Woorde

Outo-Imuunsiekte

“Wanneer jou immuniteit teenoor jou eie liggaam begin draai.”

Voor die vertel begin , hierdie is nie Mediese artikel, bloot vertelling  hoe die uwe dit aan haar eie bas beleef.

Nou die dag gelees, probeer die humor in situasie raaksien. Ek was en is nog altyd ‘n voorstander van humor, dit bring altyd ‘n liggie , al is dit pynlik flou ..soms is die lampie ook maar leeg. In alle liefde geliefde mede lesers, jy’t boggerol lus om te lag of humor in enige situasie te loop  soek as jy die Moeder van alle pyne beleef , veral nie 2 uur snags nie !

Dit het ‘n begin . Sy het knaend ‘n verkoue- ‘n  hoes dat sy haar tot in asmatiese toestande in gehoes het . Alle medikasie en boererate is aangewend  toe kom ‘n dokter tot die slotsom ‘n virus. Nee, moenie  die naam vra nie, as die medici nie weet nie dan is dit een van die vele peste en plae wat jou liggaam aanval.

Die hoes het opgeklaar , sommer net een mooi lieflike dag .

Toe pyn haar nek. Stram nekspiere..sy gee sulke gilletjies as sy te vinnig kyk waar sy wou kyk .

Toe pyn die heupe.

Die pyne in die bene .

Die verskriklike pyn in bo-arms.

Sy kon tot haar leedwese nie haar kleinkinders meer optel nie. Eers gaan sit, Mia klim tjoef tjaf op die Ouma se skoot , en jy bly stil as sy haar so inwikkel op die skoot , want jy pyn oopogig en vertel vir haar Ouma is bitterlik lief vir jou.. en kleine Kian..sy Pa ken al die storie, “ouma gaan net gou eers sit dan sal ouma jou vashou.. wriemel-wurm ou seuntjie, vrolike spoeglaggie.

Die koors wat nie merkbaar ‘n verhoogde syfertjie op die koorspen wys nie kompleet soos gloede van jou binneste ..slaan in sweet uit net om weer te klappertand.

Toe haar knie eendag klap en rondbol swel..en selfs Mia se soene op Ouma se knie  wou nie “Ouma se knie sicks (Fix) nie, besluit die Ouma dalk is dit weer die rug (sy’t mos skroewe), en sy gaan kuier vir die hoeveelste keer by die GP.  Met opdrag-  ‘drink die reeks en as daar nie verbetering is nie , gaan jy vir x-strale van die nek en rug’.

Sy’t gedrink en Sy’t gepyn  en sy’t gaan xstraal in tonnels gaan lê met yskoue suidewind in haar gesig .. die kuifie wapperend ..geluister na eentonige geluide en in haar geestesoog voorgestel sy’s bo-op ‘n berg en kyk na grasvlaktes doer vêr.

Sy’t geflikkergram.

Sy’t naderhand suutjies begin vloek . Mens raak naderhand so – moedeloos verby gepyn dan verkeer jy onder die die indruk so kruie woordjie of twee mog dalk help.

Sy’t haar Ma onthou. Daardie dag toe sy in sittende posisie nie krag in heupe het om haar op te lig nie, toe onthou sy en besef skielik het sy ‘n sprong gemaak van 63 jarige na 83 jarige se lyf.  Sy’t onthou “Ag my kind, Ma het so pyn in haar bo-arms die ou dikvleisies van my arms”(dan sien haar dogter net ou velltjies hang geen dikvleisie sigbaar nie) maar dieselfde pyn . “Ag Ma se ou heup!”  “Ag die ou rug ..die bene!”skeef en krom getrek, arme Ma.

Sommige oggende met die opstaanslag het sy  gevoel soos ‘n skilpad op sy rug , voete fladderend, arms kan nie help regop kom nie,  as sy sittend sou kon raak -heupe het nie krag om regop te kom nie, dan lê sy daar en spartel en mik -mik vorentoe-vorentoe om spoed te bereik om te-op.. en maak naderhand haar geliefde wakker met ” Help tog net !”

Jy word gehelp as jy aangetrek moet word. Jy word gehelp as jy uitgetrek moet word.. soms skree jy uit die badkamer/toilet , vir hulp.

Amper vergeet sy  ,   jy klap! Nou nie soos in klappe uitdeel nie, die skouers die heupe die knieë hul klap soos iets wat nou deure wil toeklap. Soos lankterug se tiener wat genoeg gehad het van situasie !

Die vraag en vanwaar gehasie , die skielike ellende .. glo daardie virus die een wat jou soms laat hyg het na asem .. glo die bogger wat hierdie virus aangeskakel het (trigger lekkerder woord – selfde ellende)

As jy nou wil google , dan kom jy agter daar is vele Outo-imuun siektes. Sommige pyn sommige takel af sommige  is verlammend.

Sy, die vrou oppie hoek.  nogal gedink sy sal aan ‘n Facebook groep behoort – so persoonlike ondersteuningsgroep.. nee wat, ek kan nie insien ek moet lees van ander siele in selfde bootjie wat nou dagrus/bedrus moet hê of dit en dat se pille wat ditse en datse negatiewe uitwerkings het . Vaderland dit plaas die uwe net op moedverloor se vlakte.. nee wat !

Sy  is nog nie op die humor fase nie.

Sy erken ruiterlik tjank,  tjank sy.

Sy kry ongelooflike ondersteuning van haar geliefde en haar kinders en haar kleinkinders wat alle pyne sou wou ‘sicks- overgesetseinde fix’

Sy is oneindig dankbaar toe hy Kanker beleef het , was hy nooit blootgestel aan chroniese pyn nie.

Sy is op pynbeheer fase, altans sy probeer. Pille nie gehoorsaam nie.

As jy dalk dink jy kan sommer gou-gou Koffiewinkel toe gaan en koffie en koek gaan eet, vergeet suutjies daarvan.

Jou kamer  word jou hawe.

Jou bed word jou hawe.

MAAR  – haar  hande is nie aangetas nie, dankie Vader tog .. sit by die rekenaar raak uitdaging, en Krismisvader mag maar vir haar boeke gee, sy lees , dankie Vader tog daarvoor ook.

O en so laaste versoek, as jy nou vir jou kinders beroepsvoorligting wil gee, vertel asseblief as jy wat jongeling is, belangstel in mediese beroep.. oorweeg tog om ‘n Rumatoloog te word , skaars soos hoendertande . ‘n  Gewaardeerde  beroep .

Hierdie chroniese pyn gun en ek waaragtig nie vir my grootste vyand toe nie.. tot die politieke siel aan die stuur van die land nie.. dan moet jul weet !

Advertisements

17 comments on “Outo-Imuunsiekte

  1. HesterLeyNel
    Desember 22, 2016

    Eintlik is ek met blogvakansie, maar my oog het tog hierdie gevang en ek verstaan ‘n ietwat hiervan. Ek verstaan hoekom jy nie wil lag en positief wees nie, nie net uit persoonlike ondervinging (gelukkig in die verlede nie), maar omdat ek dit elke dag tweedehands beleef in my eie huis. Niemand wil lag as jy heelnag regop moet sit omdat jou been / rug / heup kramp of brand of omdat jy moet snak na elke asemteug of omdat jy te seer het om self toilet toe te loop nie. Niemand kan regtig help nie en Iemand wat dit elke dag aanskou en meeleef, voel so magteloos dat sy ook maar net sit en saamhuil, al help dit dan nou ook nie juis nie. Iemand voel ook lus om klappe uit te deel wanneer mense dink jy maak ‘n berg van ‘n molshoop. Ek is jammer dat jy so swaarkry.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 23, 2016

      Daar gooi rekenaar jou kosbare kommentaar in spam ..ai toggie. Wat vir my so groot skok is, die skielikheid daarvan. Altyd gedink ek kan pyn hanteer, as mense nie pyn kan sien nie, verstaan hul nie altyd nie. Eensame pyn . Het jy al gehoor van Polymialgia Rheumatica ? Ai ek wens dit gaan beter daar by jou met die een wat die ongemak en pyn moet verduur. Sal seker moet begin met Kortisoon ..rond gaan ek wees en die dekselse meds het soveel newe effekte. Liefde daar, en baie dankie vir jou woorde van troos..salf nê..

      Liked by 1 person

  2. benvanbruggen
    Desember 22, 2016

    Nogtans verskaf jy glans . Bravo.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 23, 2016

      Baie dankie Ben, ek besef mens moet tog maar gereeld vir goeie ondersoek gaan, te lank draai vererger gewoonlik die diagnose.

      Like

  3. Lewies Mymer
    Desember 22, 2016

    Ai, dis nou ‘n neukery! Hoop daar is sommer gou beterskap.

    Liked by 1 person

  4. travel460
    Desember 22, 2016

    Ag tog. Ons word ouer en die lywe begin knaag. Ek voel saam met jou, hier lol ń paar dinge wat nie voorheen daar was nie. My middel dogter is op 34 gediagnoseer met Graves sindroom, ook ń outo imuun siekte. So ek verstaan so ń bietjie waarvan jy praat. Sterkte vir jou, maar ek weet ook waar jou krag vandaan kom. Dit is op die ou einde al wat ons het om op terug te val.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 23, 2016

      Ek dink dit is van die tragieste siekte toestande , die outo-imuun soort, sterkte aan jou dogter hoop sy bly moedig en positief. Groetnes.

      Liked by 1 person

  5. johannavr7
    Desember 23, 2016

    Baie sterkte, ek dink aan jou en bid jou spoedige beterskap toe.

    Like

  6. Toortsie
    Desember 27, 2016

    Ag nee! En ek dog die witblits en heuning sou help!

    Like

  7. Tannie Frannie
    Desember 27, 2016

    ai Dirkie, dis nou aaklige nuus. Jy beweer jy is nog nie by humor nie en tog lees ek ‘n sagtigheid en ‘n meewarige glimlag raak. ‘n geweldige uitdaging – en ek glo in jou, jou blymoedigheid, jou moedigheid. jou liefde en jou geloof.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 28, 2016

      Kortisoon is die doepa wat so graag voorgeskryf word, van alle dinge is ek tog so deksels sensitief daarvoor.. elkgeval sensitief of de not- ek sal dit drink terwille van verligting van kroniese pyn. Nietemin het ek toe nie Kerstyd vetjies aangesit nie, seker van die weiniges wat afgemaer het.. geniet jou kuier by jou kinders en ek glo dit gaan ook goed met die pasiënt.

      Liked by 1 person

  8. Hier "blok" Elanè
    Desember 28, 2016

    Sjoe – ja pyn is niemand sy maat nie. Maar ek glo humor so tussendeur maak dit seker meer draaglik. Ek sit met ‘n enkel vol skroewe en op die beste van tye kniehalter die ding my ook, veral in die nagte wanneer almal slaap sit ek en wikkel wikkel aan die voet net om myself te troos dat die pyn darem met tye verledetyd ook is, tot ‘n vlg sarsie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 22, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,053 hits
%d bloggers like this: