Woorde

Annah

Die oudevrou staan  arms geleun oor die kombuistoonbank , maak praatjies met  Annah Moabi..

“Annah, het Petrus al by sy nuwe huis ingetrek?” vra sy,  wetend  dit is ‘n  sensitiewe onderwerp .

Petrus die kind wat nou nie genoeg geld het vir lobola en tot trou kan kom nie, en die huis en die skoonmoeder wat weier dat hul saam intrek voor hul nie gelobola en gekerk is nie..tweeling kindertjies tenspyt!

Annah swel van trots..”Ja Madoepie.. so alte mooi huis so pragtag so pragtag, ek het gaan help vensters gewas en als.”

Sy,die oude vrou wou darem weet ‘ ..net Petrus?”

“Nout nie !!  Leboang hy es ook en die twins en die vrou wat die twins oppas by die dag .. Leboang hy leer nog vir Enginerea, nog nie klaar nie”

“..en die saambly , is die Ma darem tevrede sonder trou en als?”

“Nout nie, MaDoepie!  Oe sy’s dikbek ” en Annah beduie met haar  twee hande amper soos jong pampoene-grootte wange!

“Sy wou nie, dai dokter(die Pa van Leboang) hy’t gasê hoe gan hul bymakeer leer ken! Hy sê vir sy vrou es nonsens!” en Mevrou moes toe ingee.. en Annah se oë blink van lekkerkry.

“Oe Annah en jou skoonsuster het sy ook gehelp met die trek en is julle darem nou al vriendinne?”   vra die oude vrou .. wetend  klasseverskil bly steeds erge frustrasie vir Mevrou – dat haar spogdogter  gaan staan en swanger raak het met laerklas .. intelligent beide siele  of de not ..

“Nee, ek en daai vrou ons loop nie saam nie. Ekke laat sy nie by my kop sit nie! Nout nie! Ons is mos kat en muis!”

” Haai Annah! ”  Madoepie darem vir nodige effek ..

“Annah, nou wie is die kat en wie is die muis?” wou die oudevrou weet .

Sy moes darem versekering kry oor Annah se selfbeeld en so aan ..

“Ekke, ek is die Kat!”

” Daai vrou esse die muis .. sy moet net hardloop voor my !!” kekkellaggie Anna met smaak.

 

kat-en-muisspeletjies-2

 

 

9 comments on “Annah

  1. ekmyselff
    Februarie 7, 2017

    Oulik die gepratery met haar.

    Like

  2. HesterLeyNel
    Februarie 7, 2017

    Hehe, en solank ek die kat is, is die Kaap Hollands. Dis so lekker om ‘n goeie verhouding te hê met die “ander vrou” in jou huis, veral as dit een is waarmee jy al so ‘n lang pad saamgeloop het.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 7, 2017

      Hoop steeds jou internetverbinding via Telkom lyn gebeur binnekort , dankie vir jou saamlees.

      Liked by 1 person

  3. Spokie sny spoor
    Februarie 7, 2017

    Oulik!

    Liked by 1 person

  4. perdebytjie
    Februarie 7, 2017

    Ag Dirkie,jy skryf met soveel deernis…dis hoekom ek so graag hier lees!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 7, 2017

      Baie dankie Perdebytjie, oe ek het darem nou die dag met rissie op die tong op my facebook gemor, toe was daar wraggies nerens empatie insig nie .. hmm ek sal hierdie kompliment na aan my hart dra.

      Liked by 1 person

      • perdebytjie
        Februarie 7, 2017

        Ek het nie daar gelees nie,maar soms moet die sagmoedigste,simpatiekste mens ook iewers gal afgaan.😄

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Februarie 7, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 513 hits