Woorde

D-dag

Per toeval is die Dag toe ook Donderdag.

Eerste Desember 2016.

Gister stap hulle, man en vrou,  weer tesame Onkologie afdeling binne.

Verby Chemo afdeling verby bestraling afdeling.

Vriendelik groet  die personeel . Opregte  vreugde om te sien ‘n pasiënt stap op en wakker sonder bleekheid binne . Hul meld aan soos ou bekende onbekendes . Iewers raak jy naderhand ook ‘n lêer nr .

Sy sit neffens hom, hou die  mede-pasiënte dop. Die onthou-pad wat hul geloop het  . Ook soms so stram-gesig gesit en wag  en wag vir moontlike goeie nuus . Elke bloedtoets ..

Altyd vasgehou aan goeie nuus. Midde in ellende altyd vasgeklou aan bly positief , moenie moed opgee nie ..

“Het jy gedurende die tydperk sedert kanker begin het, ooit moedeloos en bang geraak?”

Nee, nie bang nie, net die pille drinkery (chemo tablette) het my so depressief gemaak, die ewige roetine, elke liewe dag die pille aftel , sluk en sluk gevoel of dit net nooit end kry nie..”

” ..o en die ergste was die bestraling, die komplikasie , Peritonites! “

Moedeloos en bang? nee.  Gesien daar sit ouens wat baie erger en sieker is. Vir hulle jammer gekry, en dankbaar gevoel dat dit eintlik nog goed gaan met my.”

Positief in belewenis van aftakelende siekte.

Sy gesin?

Die dag toe kringetjie gemaak is onder die groot ou  dierbare Boom , met ” Pa, moet nou vir jul vertel die toetse en die uitslae is nou nie soos ons dit graag sou wou hê nie, nou moet ons die pad loop en die beste daarvan maak ..”

daardie dag het sy vir hul twee grootmenskinders vertel,  nadat hy opgestaan het met Kleine Mia aan sy hand  ” as ons nou uitmekaar val, dan gaan hy ook uitmekaar val, ons gaan nie nou  begrafnis hou nie! Hoor julle my,” en sy kyk na oë van grootmenskinders  wat skielik klein geword het in smart. Sy sluk.

Positief.

Sy het snags haar rondrol gerol, snags gewonder en geluister na sy slaapsnorkie.

Sy het soms oopbek in die stort klankloos getjank, sjampoo en trane.

Daarna gesig afgedroog

Grimering aangewend .

Positief ,  glimlag , stem lig gehou. Al wou sy soms ook net sit en met moeite asemhaal.

Positief bly, onthou ! nie uitmekaar val nie!

Sy het menig dag gewonder hoe voel en beleef die kinders dit, en hy ?

Nou sit hulle na twee jaar en wag .

Hy is deeglik ge-xstraal, ge-sonar ge-bloedtoets.

Hy word geroep deur Onkoloog.Gegroet, wedersyds gevra hoe gaan dit .

Elke foto word beloer.

Hulle sit met vreugde en luister, die orgaan en doerie een en dit en dat alles lyk goed, geen teken van vergroeiings .

Die volgende kuier word beplan , oor 6 maande , hier sal  jy sal altyd ‘n gas wees.

Hul stap uit, verbeel sy haar of is vertrek sommer helderder, sy sien die helder kleure van plastiese ‘clipboard’ raak.. die glasbottel met toffies. helder gekleurde papiertoegedraaide soet vertroosting, as bleekheid soms een nodig kry.

In die gang sug hy,

“Dit voel soos berg van my skouers af”

Rustig, sonder dat hy ooit te kenne gegee het van die berg .

 

* Baie dankie aan elkeen se meelewing en rate (naalde kan soms arm erg pynig met chemo toediening) en bemoediging en gebede. Dit was veral vir hom die wonderlikste belewenis, vreemdelinge  (bloggers en facebookvriende) wat altyd navraag gedoen het . Natuurlik die familie en vriende die daaglikse kuier per sms, whatsapp en  vinnige   kuier, die huisbesoeke per private message..so gereeld so kosbaar deur ‘n mede blogger .

Baie dankie

Liefde

Die Hoekhuis se mense.

 

 

 

 

Advertisements

25 comments on “D-dag

  1. newsferret
    Desember 2, 2016

    Dit is nou ‘n mooi manier vir my om die dag te begin. Goed gedaan Doep.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 2, 2016

      Sal hom netnou die blog laat lees, hy drink sy vroegoggend koffie op die oomblik, dankie vir jou positiewe bemoediging deur al die maande , hy het dit so waardeer.

      Like

  2. poerdez
    Desember 2, 2016

    Ons is almal baie bly!!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 2, 2016

      As ons foto kon plaas van emosionele belewenis van die goeie nuus sou dit pryswenner wees. Dankie Poerdez

      Like

  3. seegogga
    Desember 2, 2016

    Ai dis nou ‘n feel good blog! So bly vir julle!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 2, 2016

      Baie dankie seegogga, wil so graag hê elke persoon moet kanker nie as einde beleef met behandeling is daar altyd kans op tweede lewe(tydperk nie tersprake.)

      Liked by 1 person

  4. Hier "blok" Elanè
    Desember 2, 2016

    mooiste deernis ooit – dankbaarheid is ‘n groot woord, vanselfprekende gesondheid ook, en juis daarom moet ons elke dag met ‘n dankbare hart opstaan omdat ons die dag met goeie gesondheid te kan ingaan – dit is nie VANSELFSPREKEND NIE!

    Like

  5. Korrelkop Kahuna
    Desember 2, 2016

    Uitstekende nuus, uitstekend vertel. Baie bly vir al die hoekhuis se mense.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 2, 2016

      Baie dankie vir jou saamlees, as mens midde in so storie is kry mens wonderlike onderskraging en kalmte ..daarvan kan ek ook getuig.

      Like

  6. HesterLeyNel
    Desember 2, 2016

    Jubel sonder baie woorde.

    Like

  7. Jeanné
    Desember 2, 2016

    Hoekhuismense ek is saam met julle dankbaar en bly! Dit is wonderlike nuus! Drink ‘n ekstra koffietjie op dié.

    Mooi loop.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 2, 2016

      Kyk ek het sekerlik al rekords laat spat, die nagtelike koffie drinkery!! Nietemin alles smaak lekkerder as die gemoed lig is.. Dankie vir jou bemoediging dit is en bly kosbaar.

      Like

  8. Spokie sny spoor
    Desember 2, 2016

    Aaag, so bly saam julle dat Kersfees nog’n familie byeenkoms gaan wees. Sterkte met die uitdagings verder.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 2, 2016

      Baie dankie Spokie, nou die dag genoem ons is eintlik so gelukkig dit is nog net ons ouers weerskante wat oorlede is, ;n groot voorreg om familie te wees al is afstande deesdae ‘n ander feitlike.

      Like

  9. coetzee2014
    Desember 2, 2016

    Dankbaarheid en blydskap, aan hierdie kant. My oë wil nie mooi sien nie. Jou aandeel in die suksesstorie, is baie groot.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 2, 2016

      Baie dankie Danie, hierdie siekte het ons as huisgesin nader aanmekaar gebring en soveel te meer waardering dat alles tog ten goede meegewerk het.

      Like

  10. monicahaddad01
    Desember 2, 2016

    Bly saam met julle. Wat sê die spreekwoord nou weer? Wat nie doodmaak nie maak sterk of iets in dier voege.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 2, 2016

      Ons het gesien die chemo pille word van ‘n klein fyn geel blommetjie gemaak .. dit destyds gegoogle, so uit die natuur kom tog ook genesing.

      Like

  11. travel460
    Desember 2, 2016

    Ek het eers onlangs hier by julle aangekom, so kan nie roem op saamstap en saamlees nie. Maar hierdie stuk vertel so baie, dat ek nie my trane kon keer nie. Trane van diepe dankbaarheid saam met julle.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 2, 2016

      Baie dankie ek waardeer opreg. Elke pesoon wat saamgelees en kommentaar gelewer het, het baie vir ons beteken.

      Liked by 1 person

  12. rondomtaliedraai
    Desember 2, 2016

    Heerlike nuus … nou sal ons aan Mia se ouma moet begin werk

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 2, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: