Woorde

Die Kat kom weer..

Augustus 1986 het die Hoekhuis se mense by hul huis ingetrek.

Die duiwe het die vrou bekoor. Hulle gekoer in die Sederbome. Die rustigheid, daardie Sondagmiddag.. sy en hy met hul twee kleuters . Een op die heup en die ander een aan’t hardloop om die huis..

Daar was geen tuin nie. Net verskrompelde vasbyter- lelielrige blom en Roosboom (stam dik, duidelik dalk net so oud soos die huis uit 1950 tyd). Die huis met die akte waarop vertel is van die  Suipingsregte vir verbygaande beeskuddes. Destyds.

In die Hoofslaapkamer was ‘n klein ingeboude kluisie in die muur neffens die venster. Klein .. koevert grootte. Die vrou kan onthou die verkoopsagent en die nuwe inwonersman het probeer om die kluis oop te maak. Hy het nog gesê dalk is jul oordragskoste daarin of dalk juwele ..dalk iets geheimsinnig..

Die stomme kluis moes naderhand uitgebreek word, jare se verf oor verf het sy geheim digbewaar,geen sleutel insig en geen oordragskostes of juwele na die uiteindelike oopbreek in sig nie.

 

Hul woon steeds by dieselfde adres.

Die huis het vele  gedaante verwisselings ondergaan .. aanbouings , uitbreek , toebou – barse/ krake uitkap- pleister , van alles en nog wat  .

Elkekeer wanneer  die man van die Hoekhuis sy baard laat groei het..  studieverloftyd, wanneer hy veronderstel was om oor Uitleg van Wette te leer  was die versoeking te groot  dan is Operasie Herstelwerk begin ..

Sy vrou het toe al besef ‘n week voor die aanvang van eksamen begin die angs.. dan was duiwe gekoer en mossie getjirp geen aanwins nie. Versteur glo konsentrasie ! Die buurman se Pomelos was handige bomwerpers.

Die proses is herhaal met elke studieverlof.

Die baard kweek .

Die aflaai van sand en klip

die koesende Mossies…

 

Die Hoekhuis  beleef deesdae weer herstelwerk.

Die Hoekhuis met in  sirkels genommerde  barse.

Studieverlof vergete.

Baardkweek ook nie meer teken van vakansie/studieverlof nie.

Die Hoekhuis met die Voordeur Katklopper .

voordeur voordeur1

Advertisements

11 comments on “Die Kat kom weer..

  1. Hier "blok" Elanè
    Januarie 27, 2017

    Ek “laaik” die hoekhuis met sy stories.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 27, 2017

      Daar was lankterug ‘n windklokkie in die Hoekhuis se Toilet venster. Fyn rinkeling as wind roer..een vroeg oggend- met toe vensters en geen trek deur die huis , sit die Ouvrou by haar kombuistafel en saggies begin die windklokkie klink.. was darem gerustellend , huis met stories agter deure.

      Liked by 1 person

  2. Lewies Mymer
    Januarie 27, 2017

    So groei ‘n huis saam met sy mense. Ons het 34 jaar in dieslfde huis in Klerksdorp gebly, ook aangebou en uitgebreek. Was nogal hartseer toe ons dit amper op datum 4 jaar gelede donkeroggend verlaat het.

    Smaail die cheshire cat?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 27, 2017

      Ons het altyd in SAPD behuising gebly.. hierdie huis raak deesdae ook te groot, as ons sou skuif sal seker droewig wees. Die opgaar van jare is nogal ontstellend. Ek sal kat deeglik moet besigtig.. ek hou van sy boepens!!

      Like

  3. perdebytjie
    Januarie 27, 2017

    So mooi geskryf soos net jy kan,Dirkie!Jy maak my eintlik weemoedig.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 27, 2017

      Iewers gedurende die dag het ek nog gedink wat ek moet blog oor die Hoekhuis. nouhet ek daardie storie bietjie vergeet soos liewe Heksie sou sê- sal seker weer onthou . Dankie vir jou kuier Perdebytjie

      Liked by 1 person

  4. Kameel
    Januarie 27, 2017

    Jammer julle bly so vêr anders het ek die katklopper gebruik en hopenlik was ek ingenooi vir ‘n koppie tee.

    Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    Januarie 27, 2017

    Ag dis so lekker … en spesiaal.

    Liked by 1 person

  6. travel460
    Januarie 27, 2017

    En hier verlang ek nou ook sommer terug na van ons huise. Ek beny julle, sou maklik so in een huis wou bly en daar ingroei. Elke huis het sy stories, en joune klink soos ñ boek vol. Lekker.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Januarie 27, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: