Woorde

Die man met die stem ..

Ek is nie goed met name en vanne nie kan nooit die kloutjie by die oor kry dat ek  stemme herken , maar die van is weg soos mis voor die son.
 -ek kan onthou jy het al met my gepraat, ek onthou ek onthou!’ al spreek ek elke pasiënt na geskrewe afspraak op van aan .. vergeet vergeet ek .
Nou die dag was die uwe verstom -die man met die stem wou meer weet oor afspraak maak .
Ek rits  die wysie af soos ‘n kenner, kontant praktyk , konsultasie bedrag , kaartmasjien beskikbaar en jy hoef nie ‘n dr se briefie te bring nie en op die koop toe kry jy  in die besproke halfuur   behandeling of jy nou skurwe hakke of eelte het wat pla..en jy kan jou eis by jou medies indien, tariewe is binne mediese fonds tariewe as jou medies Voetkundiges op hul lysie het van dienste – as jy nog fondse het -as nê ..
Die man ter sake – na my wysie, vereg hy hom . Na doodse stilte terwyl ek my prate gepraat het-
Asemhalend hyg hy , hoekom nie medies nie, ek het medies en as dit die geval is stel ek nie belang nie..@@!#$%  Ek dink as telefone met mikkies byderhand was , het hy die foon neergemoer.
Ek was vriendelik. Ek het geglimlag terwyl ek gepraat het..
Gister toe herken ek die stem. Met antwoordslag hoor ek die effe stotter en ongemak ..ja jou bogger, dink ek ..
  rustiger, maar duidelik meer uitvraerig – oor die hoe en die wat…
Snaaks dat mans nie sommer sal bieg oor ‘n kwaal nie, meen te sê niks is hier onder die belt nie.. dit is eintlik – maar nie soos in privaat nie… al het een pasiënt eendag sy broek uitgetrek, voor hy op ondersoektafel gaan lê het met sy sokkies en skoene aan..die eintlike deel wat ontbloot moes wees bedek -netjiese blink skoene tenspyt!
Afdwaal , jammer
Hy stotter oor sy probleem
Hy wil weet oor die kostes
Hy moet binnesole kry.
Stomme man se voete pyn seker erg.
Ek wou darem nie vra oor rede nie, dalk is hy sportman ..krieketspeler of atleet
(het ek al genoem hul is moeilike pasiënte , hul rits elke hakskeensening vir jou af soos kenner mooi mediesgeterm , die langafstandatlete)
Afdwaal jammer
Of Meneer weer gaan skakel?
Wel alles afhangende van die Pyn ..
dalk het hy platvoete
soos in die voetbrug het gesak
dalk
pla ‘n soolvrat die man dalk dink hy  ‘n ekstra sooltjie gaan red wat te redde is.
Die uwe het empatie met die konseltasie betalery.
Sy voel dit ook plegtig aan haar eie ribbetjie.
Doerie ontvangsdame rits ook maar hul tariewe af, wat my laat snak!
As jy pyn dan dink jy aan lank lank gelede se wet van Transvaal.
Dan maak jy ‘n afspraak.
Nee , hy’t toe nie afspraak gemaak nie.
Hy bedink eers sy probleem.

 

Advertisements

11 comments on “Die man met die stem ..

  1. Hier "blok" Elanè
    Januarie 25, 2017

    Jou bedryf bly maar grieselrig vir my, ander mense se stappers doen dit nou eenmaal net nie vir my nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 25, 2017

      Dit is die dogter des Huises se beroep. Jy sal nie glo hoeveel vreugde vind sy daaruit as ‘n Diabetiese pasiënt se wonde aan tone genees nie nadat sy maande lank gedokter het – sukses bly steeds groot beloning.

      Liked by 1 person

      • Hier "blok" Elanè
        Januarie 25, 2017

        Dit is so goeie antwoord en skielik is daar lig. Sy moet baie spesiaal wees om haar werk met soveel liefde te doen.

        Liked by 1 person

  2. Lewies Mymer
    Januarie 25, 2017

    Hoop hy suffer, die ongepoets!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 25, 2017

      My nou weer vererg vir ondankbare siele… dit moet vinnig uitgekanselleer word met die dankbares ..ai ai!!

      Liked by 1 person

  3. nadinecvanstaden
    Januarie 25, 2017

    hahaha!!! Ek sou sukkel om my lag in te hou – om by voet dokter te le met sokkies aan!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 25, 2017

      Bly steeds vir my vrek snaaks.. en die Voetekind sê toe so ewe ..’ek dink nie eintlik dit is nodig nie” ..toe lag ek eers , die verleê gesiggie ten aanskoue.

      Liked by 1 person

  4. travel460
    Januarie 25, 2017

    Die mediese fonds wêreld sit menigte mense in ñ onmiddelike slegte bui, net jammer hulle vergeet dit is nie jou skuld nie. En bygesê, manne doen nie altyd goed met mediese probleme nie.

    Liked by 1 person

  5. Kameel
    Januarie 25, 2017

    Ek herhaal myself maar weer….. om met mense te boer is nie grappies nie!!!

    Liked by 1 person

  6. rondomtaliedraai
    Januarie 25, 2017

    Ek begryp nie ongeskikte mense nie. Dit kan mos nie lekker wees nie

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Januarie 25, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: