Woorde

My Facebook se ‘onthou jy nog van 8 Februarie 2014’ (Uit My Litnetblog)

Begrafnis

Voordat daar nou  oor die uwe  gewonder word-  die blogopskrif inaggeneem-

  • ek is nie depressief nie (hoewel ek onlangs met groot angs om my hart rondgeloop het)
  •  het  ook nie een of ander dodelike siekte onderlede waarvan ek bewus is – buiten  my skokkende hoë cholesterol telling- nie.
  • Ek wil nou nie ‘n gelowige en nie-gelowige debat ontketen nie. Dese blog en mening en praatjies word die uwe toegedaan. Soos @tina10 sou sê “persoonlike tjommeltjies”.

Ons twee ( ek en die mede aanhoorder- haar identiteit nou nie tersprake) kry nie eintlik geleentheid om teenoor mekaar te sit en gesels nie, ons  maak maar die beste van ‘n saak en gebruik die gerieflike whatsapp.

Weet werklik nie hoe het my begrafnis tersprake gekom nie, nietemin ek vertel – Opdrag ?

  • Ekke:  “Hoor hier , ek soek nie droewige begrafnis nie. As daar nie bietjie humor na vore kan kom nie, sal ek nogals baie jammer wees.” Lewe is genoeg ‘n trandedal (soms).
  • Sy:   ‘Nee ons sal oor jou huil.’
  • Ekke: ” Ennn! .. ek soek nie my gesig afgedruk op voorblaadjie van AVBOB nie.”  Veral omdat ek uit die kas geklim het en my foto op my faceboekblad geplaas het- en ek skoon ongemaklik voel om in my eie gesig vas te kyk- al is dit ook heelwat jare terug se jonger weergawe . Die fotodag was ‘n vrolike vreugdevolle dag en op Flenters se versoek  van ‘n glimlag avatar – pryk ek nou daar.
  • Voordat sy nog kon reageer gee ek opdrag – Ekke:”ook nie ‘n filmvertoning oor my lewe nie- asssseblief nie!!”
  • Sy: ‘Asseblief ! Hou op! Blog daaroor.’
  • Sy : ‘Ek ook nie.’ Ek aanvaar die filmpie is tersprake , sal nog meer duidelikheid oor haar keuses moet uitvind.
  • Die gebruik is om die Geloofsbelydenis te lees en gebed te doen by kis voordat dit nou weggeneem word  – vir verassing. Ekke: “Geen kis by kerk nie. Het al gesien hoe vreeslik is dit vir families so te kyk met die wegry van Begrafnisondernemervoertuig met  kis …oeg nee wat. Hulle kan maar die suster se versoeke verduidelik in daardie blaadjie waarop my naam staan..Die belydenis en gebed is in die haak daar in die kerk.”
  • Ekke:  “Ag en Moenie “Ek sien ‘n nuwe Hemel kom” by my begrafnis sing nie..dit is so ‘n droewige lied vir so ‘n mooie vooruitsig (die wysie)”
  • Sy: ‘ Ek hou ook nie van die wysie nie- bitter hartseer.’
  • Toe knikker sy my liggie uit  met haar versoek vir lied .Sy: ‘ sing maar op myne ‘Straf tog nie in ongenade’  ..weet nou nie of ek ooit dit voortaan kan sing sonder om aan die vrou te dink nie..

Die gesprek is toe gestaak.

Toe sit ek met die woorde en ek kan nie op die wysie kom nie. Ek gesels met my Geliefde oor Psalm 38 uit ou Gesange en Psalm boekie se woorde.Ek kan nie musiek lees nie, maar darem deeglik wysie hou. Die Psalm  bestaan uit 17 strofes.

Diegene wat nou my Geliefde ken, -hy sing nie, hy grens so halfpad aan vals. Daar verras die man my en sit Psalm 38 in – bietjie op ‘n  lae toon, maar tog te pragtig. Ek val in. Sing ons tog alte mooi in ‘n koortjie in die huis op die hoek se Kombuis- tussen kastrolle en daaglikse doen en late  :Sopraan in haar 60tigs en Bas in sy 60tigs – !! Nie droewig nie, nie klaend nie (soos my Ouma dit graag gesing het nie) vurig !

“Straf tog nie in ongenade  my misdade

Heer verdra my met geduld,

Wil tog nie in toorn ontsteek nie En U wreek nie

Op my sonde en sondeskuld”   Psalm 38

My oorle pa sou dalk sy wenkbroue opgetrek het en ons  met daardie fletsbloue oë aangekyk het  en nie gedink het ons tree binne perke op nie.

Humorsin  is soms ‘n genade om te gebruik wanneer die ” brander jou slaan en jy op die strand van die lewe te lande kom”

♥ Dankie aan dese whatsapp- vriendin-  en dankie aan die persoon met die beeld van die’brander’ .

17 comments on “My Facebook se ‘onthou jy nog van 8 Februarie 2014’ (Uit My Litnetblog)

  1. perdebytjie
    Februarie 8, 2017

    Weereen ‘n skryfsel eie aan onse Dirkie…pragtig!

    Liked by 2 people

  2. ekmyselff
    Februarie 8, 2017

    Ooh nee genade mens ek soek n celebration of life – nie n begrafnis nie. Die wat wil tjank kan maar tjank maar ek dink daar gaan n paar trane van lag uit die maag ook wees op hierdie dag van my… ooh ja en asb GEEN driehoektoebroodjies nie – ek draai in my graf, ooh nee geen graf, ek staan uit my as op.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 8, 2017

      Daardie broodjies! Man deesdae gee familie soms self eetgoeters, gelukkig is tuisnywerhede aan die orde van die dag. Kleintyd as die Ds by graf praat van stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.. was ek erg ontsteld, net gedink op hoevele mense loop ek en trap met my voete.. stof en as seker maar selfde gedagte.

      Like

  3. Hier "blok" Elanè
    Februarie 8, 2017

    Glimlag ek – dit klink soos ‘n geprek wat ek ook nou al vir ‘n lang tyd bedink – en ek dink myne sou presies soos joune geklink het – ek lag lekker, want dit is dan ek!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 8, 2017

      Nou die dag genoem my ouers het altyd so vooraf genoem jul sing dit en dat hoor!! Ek dink afhangend van omstandighede dit bly maar erg emosionele oomblik.

      Liked by 1 person

  4. travel460
    Februarie 8, 2017

    Jy het hierdie werklik so pragtig geskryf! En jou humor is wonderlik. Sommer nou lus om my eie begrafnis ook neer te plot.☺

    Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 8, 2017

      Mens doen soveel moeite met troue beplannings.. om vir die lewe te groet dalk ook mooi gebaar om self dinge te organiseer.. behalwe die broodjies ..ai ai

      Liked by 1 person

  5. Toortsie
    Februarie 8, 2017

    Dit laat my dink. Ek sal moet blog oor my graf. Dink ekdoen dit sommer nou! Dit salso oor ‘n paar dae verskyn.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 8, 2017

      Ek het heerlik gelees by jou, en geglimlag oor die misterie wat agtergelaat word so oop graf!!.. Heerlike storie

      Like

      • Toortsie
        Februarie 8, 2017

        Dankie. Daar is nog ‘n storie aan. Op daardie stadium was my dogter nog nie eers verloof nie, toe hekel ek vir haar ‘n babakombers om ‘n vreemde rede. So op dieselfde stadium hekel ek vir my nie-swanger ongetroude dogter ‘n babakombers en bou my graf. In een sin. Scary! :)

        Like

      • ddupl3ss1s
        Februarie 8, 2017

        Ag Vader Toorts!!!

        Like

      • Toortsie
        Februarie 8, 2017

        Jy moenie vir my die pinkie aanbied nie, ek gryp tot by die elmboog! :)

        Liked by 1 person

  6. Terug pieng: Waar is jou graf? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

  7. rondomtaliedraai
    Februarie 8, 2017

    Hehehe lekker ou dae … skuus ek is dalk van die onderwerp af maar my blog is by litnet weg … sug

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 8, 2017

      ai, ek is soms so dankbaar dat my destydse blogs gelink was aan my Facebook- al hoe ek nog soms daar iets te lese kry van die jaar her.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op ddupl3ss1s Kanselleer antwoord

Information

This entry was posted on Februarie 8, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 519 hits