Woorde

Pa?

Sy’t weer gaan skuinslê. Iewers  in die voornag het sy aan die slaapgeraak.

Sy word wakker. Sluit deure oop, vensters oop.

Die sagte reuk van rankrosies oorweldigend.  Die soort soos  in Rodebank se voortuin .

Haar dierbare Witstinkhoutboom hang swaar aan roosknoppies.

In verstomming stap sy buite toe, al om die boom.

“Kry mens nie ‘n koffietjie nie?”

Haar Pa se stem, duidelik herkenbaar.

Soekend na stem en mens ..

“Pa! hoe op die aarde kom Pa op ons huis se dak?”

Hy trek sy skouers op , so asof hyself vergeet het.

Weer kyk !

en hy is net weg.

Die rose is weg.

..’n klein veertjie wieg liggies tot voor haar voete.

Swaarsluk die vrou aan weemoed toe sy wakker word.

pa-gericke4

 

 

 

Advertisements

27 comments on “Pa?

  1. Toortsie
    November 25, 2016

    M8s ek nou my pa ook!

    Liked by 1 person

  2. nowathome
    November 25, 2016

    Swaarsluk ek nou aan die weemoed…..

    Liked by 1 person

  3. seegogga
    November 25, 2016

    Ja die droom is altyd so lekker. Dis daardie wakkerword en afkom aarde toe wat mens tref. Maar weet jy, ‘n mens bly mos voortdurend in gesprek met jou geliefdes wat nie meer daar is nie, so asof hulle maar in elk geval nog hier is. Eers was dit vir my sleg. Nou is dit vir my ‘n troos.

    Liked by 1 person

  4. Hier "blok" Elanè
    November 25, 2016

    Ek en jy, ons is beslis vandag op dieselfde plek, een van heimwee en weemoed…

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 25, 2016

      Solank onthou tog ‘n tikkie humor ook bykry.. nogal agterna gedink tensy die leer reggestaan het .. die ou maer beentjies van my stomme Pa skuinsdak uit.. my Pa sou sy kop sekerlik vir sy dogter geskud het .oor hierdie geskriffie.,.

      Liked by 1 person

      • Hier "blok" Elanè
        November 25, 2016

        Dit is mooi, en ek lees die humor en hope liefde raak…

        Like

      • ddupl3ss1s
        November 25, 2016

        Altyd gesê met routyd.. eers het ek al die viesdae onthou, toe ek by lagdae kom , het dit soveel makliker gegaan, noudat ek ouer is het ek ook tonne meer empatie met my ouers.

        Liked by 2 people

      • Tannie Frannie
        November 25, 2016

        Ja, daardie nuwe empatie, noudat die tand van die tyd aan ons ook kou…

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        November 26, 2016

        Mooi verwoord Frannie.

        Liked by 1 person

  5. coetzee2014
    November 25, 2016

    Droom gereeld van en oor my pa. Eers was dit ontstellend, nou deel van my drome.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 25, 2016

      Soms is dit goeie herinnering van stemtoon – snaaks hoe vergeet mens dit!

      Like

  6. HesterLeyNel
    November 25, 2016

    Mooi geskryf. Ek droom net so baie van my ouers, maar gewoonlik ervaar ek hulle as baie jonger (in hulle 50’s), terwyl albei in baie hoë ouderdom oorlede is.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 25, 2016

      Kan dit wees omdat jy hul toe meer geniet het? My onthou verkies ek ook eerder toe hul breine nog helder was.

      Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        November 25, 2016

        Ja, ek dink amper dis ‘n onbewustelike hunkering na my kinderdae. My pa was reeds 50 toe ek gebore is en my ma 33, so in my drome is ons gesin nog bymekaar en ek ook heelwat jonger wanneer my droombrein hierdie beelde optower.

        Liked by 1 person

  7. perdebytjie
    November 25, 2016

    Pragtig geskryf,Dirkie!Hoe ouer ek word,hoe meer spring gedagtes van die verlede in my kop.Ek mis ook my pa.Hy sou verlede week 108 geword het.

    Liked by 1 person

  8. Tannie Frannie
    November 25, 2016

    ag dis aangrypend geslryf – jy is ‘n meesteres van die woord.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 26, 2016

      Baie dankie Frannie, vir die kompliment, moeilik om die meesteres aan my toe te dig!!

      Like

  9. Abrie Joubert
    November 25, 2016

    Toe my ma oorlede is het ek teruggekyk. Met my pa se dood het en binnetoe gekyk.

    Like

  10. Kameel
    November 30, 2016

    Mooi geskryf Dirkie. Hoekom droom ons so van die wat weg is? Partykeer is die hele klomp sommer saam in een droom, en wanneer ek wakker word besef ek daar is meer nou in die hemel as op die aarde. Net ek en my ousus oor.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 1, 2016

      Ons ouers weerskante reeds oorlede. Ons kinders weerskante almal nog gelukkig om mekaar te kan hê.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 25, 2016 by in Gedagtes vir die dag.,Uncategorized.

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: