Woorde

Renons

Laasnag is ‘n hele blog beplan, geskryf en gepubliseer .

Wakkerlê kan produktief wees.

My Ma het van gedagtegang gepraat.. as jy jou dinke dink.

Woorde netjies agtermekaar volledig gekomma en gepunt as jy nou uit die vuis moes praat.

Die blog was oor die woord renons.

Sy, dis nou die uwe se Ma het  soms die woord  renons gebruik, deesdae het renons sommer ‘gatvol’ geraak ! Wel  in hierdie huis gebruik ons nie renons nie…

Daarvan het dadels gekom ..

van die  blog.

Die gedagtegang, alles moerlandspan toe.

Daardie pan waar net stoffies in die wind opwaai en wintertyd ysig  aanvoelbaar teen jou gesig .

Hy kla oor vergeet, glo die oorlog( chemo) se skuld.

Sy kla ook oor vergeet, sy’t ewige renons daarin.

Sy troos haarself deesdae nes haar stomme Ma gemaak het met ‘n ‘toemaar, my kind’!

Sy dink nog aan ‘n handige beskuldigde …

Sodra die blog  tussen die grysstof  opgespoor word- sal dit verwoord word.

Gekomma en gepunt, ‘ sinne hang nie sommer so in die lug nie my kind’

kai-pannen

Advertisements

17 comments on “Renons

  1. Hier "blok" Elanè
    Januarie 6, 2017

    kannie waggie… ag ek bedoel – kan nie wag nie!

    Liked by 1 person

  2. Annabelle Lombard
    Januarie 6, 2017

    Goeie leesstof!

    Sent from my iPhone

    >

    Like

  3. poerdez
    Januarie 6, 2017

    Menz praat soms interne bakke vol bloginskrywings in die motor oppad huis toe … net om niks daarvan te onthou wanneer dit by die neerskryf kom nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 6, 2017

      Wonder ook soms hoe mede bloggers blogs beplan ? Sou interessant wees .

      Like

      • poerdez
        Januarie 6, 2017

        Menz se post-idees kom van oral oor af … FB en op die pad en TV en flieks en boeke en life in general.

        Liked by 1 person

  4. Toortsie
    Januarie 6, 2017

    Oeee dit maak mens moedeloos! Die beste bloginskrywings met die raakste woorde gebeur altyd wanneer dit nie neergeskryf kan word nie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 6, 2017

      Ek het altyd notaboekie in my handsak aangehou, los woorde – dan wonder ek wat op aarde het ek daarmee bedoel ? gesien? gehoor?

      Liked by 1 person

  5. Tannie Frannie
    Januarie 6, 2017

    Ag dis so lekker om van jou te lees. My mees skouspelagtige onlangse vergeetsessie was twee ure se onverdunde paniek terwyl ek my paspoort soek – wat my dogter so 20 dae vantevore (onder my oë!) veilig in die kluis toegesluit het…

    Liked by 1 person

  6. lewies
    Januarie 6, 2017

    My blogs wat in die donker ure ontstaan vlug met eerste lug weer die vergetelheid in.

    Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    Januarie 6, 2017

    Gelukkig word die Chemo-vergeet later beter en daarna vergeet mens hoe bang dit jou gemaak het.

    Vir jou het ek egter nie ‘n oplossing nie… grinnik… wel nie wat mens in beskaafde geselskap kan noem nie

    Like

  8. scrapydo2.wordpress.com
    Januarie 7, 2017

    Dit is presies hoe dit met my ook werk. Ek dink die wonderlikste goed uit om oor te skryf terwyl ek stort. Dan kom die alledaagse dinge verby en gryp sommer die gedagtes ook weg na die “werklike” lewe. Gaan sit dan en wil iets skryf! Aikona, waaroor was dit nou weer gewees? Ek het meegevoel met jou. Nou die dag wou ek n mooi woord gebruik om die geboorte van die kleinkind te beskryf. Toe ek dit vir my seun wou sê – wraggies niks! Het woord later wel onthou maar alweer vergeet. Die lewe gaan egter voort al blog mens nie daaroor nie nê! :)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 7, 2017

      ‘n Woord om vir ‘n nuwe lewetjie! Ag so omvattend die groot vreugde en ‘n oorweldigende gevoel – nogmaals geluk mag die woorde mooi in ‘n ry staan om die kleine mensie te kan beskryf.

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Januarie 7, 2017

        Dankie hoor! Ek is ook vreeslik trots op my seun wat die genot van n babtjie kan geniet. Hy was nog altyd lief vir die kleintjies. Die grote man het hele geboorte meegemaak.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Januarie 6, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: