Woorde

Oor Mia en haar Ouma en Oupa en hulle daaglikse lief en leed

Mia kan duidelik en suiwer die r- klank uitspreek . Sy is nou 2 en half jaar.

Die K -klank ook.

Lank gelede , tydens my dagkindertjie-dae het ek gevind, dit is van die twee klanke wat nogal meer oefening nodig het voordat dit  perfek uitgespreek word. Nou die dag vir Lewies vertel een van my dagkinders het  vertel ‘ My Pa sê,  ons fotten honde blaf te veel innie nag!”

Nietemin ..

Mia sukkel met die f-klank.

Besef jy as jy nou vinnig v of f klanke moet afrits vir oefen, hoe soek jy na kleuterwoorde ..

Sy vervang f of v met s..

Wanneer ‘n kleuter in die huis in haar eie poppe wêreld speel en gesels met poppe en byklanke maak vir ‘n BarbiePop karretjie of motorfietsie .. dan sit die Ouma in verstomming  veral as sy vir Elsapop , die een met die blonde lokke – aan die hand vat en begin sing.

Al heupswaaiend (Mia) so growwe stemmetjie, met ‘n  nasale klank en  ‘n regte ruk en rol beat!!

Daddy singer  daddy singer  whê a joee.

(dan gebeur die nasale klank)

heu i am heu du du duuu (..neurie sy verder)

daddy singer daddy singer …. ens

As die Dame nou haar solo afgesluit het , en nadat haar Ouma haar ‘n staande ovasie gegee het.. benadruk haar Ouma “Mia, liefie ..sê vvvvvvarkie ffff finger(Engels)”

Sy probeer …

“sss sarkie ssssinger ! ”

mia-h-2

Die terugkeer na kind-fase ?  .. ek kan nogal dink ons groot kind (Mia  se Ma) was dalk bekommerd toe sy so aangestap kom .. en sy hoor ‘n tweegesprek tussen Elsa en Anna.. met Ouma en Oupa se stemme..

Ons het heeltemal handuitgeruk.

Ek kan dit aanbeveel .

Wat se lessie is hieruit te leer .. buiten die terapie waarde !

Dit laat mens dink nê.

en vir diegene wat sou wou saamsing

Advertisements

22 comments on “Oor Mia en haar Ouma en Oupa en hulle daaglikse lief en leed

  1. Orange Blue
    Januarie 31, 2017

    Mia is kostelik. Ouma se stories ook.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 31, 2017

      Baie dankie, ek hoor die Ma sê sy sing luidkeels oppad huistoe dieselfde storiekie… sal vir Mia moet begin gediggies leer… sy praat bietjie onduidelik , sal iets moet kry wat sy so lekker kan ry op letters..

      Like

  2. shadowwhisper
    Januarie 31, 2017

    A…. Kostelik!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 31, 2017

      Dankie, Ouma geniet ewig die stemmetjie namaak in stories.. maaaaar toe Oupa spontaan deelneem, dit was pret !! Giegie

      Liked by 1 person

  3. perdebytjie
    Januarie 31, 2017

    Te dierbaar…ek sien al die sirkus by die hoekhuis!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 31, 2017

      Dit was heerlike pret , inaggenome dat Oupa nou nie sommer sy talent so beoefen nie…eers in sy element geraak toe hy sien hoeveel pret dit vir Mia verskaf.

      Liked by 1 person

  4. Tannie Frannie
    Januarie 31, 2017

    Aitsa maar Mia is baie oulik met haar erre! Umm ja – persoonlik wil ek baie graag die ou wat die Finger Song gepleeg het, aan sy tone ophang – het al ‘n oordosis weg!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 31, 2017

      Ha-ha, ek wil huil in my hande as ek aan die slaapraak met dit in my ore en wakkerword daarmee.. miskien moet ons ‘n ouma-opmars hou!

      Liked by 1 person

      • Tannie Frannie
        Februarie 1, 2017

        Is julle al onderwerp aan daardie YouTube-video’s waar iemand tot vervelens toe op maat van die allerafgryslikste deuntjie Playdough-figuurtjies sit en uitsny? Dis Gabby se gunsteling…

        Like

      • ddupl3ss1s
        Februarie 2, 2017

        Nee ek ken dit nie, ons kyk na Anna en Elsa se speletjies,,waar dogtertjies met skril stemmetjies rolvertolking doen.. sy verkies die waar die hondkies swem — haha sy geniet pophuis vreeslik – gesels asof dit poppe is wat praat ek vermoed dit is die knaende youtube .. kan jy glo ek moet sekere goed sensor , daar is van die Youtube Barbie vertolkings wat nogal bakleierig is.. Barbie en Ken !! Ai ai .. sal gaan loer na die speeldeeg een.

        Liked by 1 person

      • Tannie Frannie
        Februarie 2, 2017

        Nee moenie dis iets waarsonder jy kan klaarkom glo my

        Liked by 1 person

  5. Hier "blok" Elanè
    Februarie 1, 2017

    En mag ons nooit ooit die skuld kry vir die een, wat die liedjjie in ‘n kinderhartjie kom smoor het nie. Kinders is nes diere die wonderlikste goed.

    Liked by 1 person

  6. rondomtaliedraai
    Februarie 1, 2017

    Dit lei sommer Ouma se gedages van die pyn af hoop ek

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 2, 2017

      Nou die dag by ‘n mede pyner die waarheid gehoor, haar dokter sê jou liggaam raak gewoond daaraan maar jou brein nie.. die aanvaarding bly ‘n krisis.

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Februarie 2, 2017

        Ek wonder of dit nou juis goeie nuus is? Voel nie so nie

        Like

      • ddupl3ss1s
        Februarie 3, 2017

        Ek dink ‘n dr weet ook nie hoe om pasiënt te troos met pyn a.g.v kwaal of soms a.g.v. newe effekte van medikasie wat een kwaal leefbaar moet maak ..

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Februarie 3, 2017

        Dis waar…

        Like

  7. travel460
    Februarie 1, 2017

    My tone krul sommer om van lekkerte as ek my die prentjie voorstel en die klankies hoor. Wens ons kon van hul sê goed in glasbotteltjies opvang en wegstoor. Om weer eendag te kan geniet.

    Liked by 2 people

    • Tannie Frannie
      Februarie 2, 2017

      My mammie het ‘n notaboekie vir elke kleinkind aangeskaf en hier en daar van hulle sêgoed opgeteken. Dis die wonderlikste leesstof, noudat hulle groot en ver weg is.

      Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Februarie 2, 2017

      Mia is so erg oor haar You tube .. sy mag deesdae net hier kom kyk.. ons rol ook al oë vir die skrilstemmetjies vertolkings maar moet sê dit is verstommend hoeveel sy leer ..

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Januarie 31, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: