Woorde

Ontmoet

Sou graag wou weet waar het die woord’ontmoet’ ontstaan.

Afgelope dae gedink oor die Hoekhuis en sy stories binne die mure.

‘n Vrou voor die deur wat haar eendag voorstel, naam en van . Seker die vraagteken op die oude vrou van die Hoekhuis se gesig gesien , in een asem verduidelikenderwys –

.. kan ek deur jou huis stap.

Jy ken my nie.

My Ma het die vrou geken wat eens hier gewoon het.

Ek het kleintyd baie in hierdie huis gekom.

Nostalgies die vrou voor die deur.

Sy’t deurgestap  die teleurstelling sigbaar- die herontmoeting met ‘n huis bring nie kleintyd se herinneringe terug nie. Huise en inwoners verander.

Die Vrou van die huis oppie Hoek moes toe darem  vra ‘ van waar Gehasie?’

My Ma en die vrou van die huis was nie vriendinne nie.

Hulle was mekaar se steunpilare (?) mekaar gebel as die versoeking aangeklop het.

Mekaar by AA ontmoet.

Hulle was albei alkoholiste.

My Ma kon darem die ellende oorwin .

die vriendin ? vra sy..

Nee.

16 comments on “Ontmoet

  1. Lewies Mymer
    Januarie 28, 2017

    Jammer vir die vriendin.

    Like

  2. Toortsie
    Januarie 28, 2017

    Smskom hier ‘n storie in my kop oor huise en noudat ek trek, is hy gereeld weer daar. Ons huis moet al ver oor die 100 jaar oud wees, so hier het al heelwat verskillende mense gewoon, elkeen met sy eie storie. Endie stories bly die huis se geheim.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 28, 2017

      Kraak jou huis se vloere?

      Like

      • Toortsie
        Januarie 28, 2017

        Ja. Almal houtvloere. Ons het oor hare die meeste al vervang. Nattigheid is maar ‘n probleem. Ekgaan die houtklank mis.

        Liked by 1 person

      • Toortsie
        Januarie 28, 2017

        Die woonstel wat ons soms gebruik op Riversdal het ook ‘n houtvloer en dis bokant die melkstalbestuurder se kop. So ek moet sag loop as ons daar is en dis vir my verskriklik moeilik. Ek slaap amper nie as ons daar is nie en wil elke 10 minute gaan piepie. So as ek by die huis kom loop ek so hard soos ek kan op my hakke op en af in die gang net om van my frustrasies ontslae te raak en myself te laat geld.

        Liked by 1 person

      • Toortsie
        Januarie 28, 2017

        Hulle sêmy huis spook, maar ek en die spoke het mekaar nie gepla nie. Elkeen het sy eie gang gegaan, die ander een sy ruimte gegun.

        Liked by 1 person

  3. diewithasie
    Januarie 28, 2017

    Hoe weet jy of iemand regtig kan stories skryf? As hulle hartseer so mooi kan laat lyk. Very nice

    Like

  4. travel460
    Januarie 28, 2017

    En in daardie paar woorde wat julle gewissel het, lê ñ hele leeftyd se praat. Dat haar ma die elende kon oorwin. Haar vriendin nie. Kan jy dink watse stories en deel daarin vasgelê is.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 28, 2017

      wonder of hul soms mekaar moed ingepraat het in die huis, kan die einares van die huis vaag onthou – so klein fyn Engelse Tannietjie.. sys ook intussen oorlede maar nie verslawing verwante gevolge nie. Verslawing moet bitter stryd wees.

      Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    Januarie 28, 2017

    Siestog

    Liked by 1 person

  6. scrapydo2.wordpress.com
    Januarie 29, 2017

    Ja, dis maar partykeer hartseer maar meestal is daar darem lekker onthou ook. Dit het die vreemde vrou seker vrede gebring nadat sy die huis weer gesien het. Ek kon jare terug na my geboorte huis gaan. Ales was nog dieselfde omdat my grootouers daar gebly het en na dit my ma se broer. Alles was net vreeslik klein. Ek was ses toe ons weg is. selfs die strate rondom die huis was sulke nou straatjies en steeds sommige”Cobble stone” ook!

    Like

  7. Elizabeth
    Februarie 1, 2017

    Heerlik gelees, dankie!

    Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Januarie 28, 2017 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 36 503 hits