Woorde

Buks se Bedmaat

Nuwe jaar , net in jaartal .

Meeste groot dinge bly steeds dieselfde. Altans tot op hede – hierdie 10de dag van dese Jaar..

Behalwe –

Buks, die dik ou hondjie het  tydelik ‘n nuwe bedmaat gekry.

By die Hoekhuis se Yesterday-today and tomorrow -struikie was daar ‘n gevroetel, die nuuskierigheid het  oorgeneem, nadat sy blafsessie en hare rysend  niks opgelewer het nie, en al die Hoekbewoners ondersoek ingestel het .

Lyfdiep onder blare staan Buks en snuffel ronde oorgewig agterstewe sigbaar , hoor ons  angsfluit. Muisvoël.

Stomme dingetjie het hom miskien disnis gevlieg teen venster.. geen bloed of afbeen nie..Buks in vervoering en twietend  en ons blasend en waarskuwend.  Ons wou die natuur meer natuurlik sy gang laat gaan.

Gisteroggend beweeg Buks nie uit sy kooi nie,  kom ons nader dan knor hy -lê Muisvoël neffens hom, Hy eet hom nie , nee gee net so lek deur Muisvoël se gesig, die kuif papnat. Poot so op die stomme ding se lyf.

Nadat  Buks met stukkie droë wors weggelok is, tel Geliefde so vies-vies karkassie aan pote op, skree daardie voël op hom!! Ten hemele.

Of die Muisvoël het die warm slaapplek geniet

Of die voël het die badsessie waardeer

Of dit was vir die aardbewoners ‘n voorbeeld van die Leeu en die Lam wat in vrede kan saamwoon .

Advertisements

14 comments on “Buks se Bedmaat

  1. Toortsie
    Januarie 10, 2017

    Wow! Ag dis dierbaar!

    Liked by 1 person

  2. Hier "blok" Elanè
    Januarie 10, 2017

    Nes in die hemel… julle klink na mense soos my soort mense, goeie mense wat ons is…

    Like

  3. seegogga
    Januarie 10, 2017

    Jy moes!

    Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel
    Januarie 10, 2017

    Kostelik! Nou gaan Muisvoël eers aanbly in daai bed?

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 11, 2017

      Muisvoël is op veilige hoogte geplaas, na deeglike oorweging het hy seker besluit mense lewens nou nie juis so hemel op aarde nie.. hiehie!!

      Liked by 1 person

  5. travel460
    Januarie 10, 2017

    Ag man, wat ñ dierbare storie. En kan jy glo, Muisvoël het die hele ondervinding oorleef. Ek stem met jou saam, die Leeu en die Lam wat tog kan saamlê.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 11, 2017

      Sekerlik het gevogelkie gedink ‘ nou speel ek op ‘Avbob’ se stoep !! Natuur leer mens verstommende dinge

      Liked by 1 person

  6. rondomtaliedraai
    Januarie 10, 2017

    Hehehehe dit betken nou moet daar voëlkos ook gekoop word. Hulle eet darem lekker aan vrugte

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 11, 2017

      Ons koop saad.. voerplek lyk kompleet soos skoolkinders wat middae uit die klassies storm. Hier is geen vrugteboom nie, Daar is nog twee mossies wat in ons garage op balk slaap, soggens vroeg word daar gevra ‘het jy al die garagedeur oopgemaak, my Mossies skree om uit te kom!” Dieretuin besef hier by die Hoekhuis is geen vyand nie..Lilly die kat blind en stram sy luister net spitsoor na vervloeë dae se bekende voëlgeluide.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Januarie 10, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,050 hits
%d bloggers like this: