Woorde

Mia

Ouma se bossiekop- wipstert-dogtertjie raak deesdae ‘n babbelkous.

Deesdae is sy bewus van haar van ..en haar Oupa Doepie se naam en Ouma Dierkie…

Haar redeneer vermoë neem toe,  Mia, kies vir jou ‘n boek uit.. en sy verklaar  plegtig –Mia dink sy moet Bubbles kry , haar Ouma het geweier, sy en Oupa is al moeg borrels geblaas.

Sy’t deesdae ook ‘n vingertjie(nes politikus) so swaaiend- vermoedelik iewers uit haar ouerhuis raakgesien.

..en ‘n handpalm wat so teen die heup haar woorde en dade  beklemtoon ..ook iewers by haar Ma raakgesien..

Mia, jy lyk so fraai in jou vlindertjie rokkie! ( klein rokdraertjie van formaat)

Slinder Ouma.. en Ouma help reg net om kort en kragtig ingelig te word

Mia sê slinder Ouma , is Mia se slinder! en kyk Ouma ..rok opgetel en die pentie word gewys met groot vreugde , van Elsa /Anna/ Barbie op aangesig van pentie…

mia-vlindertjieNatuurlik

kry ouma en Oupa soms ook ‘n whatsapp boodskap van die ma ..beskuldigend,

“Julle twee gaan my kind se siel verkeerde kant toe laat neig, ek parkeer in garage, maak deur oop en eerste ding wat Mia sê is : Bliksem maar dit stink !

Ma, ek gebruik nie daai woorde nie..!

Ter verdediging het ek maar aangevoer .. nie my skuld hul garage is onwelriekend , nie..

Soms

Praat Ouma met ‘n ferm ernstige stem..

“Mia, kyk vir Ouma, kyk in my oë!”

“Nee, Ouma..Mia sleep(overgesetseinde slaap -Mia meng twee tale) en sy maak haar oë toe ..onderwerp afgehandel.

..en ons kruip weg

mia-wegkruipertjie..en die Pappa tel

“Wonder waar is Mia?

“In die kas , Daddy!” kom die vrolike stemmetjie

mia-wegkruipertjie2

 

Liefde is

Kleinkinders.

 

Advertisements

17 comments on “Mia

  1. Hier "blok" Elanè
    Januarie 18, 2017

    verseker, liefde is in my geval kleinkind…. sy laat my lag saam met als wat goed en mooi is in my lewe, My altyd afskeidswoorde eggo in my geestesore… Lainey love you to the moon and back… you are my sunshine…

    Liked by 1 person

  2. scrapydo2.wordpress.com
    Januarie 18, 2017

    Ooooo daardie napratery is darem te kostelik en kosbaar. Mia het darem maar groot geword. Wanneer gaan sy skooltoe, of is ek te hastig?

    Like

  3. Jeanné
    Januarie 18, 2017

    Mia is pragtig! So bly julle kan haar saam geniet. Hulle hou ons op ons tone.

    Liked by 1 person

  4. travel460
    Januarie 18, 2017

    Ek raak sommer tranerig toe ek jou stuk lees. Wat is dit van die klein mensies wat ons oumas tog so in vervoering kan laat, met als wat hulle doen en sê.

    Like

  5. Korrelkop Kahuna
    Januarie 18, 2017

    Sy is kostelik. Presies net soos ek myself voorgestel het ‘n Mia dogtertjie moet wees.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 18, 2017

      Ek het sopas pop gespeel.. nooit ooit kleintyd dit gedoen nie, was vir my maar vervelige storie en nou op 63 jarige ouderdom maak ek stemmetjies na en speel ‘n hele storie saam met Mia..

      Liked by 1 person

  6. HesterLeyNel
    Januarie 18, 2017

    Ek dink, eendag wanneer sy groot is, gaan Mia hier op jou blog lees en dan sal sy in elke woordjie en sinnetjie die liefde ontdek wat so tussen die lyne deurskemer.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 19, 2017

      Ek het altyd genoem dit is so groot genade om kinders te mag hê soveel te meer kleinkinders, sulke klein voorbeeldjies van beide ouers en grootouers..

      Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    Januarie 18, 2017

    Ag sy is opvreetbaar pragtig…

    Liked by 1 person

  8. Lewies Mymer
    Januarie 19, 2017

    Kleinkinders lui ‘n wonderlike fase in mens se lewe in.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Januarie 18, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: