ek is vreeslik bly dat alles volgens plan verloop. Doepie gaan die 1 ste Desember vir al die volg op van xstrale en bloedtrekke (kolon) en later in Desember kry hy biopsies (die blaaskanker) . Ons harte klop maar in die keel , maar bly positief. Hy lyk goed . Groete en ons dink aan jou en gesin. en veral aan haar.

        Like

      • Abrie Joubert
        November 29, 2016

        Ek het vir oomblik vergeet dat julle ook hierdeur gaan. Partymaal met al die goed wat gebeur (te midde van 2 tienerdogters in die huis en werksdruk) raak mens so verweef in jou eie dinge dat mens vergeet van die behoeftes buite jou eie onmiddelike wêreld. Sterkte vir julle ook. Die mense buite my onmiddelike wêreld is inspirerend. Saam trek en met tye swaar trek saam aan hierdie wa.

        Like

      • ddupl3ss1s
        November 29, 2016

        Dankie Abrie, om positief te bly is die beste raad wat ons kan gee.

        Like

  11. Kameel
    November 30, 2016

    Waar is my skoonma nou? My kinders grootgemaak op die bottels konfyt wat sy gekook het. Eienaardig as ‘n mens jonk is besef jy nie die seën daarvan nie… sal nou nie omgee vir daardie botteltjie goud van jou nie. :)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 1, 2016

      Gevind die eerste kooksel meet suur byt smakie, tweede meer soet dink die vrugte was meer ryp.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 23, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: